MySenwes





MySenwes - Hulp
Indien jy enige probleme of navrae het, kontak asseblief die MySenwes Hulplyn:
 

 

MySenwes – Agri Markinligting


Markopsomming

Mielies

Plaaslike


• Volatiliteit bly aan die orde van die dag vir witmielies en gister was weereens geen uitsondering nie.
• Pryse maak aanvanklik swak oop en vat nie lank om teen limiete af te verhandel nie.
• Die limiete word 'n paar keer deur die oggend gebreek, maar die mark sluit steeds negatief.
• Die mark het tegnies die dubbel-top formasie gebreek en 'n nuwe hoogtepunt gemaak.
• Fundamenteel behoort die prysondersteuning steeds in plek te bly totdat daar meer duidelik oor die aangeplante hektare verkry word.
• Baie onsekerheid heers egter steeds oor werklike aangeplante hektare in veral die westelike witmielie produksiegebied.
• Opbrengspotensiaal was verder onder druk met jong plante wat weer verlede week en na verwagting vir die volgende paar dae onder warm en droë toestande gebuk moes gaan.
• Die tropiese storm Desmond wat in die Mosambiek kanaal ontstaan het, plaas tans verdere druk op beskikbare vog.
• Die mark se reaksie op aanplanting realisasie en opvolgreën sal bepalend bly vir prysvorming vorentoe.
• Die verwagtings vir reën vir die 7-dag voorspelling lyk tans beter vir die Westelike gebied, waar opvolgreën tans baie krities is.
• Die NOK aangeplante hektare skatting word die 29ste Januarie vrygestel.

Internasionaal


• Die tekort aan nuwe fundamentele inligting het rolspelers op die kantlyn gelaat verlede week en pryse het aanvanklik onder druk begin verhandel.
• Die tekort aan nuwe fundamentele inligting as gevolg van die regeringsluiting van sekere departemente wat nou vir die langste agtereenvolgende tydperk (29 dae) in plek is.
• Die VSA mark was gister gesluit vir 'n openbare vakansiedag (Martin Luther King day.)
• VSA markte maak oornag oop en verhandel effens swakker. China se ekonomiese data wys op die swakste groei sedert die jaar 1990. Hierdie swak groei plaas druk op die mark, met vrese oor vraag wat ontstaan.
• Die samesprekings tussen die VSA en China dryf ook steeds die mark. Daar word min amptelike nuus vrygestel, maar soos wat berigte uitlek lyk dit of daar vordering gemaak word. Enige positiewe nuus behoort VSA pryse, veral sojaboonpryse, te ondersteun.

Oliesade

Plaaslike


• Pryse verhandel Maandag positief, met veral Sojaboonkontrakte wat baie goeie ondersteuning kry van tussen R79/ton tot R54/ton. Sonneblomkontrakte sluit R60/ton positief op Maart, maar R85/ton negatief op die Julie 2019 kontrak.
• Die Rand is steeds swakker teen R13.88 teenoor die Dollar tydens Safex verhandeling.
• Baie beperkte reën word vir die binneland oor die volgende ses-dae voorspel. Die groter bekommernis vir die jong gewasse is die hittegolf wat weereens sy verskyning oor die witmielie gebiede maak. Vir die week is Bultfontein se voorspelling rondom die 36°c (drie dae) met Bothaville wat hierdie week weer 37°c aanteken. Die eerste reën vir die gebiede word rondom die 27 Januarie 2019 voorspel.
• Die pariteitsbeweging is vandag R2/ton positief.

Internasionaal


• Sojaboonmarkte was gister gesluit in die VSA. Oornagverhandeling is bykans 1 sent positief. Die gebrek aan nuus bly egter n groot bekommernis. Die Maart Sojaboonkontrak verhandel steeds rondom $9.15/skepel.
• Sjina voer gedurende die maand van November 2018 geen Sojabone in vanuit die VSA nie (Brasilië is verantwoordelik vir 95% van die Sjina invoere). Die laaste keer wat dit gebeur het, voor die geval, was in November 1994. In 2017 was VSA Sojabone meer as 50% van Sjinese invoere vir November.
• Analiste se verwagting is oortref, maar in lyn met Desember 2018 se perssyfers wat inkom op 171.759 miljoen skepels (4.675 miljoen ton). Die beste Desember en derde beste maand op rekord.
• Soos vele ander agentskappe verlaag Celeres ook hulle totale sojaboon-produksie vir die huidige seisoen in Brasilië. Hulle verlaag die totaal met 183.7 miljoen skepels (5 miljoen ton) tot 4.306 miljard skepels (117.2 miljoen ton).
• Die wêreld se top drie Sojaboonuitvoerders soos voorsien vir die 2018/19 seisoen is Brasilië met 81 MMT (6.3% beter as 2017/18), die VSA 51.7MMT (10.7% swakker as 2017/18) en Argentinië met 5 MMT (138.1% beter as 2017/18).

Koring

Plaaslike


• Koringpryse verhandel positief met die Maart kontrak wat R78/ton styg en teen R4478 sluit. Die R4500/ton vlak behoort as beduidende weerstandsvlak te dien.
• Die Rand bly die primêre prysbepaler en verhandel swakker teen R13.88/$.
• Die 2018 oes word teen 1.862 miljoen ton geraam. Dit is 17.79% groter as die 2017 seisoen.
• Die nuutste invoertarief is onlangs teen R490.70 gepubliseer.
• Wees bedag op die kwota tariefvrye koring wat van Feb/Mrt '19 ingevoer kan word.
• Invoere sedert 01 Okt 2018 staan op 183 764t. Uitvoere staan op 13 642t.
• Die afgelope week is 21 794t vanaf Argentinië ingevoer.
• Seisoenaal behoort koringpryse te daal.

Internasionaal


• VSA koringmarkte verhandel sywaarts. Die mark soek nuwe nuus.
• Koringuitvoerinspeksies van 20.1 miljoen skepels was ver bo verwagtinge van tussen 9- en 14 miljoen skepels.
• Rusland het ambisieuse planne aangekondig om hul graanproduksie met 20% na 2024 te verhoog. Dit sal hul produksie van 114.3 mmt tot 135.7 mmt opskuif.
• Wêreldvoorraad word verwag om hoër aangepas te word van 268.1 miljoen ton na 268.22 miljoen ton.
• Argentinië se koringproduksie word 5.6% verhoog tot 698 miljoen skepels.
• China het 3.7 miljoen skepels van hul staatsreserwe verkoop.
• Japan het die helfte van hul tender van 4.1 miljoen skepels by die VSA aangekoop. Die res van die tender het hulle by Australië en Kanada aangekoop.

Finansieel

Internasionaal


• Die rand het gister effens teenoor vernaamste geldeenhede verswak. Die rand het tussen R13.90 tot R13.80 teenoor die Amerikaanse dollar verhandel voordat dit nader aan R13.82 gesluit het. Met die skryf van die verslag verhandel die rand rondom R13.87.
• Die Amerikaanse dollar het gister teenoor die euro versterk en net bo $1.1350 gesluit.
• Die dollar indeks het effens sywaarts verhandel en op 96.336 gesluit.
• Meeste ontluikende markte se wisselkoerse het die laaste twee dae verswak weens die versterking van die dollar.
• Suid-Afrika se inflasiekoers vir Desember word Woensdag hersien. Die huidige inflasiekoers staan op 5.2%. Daar word verwag dat inflasiekoers vir Desember effens laer aangepas kan word na 5.0%.
• Brent ru-olie het effens laer verhandel en net bo $62 per vat gesluit.
• Die JSE se indeks vir alle aandele het hoër verhandel en op 54,139 gesluit.

Markverslae

Type:

Linkmap

Registreer nou om Senwes Grainlink se Agri Markverslag daagliks via epos en/of SMS te ontvang. Enige vrae en of kommentaar kan gestuur word aan market@senwes.co.za