MySenwes





MySenwes - Hulp
Indien jy enige probleme of navrae het, kontak asseblief die MySenwes Hulplyn:
 

 

MySenwes – Agri Markinligting

Please note that the Safex prices are not the Market to Market related prices.

Markopsomming

Mielies

Plaaslike


• Die mark het Vrydag wisselvallig verhandel en na ‘n kort lopie terug gesak.
• Die R2600/mt vlak op Maart20 WM kontrak het die R2600/mt vlak as belangrike tegniese ondersteuningsvlak bevestig, ten minste op die korttermyn.
• Julie20 WM het egter vir die tweede agtereenvolgende sessie onder die belangrike R2300/mt vlak gesluit. Hierdie vlak kan dienooreenkomstig as ‘n weerstandvlak gesien word
• Beide ou en nuwe seisoen pryse bly oorverkoop wat tegniese ondersteuning op heersende vlakke kan bewerkstellig.
• Die prysneigings is egter steeds afwaarts en pryse nader aan uitvoerpariteit is tans die mees waarskynlike scenario.
• Die berekende Randfontein uitvoerpariteit met VSA mielies as vergelyking is rondom R2200/mt vir Julie20.
• Reën het ook weer die naweek oor dele van die produksiegebied realiseer.
• Eerste aanduidings van ryp is ook rapporteer in Barkley Oos.

Internasionaal


• Die VSA mark het Vrydag aanvanklik ondersteuning behou en gebou op die positiewe lopie van die vorige sessie.
• Hierdie sentiment is egter baie gou onderdruk deur die realiteit van voldoende voorraad ten spyte van relatief gunstige uitvoersyfers wat vroeër die week vrygestel is.
• Weeklikse uitvoerverkope is vrygestel op 49.2 miljoen skepels wat heelwat meer is as verlede week se 38.1 miljoen skepels asook die maksimum markverwagting van 47.2 miljoen skepels.
• Die realiteit is egter dat kumulatiewe syfers vir 2019/20 baie stadiger is as die vorige bemarkingsjaar.
• Verder het die verwagting van 94 miljoen akker mielie hektare vir 2020 die verwagtings oortref en pryse verder onder druk geplaas.
• Die USDA se mielieprys projeksie vir 2020 is dienooreenkomstig met 25 sent laer aangepas vanaf die 2019 verwagting.
• Die prysverwagting is in lyn met 2018 prysvlakke en effens hoër as die 2016-17 vlakke.

Oliesade

Plaaslike


• Vrydag kry Sonneblomkontrakte baie sterk ondersteuning, die Maart kontrak styg R83/ton, terwyl die Mei en Julie kontrakte R48/ton en R26/ton onderskeidelik styg. Mei en Julie Sojaboonkontrakte verloor R33/ton.
• Die Rand verhandel sywaarts Vrydag middag en vanoggend. Die huidige vlak is R15.07/$.
• Beide Maart Sonneblom en Sojabone het n netto positiewe week agter die rug. Maart Sonneblom styg met R35/ton vir die week, terwyl Maart Sojabone R32/ton positief sluit vir die week.
• Goeie reën word oor die naweek gemeet by verskeie plekke oor die Senwesgebied. Voorspellings dui beperkte reën vir die week aan, maar dinge lyk weer baie belowend vir die komende naweek.
• Die pariteitsindeks is vandag R58/ton negatief.

Internasionaal


• Maart Sojabone verloor 2.25c/skepel of 0.5% om te sluit op $8.9050/skepel. Swak aankope uit Sjina bly n groot kommer vir VSA boere.
• Die USDA dui aan dat die 2020 voornemens om te plant hoër is as aanvanklik verwag is. Die projeksie is tans 85 miljoen akkers meer as verlede jaar se 76.1 miljoen akkers. Dis ook meer as analiste se verwagting van 84.6 miljoen akkers.
• Sojaboonuitvoere kom verlede week te staan op 18.3 miljoen skepels, 23% laer as die week van tevore. Sjina was merkbaar afwesig en onder die top vyf aankopers nie.
• Sojaboon verskeping vir die week vaar baie beter met 35.2 miljoen skepels. 57% beter as die week van tevore. Sjina was die nommer een bestemming met 9.9 miljoen/skepels.
• Die stroopproses in Brasilië word vertraag deur reën. Hulle is egter 34% voltooi, in lyn met die langtermyn gemiddeld, maar agter verlede jaar se 46%.

Koring

Plaaslike


• Plaaslik verhandel die Maart 2020 kontrak R3 positief en sluit teen R4740. Sien ons nie weer pryse bo R4750 met die Rand vanoggend teen R15.07 nie, kan hierdie as swakheid in die koringmark gesien word.
• Oorweeg sterk om met die huidige bullopie, fisiese prysings te doen.
• Tegnies is koring op sterk verkoopvlakke met 'n dubbel-hoogte formasie wat teen R4750 aangeteken is.
• Die verswakkende Rand dien tans as enigste ondersteuning vir die koringmark.
• Wees bedag op die kwota tariefvrye EU koring wat hierdie tyd van die jaar ingevoer kan word.
• Die vyfde produksieskatting het die plaaslike oes teen 1.598 miljoen ton geraam. Dit is 19 960t laer aangepas. In 2018 was die koringoes 1.868 miljoen ton.
• Die nuwe tarief van R776.24 is gepubliseer. Die vorige tarief was R1008.
• n Nuwe tarief van R516.61 het op 14 Januarie 2020 geaktiveer.
• Die afgelope week is 30 078t vanaf Duitsland en Poland ingevoer. Invoere sedert 01 Oktober 2019 staan op 568 556 ton en uitvoere tans op 20 163 ton.

Internasionaal


• VSA koringmarkte verhandel steeds negatief met winsneming na onlangse sterk steun en teleurstellende uitvoersyfers. VSA markte verhandel tussen 5.5- en 9 sent per skepel laer.
• Die USDA se WASDE verslag dui op verhoogde uitvoere en 5 jaar laagtepunt eindvoorrade van 940 miljoen skepels.
• Die IGC skat 2019/20 wêreldproduksie effens hoër teen 27.962 biljoen skepels. Dit is 3.8% hoër as die vorige seisoen. Eindvoorraad word van Januarie 2020 se 10.584 biljoen skepels, laer aangepas na 10.582 bilhoen skepels.
• Die USDA skat die 2019/20 VSA winteraanplantings op 30.804 miljoen akker. Dit is 1% laer jaar-op-jaar en die laagste in 'n 110 jaar.
• VSA uitvoerverkope het teen 12.7 miljoen skepels uitgekom. Dit is 40% laer as die vorige week.
• Taiwan het 3.8 miljoen skepels by die VSA aangekoop.

Finansieel

Internasionaal


• Die rand verhandel ietwat sterker sedert Vrydag, op die rug van 'n korreksie na die swakker verhandeling wat vroeër gesien is.
• Die rand verhandel, saam met ander ontwikkelende lande se geldeenhede, swakker. Die rand is veral kwesbaar, met strukturele probleme wat steeds teenwoordig is.
• Die dollar maak 'n sterk lopie die laaste paar verhandelingsdae teen ontwikkelende geldeenhede, met belegers wat weer terugkeer na veilige hawens.
• Beleggers se oë sal op Donderdag se begrotingsrede wees om te kyk of daar daadwerklike stappe geneem sal word om Suid-Afrika se begroting te laat klop.
• Die dollar indeks verhandel vanoggend sywaarts op 99.56 punte.
• Brent ru-olie se prys verhandel laer op $57.02/vat.
• Die JSE se indeks vir alle aandele verhandel Vrydag 0.79% swakker op 57'336 punte.

Markverslae

Type:

Linkmap

Registreer nou om Senwes Grainlink se Agri Markverslag daagliks via epos en/of SMS te ontvang. Enige vrae en of kommentaar kan gestuur word aan market@senwes.co.za