Grondkartering, gebruiksaanwending en Produksiepotensiaal
JUNIE 2009

Grondkartering is baie belangrik in die bepaling van grondpotensiaal en grondgebruik.

In hierdie artikel:

Grondpotensiaal
Grondeienskappe
Verskillende bekende grondvorms en hul aanwending
Grondomskakeling na weiding
Vestiging van weidingsgewasse

Verwysings
Figure


Karteringsdata moet doeltreffend aangewend word, sodat akkerbougewasse op die regte tipe grond verbou en marginale grond na geskikte weidingsgewasse omgeskakel kan word. Sodoende word die produksiepotensiaal van verskillende grondsoorte optimaal benut.

Grondpotensiaal
Grondpotensiaal word deur verskeie faktore be�nvloed, waaronder klimaat, tekstuur, diepte, onderliggende materiaal, kleur en die ligging van grond. �n Spesifieke grondsoort kan in een
distrik marginaal wees vir �n spesifieke gewas, terwyl dit in �n ander streek as goeie grond beskou kan word. Dit is gevolglik belangrik om die aanwending van grond en die produksiepotensiaal binne hierdie konteks te beskou. Hier word meer gefokus op die grondvorms wat oor die algemeen in die Senwes-gebied voorkom.

Die hoeveelheid, verspreiding en intensiteit van die re�nval is belangrik in die bepaling van grond se gebruiksaanwending en produksiepotensiaal.

Grondeienskappe
Tekstuur
Hoe ho�r die klei-inhoud, hoe meer vog kan deur die grond gestoor word. Aan die ander kant is minder vog op die ho� klei-inhoud grond uiteindelik beskikbaar vir plante as op byvoorbeeld leemgrond. Die re�nval in die sentrale produksiegebiede is gewoonlik laag, daarom doen sanderige grond normaalweg beter as kleigrond in di� gebiede.

Gronddiepte en onderliggende lae
Gronddiepte en klei-inhoud bepaal die waterstoorvermo� van grond. Dieper grond het gewoonlik �n groter waterstoorvermo� as vlak grond. Keerlae (wat die dreinering van grondwater keer) is voordelig indien dit diep genoeg voorkom en nie versuiptoestande bevorder nie. Wanneer die klei-inhoud in die ondergrond laag is en daar geen voghoudende keerlae binne 200 cm tot 250 cm voorkom nie, kan die potensiaal ook nadelig be�nvloed word. Onderliggende materiaal, soos gruis en klipperige lae wat nie grondwater kan vashou nie, is weer nadelig.

Kleur
�n Rooi grondkleur is �n beter aanduiding van �n dro�r grondklimaat as byvoorbeeld �n geel of swart kleur.

Ligging
Ligging is belangrik, omdat die grond op �n plek waar water wegloop �f op �n plek waarheen water loop, kan voorkom.

Verskillende bekende grondvorms en hul aanwending
Hutton
Die grond is rooi van kleur, dreineer baie goed en is geskik vir alle somergewasse indien dit genoegsame grondwater kan stoor. Huttongrond wat diep genoeg is, is uitstekende besproeiingsgrond.

Bainsvlei
Hierdie grond het �n vogtige grondklimaat. Dreinering is beter as di� van die Avalon-grond, maar nie so goed soos die Hutton-grond nie. Dit is geskik vir alle somergewasse.

Avalon
Hierdie grond het �n vogtige grondklimaat en is geskik vir alle somergewasse. Vanwe� die waterstoorvermo� is dit die ideale grond vir koringverbouing.

Westleigh
Die grond is gewoonlik vlak en kan aan versuiptoestande onderhewig wees. Vlakker Westleigh-grond (<60 cm) presteer die beste onder natuurlike weiding, aangesien dit nie in staat is om voldoende vog op te gaar vir bestendige gewasproduksie nie.

Pinedene
Dit het �n vogtige tot nat grondklimaat. Hierdie grond het gewoonlik �n gemiddelde tot ho� potensiaal en mielies, graansorghum, sonneblom, koring en voergewasse kan daarop verbou word, mits dit diep genoeg is.

Clovelly
Dreinering is baie goed indien die grond diep is en versuiptoestande kom nie maklik voor nie. Dit kan egter maklik te diep wees, wat weer nadelig kan wees vir vogvoorsiening. Hierdie grond is meestal geskik vir alle somergewasse.

Sterkspruit
Die grond is baie vlak en het �n swak voghuishouding (te droog of te nat) en behoort vir weidings gebruik te word.

Valsrivier
Hierdie grond is gewoonlik baie vlak en het �n swak voghuishouding. Dit kan die beste onder natuurlike veld benut word en geen kontantgewasverbouing word op hierdie grond aanbeveel nie.

Katspruit
Dit is normaalweg baie vlak grond en mag nooit geploeg word nie. Dit presteer die beste onder natuurlike veld. Indien dit wel geploeg is, moet permanente aangeplante weiding daarop gevestig word.

In Figuur 1 word grond aangetoon wat nie vir graangewasverbouing aanbeveel word nie en liefs onder weiding gevestig moet word.

Grondomskakeling na weiding
Die besluit om grond om te skakel begin eintlik by die skep van �n grondgebruikskaart of hulpbronbeplanning.
� Dit vergemaklik baie dinge, aangesien die hulpbron vir jou die besluit begin neem. Sodoende kan �n ingeligte besluit geneem word oor die omskakel van lande na weiding, asook teen watter tempo dit moet plaasvind.
� Die karteringskaart is nie nuttelose inligting vir die aangeplante weiding wat gevestig word nie, omdat die produksievermo� van die weiding daaruit afgelei kan word. Hierdie inligting is weer van groot waarde vir die bepaling van veegetalle en drakrag.
� Dit is ook van groot waarde vir toekomstige bemestingsbesluite wat geneem sal moet word.
� Dit is ook belangrik om te besef dat marginale mieliegrond nie noodwendig ho�potensiaal weidingsgrond is nie.

Vestiging van weidingsgewasse
Vir die suksesvolle vestiging van weidingsgewasse, moet daar aan �n paar basiese beginsels voldoen word.

Tyd van die jaar en klimaat
Eerstens moet daar besin word oor die tyd van die jaar wat die vestiging gaan plaasvind. Die tyd van vestiging moet s� gekies word dat dit saamval met verwagte gunstige klimaatstoestande. Dit is ook beter om weidings te vestig wanneer die ontkieming en groei van die meeste onkruid afneem. Uiteraard kan die klimaat nooit met sekerheid voorspel word nie, maar langtermyn klimaatsgegewens gee vir ons darem �n redelike goeie idee wanneer om te plant en wanneer nie. Die mees geskikte maande is Februarie en Maart.

Saad
�n Goeie praktyk is om saad betyds aan te koop. Die nadelige invloed van onkruiddoders wat oorgedra word op die ontkieming en ontwikkeling van saailinge, moet nooit onderskat word nie. Maak absoluut seker dat die voorgeskrewe wagperiodes eerbiedig word. Die gebruik van goeie kwaliteit, suiwer saad, met �n bekende kiemkragtigheid, gee baie gemoedsrus. Koop gesertifiseerde saad.

Onkruidbeheer
In goed gevestigde weidings is onkruid normaalweg nie �n groot probleem nie, maar in pas gevestigde aanplantings is dit �n ander storie. Die beheer van onkruid kan die verskil wees tussen sukses en mislukking. �n Praktyk wat al meer veld wen, is om die laaste bewerking voor planttyd, wat hoofsaaklik gerig is op onkruidbeheer, te vervang met chemiese onkruidbeheer. Sodoende bly die boonste grondlagie onversteurd, wat help om die saadbed nog meer ferm te kry. Dit voorkom ook dat onkruidsade na die oppervlakte gebring word.

Koste
Die vestigingskoste vir Smutsvinger beloop ongeveer R1 600/ha. Hierdie syfer kan egter van streek tot streek verskil, omdat verskillende grondtipes verskillende bewerkingspraktyke kan vereis. Dit impliseer variasies in die vestigingskoste.

Die omskakeling van laepotensiaal grond na weidings verg deeglike beplanning en toewyding. Die nakoming van �n paar basiese beginsels is uiters belangrik:
� Doen �n volledige hulpbronbeplanning (grondkartering en -monsterneming);
� Ken die klimaat (dit kan die tyd van omskakeling bepaal); en
� Beplan al die aksies deeglik (byvoorbeeld grondvoorbereiding, saad en vestiging)

Senwes Landboudienste beskik oor �n Hulpbron-afdeling wat spesialiseer in grondkartering en -monsterneming.

Verwysings
Mouton, J. Om oor te skakel...of nie. Senwes Landboudienste.
Louw, T. Vestiging van weidingsgewasse. Omnia.
Muller, B. Belangrikheid van grond as hulpmiddel. Senwes Landboudienste.
Grondklassifikasie: �n Taksonomiese sisteem vir Suid-Afrika. Grondklassifikasiewerkgroep.

Koos van Rensburg is �n Grondtegnoloog by Senwes Landboudienste. Vir enige navrae, stuur �n e-pos na: [email protected] , of skakel hom by (018) 431 0690 of 083 440 1496. Gerrit Oosthuizen is �n Senior Akkerboukundige by Senwes Landboudienste. Hy is beskikbaar by e-pos: [email protected]  of (018) 462-8533/084 506 8791.


Figure


Figuur 1: Voorbeelde van grond wat nie vir graangewasverbouing aanbeveel word nie.