Om te meet, is om te weet - deel 2
FEBRUARIE 2009
Kapitaalbelegging in boerdery is, soos in
enige ander onderneming, �n langtermyn besigheids-besluit. Dus
behoort die finansi�le prestasie daarvan ook oor tyd ge�valueer
te word.
In
hierdie artikel:
� Agtergrond
� Balansstaat
� Inkomstestaat
� Rentabiliteit
� Samevatting
� Tabelle
Werklike prestasie moet gemeet word teen die koste van, en
opbrengs op, die hulpbronne aangewend binne die
boerdery-onderneming. Daarbenewens is die opbrengs op die
kapitale belegging in boerdery ook onderwerp aan verskeie
bedryfsrisiko�s (soos klimaat en prys-volatiliteit, waaroor die
produsent weinig beheer het).
In die vorige artikel* is daar grootliks gefokus op die
finansi�le lewensvatbaarheid en doeltreffendheid van die
boerdery-eenheid, soos afgelei vanuit die kontantvloeibegroting.
In hierdie artikel word die finansi�le inligting vanuit die
balansstate en inkomstestate van verskeie hoogs suksesvolle
boerdery-eenhede in die Noord-Vrystaat vir die afgelope drie
somerproduksieseisoene geneem, ten einde sekere finansi�le
doeltreffendheidsmaatstawwe prakties te illustreer.
Agtergrond
Die distrikte ter sprake is Bothaville, Wesselsbron, Theunissen,
Hoopstad en Bultfontein. Die prestasie van 46 boerdery-eenhede
die afgelope 2007/2008-seisoen, word ook op distriksvlak
vergelyk.
Die getal deelnemers per seisoen, asook samestelling van
oppervlaktes onder bestuur waarop die balansstaat- en
inkomstestaatresultate gebaseer is, word in die onderstaande
tabel weergegee.
Alle oorspronklike berekenings is op �n geweegde gemiddelde
basis ten einde variasie tussen boerdery-eenhede aan te spreek.
Balansstaat- en inkomstestaatsyfers is ook nie uitgedruk in
eenhede per kapitaalbelegging of per oppervlakte nie, aangesien
daar meer gefokus word op verhoudings en die praktiese
gebruikswaarde daarvan.
Balansstaat
Ten einde die risiko-dravermo� van die boerdery te evalueer, is
dit noodsaaklik om die kapitaalstruktuur daarvan te ontleed.
Risiko-dravermo� dui op die onderneming se vermo� om finansi�le
verliese te kan absorbeer sonder om tot sekwestrasie of
likwidasie gedwing te word. Vanuit die balansstaat is die
volgende aspekte van belang:
� die omvang van vreemde kapitaal in verhouding tot totale
bates;
� die verhouding tussen vreemde en eie kapitaal bel� in die
onderneming; en
� die samestelling van die skuldlas (korttermyn-, mediumtermyn-
en langtermynskuld).
�n Handige doeltreffendheidsmaatstaf bereken vanuit die
ontleding van die batekant van die balansstaat, is die belegging
in direk produktiewe bates (grond en vee).
Die afleiding uit Tabel 2 is dat die boerdery-ondernemings, in
geheel beskou, finansieel gesond is en alle verhoudings oor die
afgelope drie seisoene verbeter het. Dit is ook duidelik dat
hierdie boerderye van beperkte vreemde kapitaal gebruik maak en
gevolglik minder blootgestel is aan rentekoersfluktuasies weens
nie-beheerbare faktore.
�n Aanvaarde praktyknorm vir �n skuldlasverhouding soos gemeet
na afloop van die oes vir �n prim�r ho�potensiaal
dro�landsaaiboerdery, is <30% en die belegging in produktiewe
bates in die omgewing van 65% tot 70%. Indien beduidend laer as
hierdie norm, mag dit dui op moontlike oorkapitalisasie in
onproduktiewe of nie-direkte inkomste-genererende bates.
�n Goeie verspreiding van totale skuldlas word oor tyd deur die
deelnemende boerderye gehandhaaf, wat daarop dui dat die opneem
van vreemde kapitaal korrek gestruktureer is. Die
ervaringsriglyn vir �n gesonde verspreiding vir boerderye wat in
�n groeifase verkeer, is in die omgewing van 50/30/20.
Ofskoon al vyf distrikte se verhoudings binne ervaringsnorme
is (Tabel 3), toon die Bothaville-groepering die laagste
skuldlasverhouding en, tesame met die Theunissen-groep, die
hoogste belegging in direk produktiewe bates. Dit moet egter
beklemtoon word dat die laagste skuldlasverhouding nie
noodwendig die optimum finansieringstruktuur verteenwoordig nie,
soos later in die ontleding sal blyk.
Inkomstestaat
Die inligting in die inkomstestaat (Tabel 4) verduidelik hoe die
finansi�le posisie, soos weerspie�l in die balansstaat, bereik
is. Dit s� dus hoe met die bates gedurende die produksietydperk
gehandel is.
Die volgende aspekte in die inkomstestaat het �n invloed op die
kapitaalstruktuur van die boerdery-onderneming:
� die mate waartoe inkomste van jaar tot jaar wissel;
� omvang van jaarlikse vaste verpligtinge; en
� koste van vreemde kapitaal.
Die skerp toename in bruto produksiewaarde (BPW) die afgelope
drie jaar is die prim�re gevolg van �n 52% toename in die
gemiddelde oppervlakte geplant, gevolg deur beter
kommoditeitspryse (>54%) en ho�r opbrengs (20%) per hektaar.
Die skerp styging in veral direk veranderlike insetkoste word
duidelik weerspie�l in die persentuele bydrae daarvan tot totale
produksiekoste. Desnieteenstaande hierdie styging, het die
TPK:BPW-verhouding verbeter (afgeneem), wat dan ook dui op beide
verhoogde produksie en finansi�le effektiwiteit oor tyd.
Netto boerdery-inkomste (NBI), spesifiek as �n persentasie van
BPW, is �n handige vergelykingsmaatstaf, ongeag of �n produsent
sy grond ge�rf het, op skuld gekoop het of huur, omdat dit alle
vreemde faktorkoste (bestuur, huur, rente) uitsluit. Die 17%
toename in NBI is die gevolg van �n kombinasie van al bovermelde.
Ofskoon die totale vreemde faktorkoste (hoofsaaklik
finansieringskoste) met nagenoeg 74% toegeneem het, is die
totale aanwending van vreemde kapitaal steeds laag (sien
skuldlasverhouding) wat, tesame met bogenoemde faktore, bygedra
het dat die BW:BPW-verhouding met �n verdere 26% toegeneem het.
Rentabiliteit
Ten einde te bepaal of vermelde toename in netto
boerdery-inkomste en boerderywins oor tyd wel tot die algehele
verbetering in boerderyprestasie gelei het, moet dit in verband
gebring word met die totale kapitaal en eie kapitaal aangewend
in die boerdery, sowel as die koste daarvan. Hiervoor word
inligting vanuit beide die balansstaat en inkomstestaat gebruik.
Uit Tabel 5 blyk dit duidelik dat die tersaaklike
boerdery-eenhede (op �n gemiddelde basis) die afgelope twee
seisoene uitsonderlik goed presteer het. Die opbrengs op totale
kapitaal aangewend was in re�le terme beduidend bo die heersende
inflasiekoers (4,6% � 6,5%) op daardie tydstip, terwyl die
opbrengs op eie kapitaal baie goed vergelyk (inteendeel, in
2007/2008 aansienlik ho�r) met opbrengste verlang op beleggings
met �n veel ho�r risikoprofiel as dro�land-saaiboerdery.
Die finansi�le hefboomverhouding van >1 dui daarop dat die
beperkte hoeveelheid vreemde kapitaal wat in die ondernemings
bel� is, voordelig aangewend is.
Die goeie winste van die afgelope drie jaar verklaar dan ook
grootliks waarom produsente bereid is om toenemend meer vir
ho�potensiaal saaigrond in onder andere di� distrikte te betaal.
Bo-gemiddelde mielie- en sonneblomopbrengste van onderskeidelik
7 t/ha en 2,3 t/ha kan as die vernaamste rede aangevoer word vir
die meer gunstige verhoudings of prestasie van die deelnemende
boerderye in die Hoopstad- en Bultfontein-distrikte. Hierdie
prestasies is bereik met �n ho�r gemiddelde skuldlasverhouding
en laer persentasie belegging in direk produktiewe bates in
vergelyking met die ander distrikte.
�n Verdere rede is dat hierdie boerderye ietwat beter daarin kon
slaag om hul vaste produksiekoste oor die groter aantal hektare
(mielies) te versprei (ekonomie van grootte) in vergelyking met
die vorige seisoen se oppervlakte-aanplantings.
Samevatting
Doeltreffende finansi�le bestuur vereis die toepas van gesonde
besigheidspraktyke. Prestasie kan slegs bepaal en gemeet word
deur die finansi�le jaarstate van die agribesigheid oor tyd te
ontleed en die resultate teen eie historiese prestasie, bewese
ervaringsnorme en die prestasie van vergelykende
boerdery-eenhede te evalueer.
Volhoubare prestasie in dro�land-saaiboerdery vereis onder meer
�n deurgaans konserwatiewe benadering teenoor die aanwending van
vreemde kapitaal, �n gesonde TPK:BPW-verhouding, asook die
deurlopende strewe na �n verbetering in produksiepeile per
oppervlakte-eenheid.
Dit word weer eens beklemtoon dat vermelde resultate onder
oorwegend gunstige boerdery-omstandighede behaal is en
waarskynlik nie op hierdie vlakke sal voortduur nie (alles
beweeg in siklusse). Dit bewys egter wat met �n optimale
kapitaalstruktuur vermag kan word ten tye van gunstige mark- en
klimaatsomstandighede en behoort derhalwe vir ander soortgelyke
tipe boerderye as aansporing te dien.
Bron: Finansi�le data verkry vir verwerking vanaf EKON
Bestuursburo.
Johan du Toit is die Bestuurder van Senwes se Landboudienste-afdeling.
Vir meer inligting, stuur �n e-pos na [email protected]
of skakel hom by (018) 464-7543 of 084 586 8780.
� Om te meet, is om te weet � Deel 1, het in die Oktober
2008-uitgawe van die Senwester verskyn.
Tabelle

Getal deelnemers en gemiddelde oppervlakte onder bestuur.

Risiko- en doeltreffendheidsverhoudings vanuit die balansstaat.

Risikoverhoudings en doeltreffendheidsverhoudings vanuit die
balansstaat per distrik vir die 2007/2008-somerproduksieseisoen.

Finansi�le inligting vanuit die inkomstestaat.

Opbrengs op totale en eie kapitaal bel� in die
boerdery-onderneming.

Inkomstestaat en rentabiliteitverhoudings (%) per distrik vir
die 2007/2008-somerproduksieseisoen.