Om te meet, is om te weet - deel 2
FEBRUARIE 2009

Kapitaalbelegging in boerdery is, soos in enige ander onderneming, �n langtermyn besigheids-besluit. Dus behoort die finansi�le prestasie daarvan ook oor tyd ge�valueer te word.

In hierdie artikel:

Agtergrond
Balansstaat
Inkomstestaat
Rentabiliteit
Samevatting
Tabelle


Werklike prestasie moet gemeet word teen die koste van, en opbrengs op, die hulpbronne aangewend binne die boerdery-onderneming. Daarbenewens is die opbrengs op die kapitale belegging in boerdery ook onderwerp aan verskeie bedryfsrisiko�s (soos klimaat en prys-volatiliteit, waaroor die produsent weinig beheer het).

In die vorige artikel* is daar grootliks gefokus op die finansi�le lewensvatbaarheid en doeltreffendheid van die boerdery-eenheid, soos afgelei vanuit die kontantvloeibegroting.

In hierdie artikel word die finansi�le inligting vanuit die balansstate en inkomstestate van verskeie hoogs suksesvolle boerdery-eenhede in die Noord-Vrystaat vir die afgelope drie somerproduksieseisoene geneem, ten einde sekere finansi�le doeltreffendheidsmaatstawwe prakties te illustreer.

Agtergrond
Die distrikte ter sprake is Bothaville, Wesselsbron, Theunissen, Hoopstad en Bultfontein. Die prestasie van 46 boerdery-eenhede die afgelope 2007/2008-seisoen, word ook op distriksvlak vergelyk.

Die getal deelnemers per seisoen, asook samestelling van oppervlaktes onder bestuur waarop die balansstaat- en inkomstestaatresultate gebaseer is, word in die onderstaande tabel weergegee.

Alle oorspronklike berekenings is op �n geweegde gemiddelde basis ten einde variasie tussen boerdery-eenhede aan te spreek. Balansstaat- en inkomstestaatsyfers is ook nie uitgedruk in eenhede per kapitaalbelegging of per oppervlakte nie, aangesien daar meer gefokus word op verhoudings en die praktiese gebruikswaarde daarvan.

Balansstaat
Ten einde die risiko-dravermo� van die boerdery te evalueer, is dit noodsaaklik om die kapitaalstruktuur daarvan te ontleed. Risiko-dravermo� dui op die onderneming se vermo� om finansi�le verliese te kan absorbeer sonder om tot sekwestrasie of likwidasie gedwing te word. Vanuit die balansstaat is die volgende aspekte van belang:
� die omvang van vreemde kapitaal in verhouding tot totale bates;
� die verhouding tussen vreemde en eie kapitaal bel� in die onderneming; en
� die samestelling van die skuldlas (korttermyn-, mediumtermyn- en langtermynskuld).

�n Handige doeltreffendheidsmaatstaf bereken vanuit die ontleding van die batekant van die balansstaat, is die belegging in direk produktiewe bates (grond en vee).
Die afleiding uit Tabel 2 is dat die boerdery-ondernemings, in geheel beskou, finansieel gesond is en alle verhoudings oor die afgelope drie seisoene verbeter het. Dit is ook duidelik dat hierdie boerderye van beperkte vreemde kapitaal gebruik maak en gevolglik minder blootgestel is aan rentekoersfluktuasies weens nie-beheerbare faktore.

�n Aanvaarde praktyknorm vir �n skuldlasverhouding soos gemeet na afloop van die oes vir �n prim�r ho�potensiaal dro�landsaaiboerdery, is <30% en die belegging in produktiewe bates in die omgewing van 65% tot 70%. Indien beduidend laer as hierdie norm, mag dit dui op moontlike oorkapitalisasie in onproduktiewe of nie-direkte inkomste-genererende bates.

�n Goeie verspreiding van totale skuldlas word oor tyd deur die deelnemende boerderye gehandhaaf, wat daarop dui dat die opneem van vreemde kapitaal korrek gestruktureer is. Die ervaringsriglyn vir �n gesonde verspreiding vir boerderye wat in �n groeifase verkeer, is in die omgewing van 50/30/20.

Ofskoon al vyf distrikte se verhoudings binne ervaringsnorme
is (Tabel 3), toon die Bothaville-groepering die laagste skuldlasverhouding en, tesame met die Theunissen-groep, die hoogste belegging in direk produktiewe bates. Dit moet egter beklemtoon word dat die laagste skuldlasverhouding nie noodwendig die optimum finansieringstruktuur verteenwoordig nie, soos later in die ontleding sal blyk.

Inkomstestaat
Die inligting in die inkomstestaat (Tabel 4) verduidelik hoe die finansi�le posisie, soos weerspie�l in die balansstaat, bereik is. Dit s� dus hoe met die bates gedurende die produksietydperk gehandel is.

Die volgende aspekte in die inkomstestaat het �n invloed op die kapitaalstruktuur van die boerdery-onderneming:
� die mate waartoe inkomste van jaar tot jaar wissel;
� omvang van jaarlikse vaste verpligtinge; en
� koste van vreemde kapitaal.

Die skerp toename in bruto produksiewaarde (BPW) die afgelope drie jaar is die prim�re gevolg van �n 52% toename in die gemiddelde oppervlakte geplant, gevolg deur beter kommoditeitspryse (>54%) en ho�r opbrengs (20%) per hektaar.

Die skerp styging in veral direk veranderlike insetkoste word duidelik weerspie�l in die persentuele bydrae daarvan tot totale produksiekoste. Desnieteenstaande hierdie styging, het die TPK:BPW-verhouding verbeter (afgeneem), wat dan ook dui op beide verhoogde produksie en finansi�le effektiwiteit oor tyd.

Netto boerdery-inkomste (NBI), spesifiek as �n persentasie van BPW, is �n handige vergelykingsmaatstaf, ongeag of �n produsent sy grond ge�rf het, op skuld gekoop het of huur, omdat dit alle vreemde faktorkoste (bestuur, huur, rente) uitsluit. Die 17% toename in NBI is die gevolg van �n kombinasie van al bovermelde.

Ofskoon die totale vreemde faktorkoste (hoofsaaklik finansieringskoste) met nagenoeg 74% toegeneem het, is die totale aanwending van vreemde kapitaal steeds laag (sien skuldlasverhouding) wat, tesame met bogenoemde faktore, bygedra het dat die BW:BPW-verhouding met �n verdere 26% toegeneem het.

Rentabiliteit
Ten einde te bepaal of vermelde toename in netto boerdery-inkomste en boerderywins oor tyd wel tot die algehele verbetering in boerderyprestasie gelei het, moet dit in verband gebring word met die totale kapitaal en eie kapitaal aangewend in die boerdery, sowel as die koste daarvan. Hiervoor word inligting vanuit beide die balansstaat en inkomstestaat gebruik.

Uit Tabel 5 blyk dit duidelik dat die tersaaklike boerdery-eenhede (op �n gemiddelde basis) die afgelope twee seisoene uitsonderlik goed presteer het. Die opbrengs op totale kapitaal aangewend was in re�le terme beduidend bo die heersende inflasiekoers (4,6% � 6,5%) op daardie tydstip, terwyl die opbrengs op eie kapitaal baie goed vergelyk (inteendeel, in 2007/2008 aansienlik ho�r) met opbrengste verlang op beleggings met �n veel ho�r risikoprofiel as dro�land-saaiboerdery.

Die finansi�le hefboomverhouding van >1 dui daarop dat die beperkte hoeveelheid vreemde kapitaal wat in die ondernemings bel� is, voordelig aangewend is.

Die goeie winste van die afgelope drie jaar verklaar dan ook grootliks waarom produsente bereid is om toenemend meer vir ho�potensiaal saaigrond in onder andere di� distrikte te betaal.

Bo-gemiddelde mielie- en sonneblomopbrengste van onderskeidelik 7 t/ha en 2,3 t/ha kan as die vernaamste rede aangevoer word vir die meer gunstige verhoudings of prestasie van die deelnemende boerderye in die Hoopstad- en Bultfontein-distrikte. Hierdie prestasies is bereik met �n ho�r gemiddelde skuldlasverhouding en laer persentasie belegging in direk produktiewe bates in vergelyking met die ander distrikte.

�n Verdere rede is dat hierdie boerderye ietwat beter daarin kon slaag om hul vaste produksiekoste oor die groter aantal hektare (mielies) te versprei (ekonomie van grootte) in vergelyking met die vorige seisoen se oppervlakte-aanplantings.

Samevatting
Doeltreffende finansi�le bestuur vereis die toepas van gesonde besigheidspraktyke. Prestasie kan slegs bepaal en gemeet word deur die finansi�le jaarstate van die agribesigheid oor tyd te ontleed en die resultate teen eie historiese prestasie, bewese ervaringsnorme en die prestasie van vergelykende boerdery-eenhede te evalueer.

Volhoubare prestasie in dro�land-saaiboerdery vereis onder meer �n deurgaans konserwatiewe benadering teenoor die aanwending van vreemde kapitaal, �n gesonde TPK:BPW-verhouding, asook die deurlopende strewe na �n verbetering in produksiepeile per oppervlakte-eenheid.

Dit word weer eens beklemtoon dat vermelde resultate onder oorwegend gunstige boerdery-omstandighede behaal is en waarskynlik nie op hierdie vlakke sal voortduur nie (alles beweeg in siklusse). Dit bewys egter wat met �n optimale kapitaalstruktuur vermag kan word ten tye van gunstige mark- en klimaatsomstandighede en behoort derhalwe vir ander soortgelyke tipe boerderye as aansporing te dien.

Bron: Finansi�le data verkry vir verwerking vanaf EKON Bestuursburo.

Johan du Toit is die Bestuurder van Senwes se Landboudienste-afdeling. Vir meer inligting, stuur �n e-pos na [email protected] of skakel hom by (018) 464-7543 of 084 586 8780.

� Om te meet, is om te weet � Deel 1, het in die Oktober 2008-uitgawe van die Senwester verskyn.


Tabelle

 


Getal deelnemers en gemiddelde oppervlakte onder bestuur.


Risiko- en doeltreffendheidsverhoudings vanuit die balansstaat.


Risikoverhoudings en doeltreffendheidsverhoudings vanuit die balansstaat per distrik vir die 2007/2008-somerproduksieseisoen.


Finansi�le inligting vanuit die inkomstestaat.


Opbrengs op totale en eie kapitaal bel� in die boerdery-onderneming.


Inkomstestaat en rentabiliteitverhoudings (%) per distrik vir die 2007/2008-somerproduksieseisoen.