Maak veehantering maklik en aangenaam
2006-10-01
Veehanteringsfasiliteite geniet nie altyd die aandag
wat dit verdien nie. Johan Mouton (Vee- en Weidingskundige, Senwes
Landboudienste) bespreek in hierdie artikel die belangrikheid van effektiewe
hanteringsfasiliteite vir die hedendaagse produsent.
In hierdie artikel:
- Kritiese suksespunte vir weidingsvestiging
- Figure
- Foto�s
Die sukses van �n veekudde is gesetel in die voorsiening van genoeg kos
vir die hele jaar, soos in vorige artikels (van Johan Mouton) bespreek. �n
Baie belangrike aspek wat egter dikwels nagelaat word, is
hanteringsfasiliteite. Indien fasiliteite dit onaangenaam maak om met die
kudde te werk, word dit gewoonlik duidelik in die produsent se ekonomiese
syfers gereflekteer. Eenvoudige stelsels wat prakties werk, maak die
hantering van die kudde �n plesier, wat noodsaaklik is vir sinvolle
kuddebestuur.
Aangesien produsente se behoeftes wesenlik van mekaar verskil ten opsigte
van hanteringsfasiliteite, kyk
ons na �n paar basiese beginsels vir die hantering van �n kudde.
�n Drukgang met nekklamp word as noodsaaklik beskou. Die oorgrote
meerderheid van werk kan hiermee
gedoen word en verdere fasiliteite is spesifiek behoeftegedrewe. Hier is �n
paar beginsels wat gebruik kan word vir die beplanning van hierdie
noodsaaklike fasiliteit:
- Indien moontlik, beplan waar jy in die skaduwee kan werk, by
bloekombome ensovoorts.
- Drukgange wat �n effens opwaartse helling het, is geneig op diere
beter te laat vloei.
- �n 2%- tot 3%-helling vir die kraalkompleks is ideaal vir
dreineringsdoeleindes.
- �n Drukgang van ongeveer 20 meter lank is funksioneel.
- Vermy drukgange wat V-vormig is. Jou beeste is mos onthoring en al
die kalfies word voor die ouderdom van vier maande onthoring.
- Figuur 1 en 2 dui die beginsel aan waarop die aandrukkraal gebou
moet word.
- Figuur 3 gee �n indikasie van die drukgang se mates.
- Stutpale moet 1 meter diep geplant word en 1,5 meter uitmekaar wees.
- Hoewel figuur 3 drukgangmates van 1 500 mm bo grondvlak vir die
boonste spar aandui, verkies sommige produsente �n addisionele spar op 1
800 mm. Dit is veral nuttig wanneer daar met grootraam-diere gewerk
word.
- Die muurtjie wat aangedui word aan die regterkant van die skets (figuur
3) loop die volle lengte van die drukgang waarop gestaan word en sal die
hantering van diere ten opsigte van entings ensovoorts, vergemaklik,
aangesien van bo en nie van die kant gewerk word nie.
- Poog om sover moontlik yster te gebruik.
- Waar houtpale as stutpale gebruik word en ingesement word, moet die
houtpaal deur die sement in die ondergrond staan vir dreinering.
- Plaas hekke altyd in die hoeke van �n kamp.
- Vermy enige skerp punte, byvoorbeeld boudkoppe, wat uitsteek en die
diere kan beseer.
- Drukgange is geneig om uit te trap. Indien enigsins moontlik,
probeer �n growwe sementblad gooi.
- Aandrukkrale en drukgange waaruit diere nie kan sien nie, is geneig
om beter te vloei. Ou vervoerbande werk goed vir hierdie doel. Die
toemaak van die drukgang self kan egter praktiese probleme skep wanneer
daar met die diere gewerk moet word.
- Plant kikoejoe in die aandrukkrale. Dit lei tot �n wesenlike
verlaging van stikstof.
- Laat drie vierkante meter per bees in wagkrale toe.
- �n Nekklamp moet verkieslik soliede plate op h� sodat die dier nie
sy pote ensovoorts kan verstrengel nie.
- Figuur 4 dui �n verwyderbare sykant aan vanaf �n bo-aansig van die
drukgang. Hierdie laaste segment aan die linkerkant van die kraal is
uiters handig indien dit verwyder kan word ten tye waar beeste gaan l�
in die drukgang of �n keisersnit gedoen moet word. Die paneel word soms
as �n losmaakbare eenheid gebou of bloot as pype wat inskuif na die
agterste segment toe. Indien �n skaal gebruik gaan word, kan die
drukgang so ontwerp word dat �n skaal kan inpas by die opening. Moderne
elektroniese skaalplatforms is �n opsie wat sterk oorweeg kan word,
maklik verskuifbaar is en gemaklik inpas by bestaande
hanteringsfasiliteite.
- Die aanwending van gebo� en ronde kraalkomplekse kom al hoe meer
voor weens die min hande-arbeid wat nodig is vir die stelsels, hoewel
dit effens duurder is om te bou. Indien jy slegs die drukgang gebo� wil
bou, bied �n boog wat om �n radius van 12 meter tot 15 meter loop, die
mees gewenste vloei van diere.
Waar �n paar klein kuddes op verskillende plase loop, kan die aanwending
van mobiele krale, wat uit �n aandrukkraal en verkorte drukgang bestaan,
prakties �n koste-effektiewe opsie wees. Mobiele krale is veral handig,
aangesien die oprigting geskied na gelang van die behoefte. Waar verse kalf,
is dit handig om met �n drukgang vir net twee beeste te werk.
Dit is duidelik dat heelwat faktore in ag geneem moet word met die bou van
�n drukgang, wat as die basiese
gereedskapstuk gesien word vir doeltreffende kuddebestuur. Tydens die
navorsing van di� artikel is �n legio planne bestudeer en die gevolgtrekking
was om konstruksie so eenvoudig moontlik te hou. Indien groot kuddes van 1
000+ koeie hanteer word, is die uitleg van komplekse hanteringskrale
geregverdig. Kleiner kuddes kan egter baie effektief met eenvoudige
fasiliteite bestuur word, wat dit aangenaam maak om met die kudde te werk.
Kritiese suksespunte vir weidingsvestiging
- Plant met behulp van �n grondontleding.
- Onkruidbeheer is 110%.
- Vogbewaring is 120%.
- Indien jy twyfel, plant eerder in die vro�e herfs.
- Rondom 4,5 kilogram saad per hektaar, minder op ligte gronde en meer
op swaarder gronde, werk die beste.
- Gewaskeuse is aangepas by die hulpbron.
- Eragrostis-tipes hou nie van kleigronde nie.
- �n Vaste, onkruidvrye saadbed is noodsaaklik.
- Rol, vestig, rol weer.
- Moenie in oornat grond plant nie. Die boonste vyf sentimeter moet
verkieslik relatief droog wees.
- Gebruik gesertifiseerde saad.
- Hou die aankoopfaktuur en saadsertifikasie van die sak in geval
probleme sou ontstaan met ontkieming.
- Hou boek van onder andere plantdatum, re�nval en temperatuur as
rekordverwysing indien ontkieming swak is.
- Onthou om peulplante te ent.
- Langdurige direkte sonlig is nadelig vir peulplantentstof.
- Moenie jouself bankrot spaar nie.
- Moenie oorhaastig wees na vestiging nie.
- Chemiese onkruidbeheer kan baie voordelig wees.
- Maak seker oor gifstowwe wat die afgelope seisoen gebruik is vir
kontantgewasse en die effek wat dit het op grasspesies.
Figure
Kliek op die foto om �n ho�r resolusie weergawe
te sien.
|
Korrekte aandrukhoek |
|
Verkeerde aandrukhoek |
|
Drukgangmates (vooraansig) |
|
Verwyderbare sypaneel (bo-aansig) |
Foto's
Kliek op die foto om �n ho�r resolusie weergawe
te sien.