ENGLISH

 
SENWES > NetAds

SENWES Netads - Geklassifiseerde Advertensies

Algemene terme en voorwaardes

"Netads" is 'n elektroniese kennisgewingbord en vorm deel van Senwes se amptelike Webwerf. Dit dien as 'n kommunikasiemiddel vir klante en personeellede. Slegs klante en personeel sal toegang het tot die gebruik van Netads deur hul klante- of personeelnommers te gebruik. Dit is waarom Senwes se elektroniese kennisgewingbord (Netads) slegs bedoel is vir die uitsluitlike gebruik van klante en personeel van Senwes.

  1. Verbruiker se klantenommer of personeelnommer is ‘n voorvereiste vir gebruik.
  2. Alle pryse in advertensies moet BTW insluit.
  3. Advertensies word gratis geplaas.
  4. Elke adverteerder is verantwoordelik vir sy / haar eie taalversorging.
  5. Verantwoordelikheid berus by die adverteerder om seker te maak dat sy/haar advertensie die eerste dag van plasing reg verskyn, en om enige foute en/of wysigings so gou doenlik per e-pos (oftewel skriftelik) aan te meld en reg te stel.
  6. Artikels sal na oordeel van die Netads administrateur onder die gepaste kategorieë geplaas word.
  7. Advertensies sal vir ‘n maksimum van twee weke op die bord geplaas word.
  8. Elke adverteerder is geregtig op 4 advertensies per geleentheid.
  9. Netads aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige skade of verlies voorspruitend uit enige foutiewe advertensies nie. Enige foutiewe advertensies sal egter herplaas word, indien Netads vir die fout verantwoordelik was.
  10. Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir die gehalte van goedere of dienste wat geadverteer word nie. Netads is slegs ‘n middel om kopers en verkopers met mekaar in aanraking te bring en ons is nie verantwoordelik vir enige nagevolge wat spruit uit transaksies wat deur middel van advertensies plaasvind nie.
  11. Ons behou die reg om plasing te weier sonder opgaaf van redes.
  12. Ons aanvaar geen aanspreeklikheid vir advertensies van vakansiegeriewe wat onder verkeerde provinsies geplaas word indien die betrokke provinsie nie in die adverteerder se opdrag vermeld word nie.
  13. Alle meeteenhede moet kragtens Wet 76 van 1973 gemetriseer wees. Netads aanvaar geen verantwoordelikheid vir omsetting van imperiale na metrieke mates nie. Slegs standaardafkortings word toegelaat.
  14. Geen antwoordelikheid word vir weglating van enige advertensie aanvaar nie.
  15. Geen advertensies sal telefonies aanvaar word nie.

Verder geld alle reëls en verwante beleide van Senwes soos van toepassing op elektroniese en interne kommunikasie.



Enige vrae en/of kommentaar oor hierdie bladsy kan gestuur word aan [email protected]