MySenwes





MySenwes - Help
If you have any problems or questions, please contact the MySenwes Helpline:
 

 

MySenwes – Agri Market Info

Please note that the Safex prices are not the Market to Market related prices.

Market summary

Maize

Plaaslike


• Dec22 witmielies verhandel R18 afwaarts om te sluit teen R4 243/t, met Mar23 witmielies wat R16 laer verhandel teen R4 238/t. Dec22 geelmielies verhandel R23 swakker teen R4 261/t, met Mar23 geelmielies wat R20 laer sluit teen R4 250/t.
• Die sesde produksieskatting toon dat 2.623miljoen hektaar mielies aangeplant sal word die seisoen vir 'n totale produksie van 14.713miljoen ton. Van die totaal is 7.470miljoen ton witmielies en 7.243miljoen ton geelmielies.

Internasionaal


• CBOT Corn pryse verhandel vanoggend opwaarts. CBOT Sep22 Corn pryse verhandel 20.75 sent hoër teen $6.08/skepel; Dec22 Corn is 20.5 sent hoër teen $6.1225 /skepel.

Oilseeds

Plaaslike


• Sep22 sonneblom verhandel R44 afwaarts om te sluit teen R10 316/t, met Dec22 sonneblom wat R26 laer sluit teen R10 454/t. Sep22 sojabone verhandel R100 swakker om te sluit teen R8 534/t, met Dec22 sojabone wat R82 laer verhandel teen R8 666/t.
• Die sesde produksieskatting toon sonneblom hektare van 670 700 wat na verwagting 922 750ton tot gevolg sal hê. Sojaboon hektare word geskat op 925 300 vir 'n totale produksie van 2.151miljoen ton.

Internasionaal


• CBOT Sep22 Sojaboonpryse verhandel 71 sent opwaarts teen $14.72/skepel, terwyl Nov22 pryse 60.75 sent hoër is teen $14.2450/skepel.

Wheat

Plaaslike


• Sep22 koringpryse verhandel R36/ton afwaarts op R7 136/t, terwyl Dec22 R41 laer sluit teen R6 915/t.

Internasionaal


• Internasionale koringpryse verhandel vanoggend hoër. Sep22 CBOT SRW kontrakte is 27.75 sent op en verhandel teen $7.8775/skepel; Sep22 Kansas City HRW kontrakte is 33.75 sent opwaarts teen $8.6650/skepel; en Sep22 MGEX kontrakte verhandel teen $8.9825/skepel wat 19 sent hoër is.

Financial

Internasionaal


• Rand verhandel vanoggend op R16.60 teen die Dollar, wat sowat 1.1% sterker is as gister om 12h00 toe dit op R16.78 teen die Dollar verhandel het.
• Die Rand het gister teen die Dollar versterk namate die Dollar gedaal het met die oog op werkskeppingsdata in Amerika, wat vandag verwag word.
• Fase 2 en 4 beurtkrag deur Eskom is hierdie week weer ingestel. Hoë inflasie gedryf deur hoë brandstof- en voedselpryse, gepaardgaande met hoë rentekoerse plaas steeds druk op verbruikersentiment.
• Die dollar indeks verhandel op 105.86.
• Brent ru-olie se prys verhandel vanoggend op $94.29/vat.
• Die JSE se indeks vir alle aandele verhandel op 68’717 punte.

Market reports

Type:

Linkmap

Register now to receive the Senwes Grainlink Agri Market Report via email and/or SMS. Any questions and/or comments can be sent to [email protected]