MySenwes





MySenwes - Hulp
Indien jy enige probleme of navrae het, kontak asseblief die MySenwes Hulplyn:
 

 

MySenwes – Agri Markinligting


Markopsomming

Mielies

Plaaslike


• Die mark het gister kort na markopening sterk vertoon maar kort daarna stoom verloor en terug gesak.
• Die Julie19 WM kontrak het ‘n hoogtepunt van R2782/mt bereik wat sterk positiewe sentiment gevestig het voor pryse begin terugsak het op die rug van onder andere ‘n sterker rand.
• Die aanvanklike oplewing kan egter wel toegeskryf word aan onsekerheid oor die mark se reaksie op die ryp wat gister oor die groter sentrale en veral westelike produksiegebied van die Vrystaat voorgekom het.
• Die impak blyk egter beperk te wees tans en die mark se risiko premie was gou uit die prys verwyder.
• Die Julie19 WM kontrak verhandel ook vir die 6de agtereenvolgende sessie in lyn met die 200-dag bewegende gemiddeld en het weer gister bo die vlak inbeweeg.
• SAGIS leweringsyfers is gister vrygestel en het 9 992mt WM en 18 601mt YM ingesluit.
• Lewerings sedert 1 Maart 2019 is 38 137mt WM en 84 428mt YM.
• Die afwesigheid van prysondersteunende nuus, beide plaaslik en internasionaal, kan die potensiaal vir prysondersteuning dienooreenkomstig beperk.

Internasionaal


• Gister se verhandeling op die VSA mark was weer grootliks gemeng.
• Koring het positief gesluit na kopers toegetree het op die rug van die afgelope tyd se prysdaling.
• Mielies en sojabone het egter negatief gesluit na weervoorspellings gunstig gedraai het en plantvordering sal bevorder.
• Produsenteverkope bly egter traag teen die heersende prysvlakke en basispremies het tussen 1 en 3 sent per skepel versterk.
• Die mark sal later vandag se USDA uitvoerverslag monitor. Analiste verwag ‘n uitvoerverkopesyfer tussen 19.7 en 37.4 miljoen skepels.
• Nuwe nuus ontbreek egter oor die algemeen tans en die mark bly versigtig om enigsins pryspositief te reageer.
• Plantvordering sal deurlopend ‘n rol begin speel soos die plantvenster in April en Mei vorder.
• Die aspek wat waarskynlik steeds die grootste invloed sal hê is nuwe nuus oor die China / VSA handelsooreenkoms.
• Die realiteit dat fondse steeds ‘n rekord kort posisie in VSA mielies bestuur kan ‘n aggressiewe oplewing in pryse tot gevolg hê indien die fondse gedwing word om die kort posisies te ontruim.

Oliesade

Plaaslike


• Sonneblompryse het gister net-net bo R5000/ton verhandel, maar sukkel om weg te breek van die vlak.
• Sojaboonpryse het laer verhandel om net bo die kort termyn ondersteuningsvlak van R4750 op Mei maand te sluit.
• Die sonneblompersmarges herstel as gevolg van die daling wat gesien is en kopers behoort teen huidige vlakke belang te stel om weer in die mark te begin koop.
• Die verwagte pariteitsbeweging is vandag R40/ton negatief.

Internasionaal


• Sojaboonpryse het gister verder onder heelwat druk verhandel en bykans 8 sent laer gesluit.
• Die onsekerheid wat geskep word weens die stadige vordering van die handelsonderhandelinge tussen Amerika en China, word gister as rede aangevoer vir die skerp dalings.
• Tesame hiermee word daar gunstige weer vir aanplantingsvordering voorspel.
• Sojaboon uitvoerinspeksies vir verlede week het teleurgestel op 16.9miljoen skepels. Dit was bykans helfte minder as die vorige week. Soos verwag, was China die grootste bestemming vir die uitvoere.
• Die Brasiliaanse sojaboon-oesvordering staan tans op 88% voltooi. Dit is effens beter as verlede jaar se 85%.
• China het 180.8 miljoen skepels sojabone gedurende Maart ingevoer, wat bykans 10.5% hoër is as Februarie se syfers. Die meeste van die sojabone was vanaf Amerika en Brasilië ingevoer.

Koring

Plaaslike


• Die Mei- en Julie kontrakte verhandel onderskeidelik R16- en R22 negatief en sluit teen R4606 en R4649 per ton.
• Die Rand is die primêre prysbepaler en verhandel vanoggend swakker teen $13.98/$.
• Die Desember 2019 kontrak verhandel tans teen R4346. Volumes en opebelang is egter baie laag.
• Die 2018 oes word teen 1.862 miljoen ton geraam. Dit is 17.79% groter as die 2017 seisoen.
• Die nuutste invoertarief is teen R490.70 gepubliseer. Die nuwe tarief van R670 is geaktiveer, maar moet nog in die staatskoerant afgekondig word.
• Daar is die afgelope week 5148t van Lituania ingevoer.
• Invoere sedert 01 Okt 2018 beloop 460 960t. Uitvoere staan op 50 777t.

Internasionaal


• VSA koringkontrakte verhandel positief met winskopiejagters wat die mark toetree. Mei 2019 kontrakte styg met tussen 2- en 4.75 sent.
• VSA lentekoring is tans 4% geplant.
• Spekulasiefondse is steeds netto kort in die VSA. Min fundamentele redes bestaan vir fondse om hul posisies te likwideer.
• VSA koring uitvoerinspeksies het die afgelope week op 'n totaal van 18.8 miljoen skepels uitgekom. Verlede week se syfer was 20.4 miljoen skepels.
• Die VSA oesgradering van 60% goed-tot-uitstekend, en slegs 9% is swak-tot-baie swak.
• Duitse koringproduksie word 20% hoër jaar-op-jaar gereken. Hul produksie vir die komende seisoen word op 898 miljoen skepels geraam.
• Morokko is in die mark vir 13.4 miljoen skepels EU koring.
• Taiwan en Japan is in die mark om onderskeidelik 4- en 3.6 miljoen skepels koring in te voer.

Finansieel

Internasionaal


• Die rand het gister effens sterker teenoor vernaamste geldeenhede verhandel.
• Die rand het tussen R14.05 tot R13.91 teenoor die Amerikaanse dollar verhandel voordat dit nader aan R13.97 gesluit het.
• Die VSA dollar het teenoor die euro versterk en verhandel tans net onder $1.13.
• Die dollar indeks verhandel tans net op 97.109.
• Suid-Afrika se infalsiekoers vir Maart was gister hersien. Die inflasiekoers is hoër aangepas na 4.5% wat 0.4% hoër is as Februarie se syfer. Die verhoogde inflasiekoers word hoofsaaklik aan stygende brandstofpryse toegeken.
• Die kredietgraderingsagentskap, Moody's, het vroeër die week Suid-Afrika gewaarsku teen die stygende regeringskuld en swak ekonomiese groei. Hierdie faktore plaas Suid-Afrika op risiko dat Moody's die kredietgradering kan hersien.
• Brent ru-olie verhandel steeds net onder $72 per vat.
• Die JSE se indeks vir alle aandele het sywaarts verhandel en op 58,908 gesluit.

Markverslae

Type:

Linkmap

Registreer nou om Senwes Grainlink se Agri Markverslag daagliks via epos en/of SMS te ontvang. Enige vrae en of kommentaar kan gestuur word aan market@senwes.co.za