VYF wenners, VYF pryse…verseker!
JUNIE 2010
Met vanjaar se Senwes R1 miljoen-kompetisie, was dit nie net die vyf
finaliste wat gewen het nie, maar ook hul gemeenskappe. Elke finalis kon ’n
gemeenskapsorganisasie van sy keuse nomineer, wat R60 000 as ’n skenking by
Senwes ontvang het.
Die vyf finaliste se groot oomblik het op 9 Junie 2010 aangebreek, toe elkeen
tydens
’n funksie by die Rio Casino in Klerksdorp ’n nommer moes trek om te bepaal
watter een van die vyf kontantpryse teen sy somerproduksierekening teruggeskryf
gaan word. Die uiteinde van die trekking was soos volg:
Foto 1: Coenie en Tanya van den Berg van Viljoenskroon.
Foto 2: Jimmy en Petra Henning van Oberholzer.
Foto 3: Louis en Mietz Claasen van Koppies, saam met hul dogter, Carolien.
Foto 4: Alfonso en Liza Visser van Hartswater.
Foto 5: Derek en Elize Grobbelaar van Odendaalsrus
Coenie van den Berg, wat die groot kontantprys van R500 000 gewen het, het
vertel dat hy dit eers nie kon glo toe hy die oproep van Senwes ontvang het om
te sê dat hy een van die finaliste was nie. Hy vertel dat ’n vriend van hom
dikwels sulke grappe oor die foon maak, daarom was hy skepties. “Dit het steeds
nog nie regtig ingesink nie,” het hy gesê.
Die vyf gemeenskaporganisasies wat elk ’n skenking ontvang het, was die Abraham
Kriel Kinderhuis in Potchefstroom, die TOGG Interkerklike Jeugorganisasie in die
Vaalhartsskema, die MILO Interkerklike Welsynsorganisasie op Allanridge, die
Sasolburg Jeugsorgsentrum en die Viljoenskroon Sentrum vir Bejaardes.
Die 2010/2011-kompetisie is tydens vanjaar se funksie aangekondig. Senwes
produsente met somerproduksierekeninge kwalifiseer outomaties vir die kompetisie.