Silosakke: is dit die moeite werd?
JUNIE 2010
TEKS: NIC SCHULENBURG
FOTO’S: INFOWORKS


Produsente is gereeld op die uitkyk vir goedkoper maniere om graan op te berg. Die afgelope paar jaar het silosakke ’n opsie geword wat deur baie produsente oorweeg is, teenoor die meer konvensionele opberging in silo’s.

Dit is egter nodig dat produsente die twee opsies goed teen mekaar moet opweeg voordat daar ’n besluit geneem word. Goedkoop koop is soms duur koop.

As ’n mens die verskillende kostestrukture uiteensit, vergelyk dit soos volg:



Die vraag moet gevra word of ’n besparing van R14 per ton per jaar die moeite werd is vir produsente om in silosakke op te berg, indien die volgende in ag geneem word:
• Geen Safex-lewering, wat beteken dat die produsent nie die inverse of ander geleenthede op die termynbeurs benut nie.
• Die risiko op silosakke is hoog en ’n produk van R2 miljoen word aan natuurelemente, plaagdiere en diefstal blootgestel.
• Die natuur en weerpatrone bepaal wanneer en hoe vinnig die produk uitgelaai kan word.
• Die gebruik van markinstrumente en dinamiese bemarkingsprodukte word beperk.
• Die gebruik van kapitaaltoerusting – uitlaai geskied dikwels in tye wanneer die boerdery-aktiwiteite die gebruik van alle trekkers en arbeid benodig.

Volgens Senwes Grainlink is dit nie werklik die moeite werd om jouself, met al die risiko’s wat reeds aan graanboerdery gekoppel word, ook aan die bogenoemde risikofaktore bloot te stel vir ’n besparing van R14 per ton per jaar* nie.

Plaas jou graan in die kundige en veilige hande van Senwes Grainlink, sodat jy kan fokus op jou boerdery en jou naweke en vakansies kommervry kan geniet, terwyl Senwes Grainlink na jou graanopberging omsien.
* Geen rente bereken.

Nic Schulenburg is die Assistent Hoofbestuurder: Graan¬bedryf by Senwes Grainlink. Skakel hom by (018) 632-4776 of stuur 'n e-pos na [email protected]  vir meer inligting oor die silobedryf.


Foto 1: Senwes Grainlink bied jou verskillende opbergingsopsies.


Foto 2: Die uitlaai van graan word ook deur Senwes hanteer.