ROOIVLEISBEDRYF KAN
VOORDEEL TREK UIT SOKKERW�RELDBEKER
FEBRUARIE 2010
2010 is in Suid-Afrika sinoniem met een groot gebeurtenis � die FIFA W�reldbeker Sokkertoernooi! Maar wat is die invloed wat die sokkerw�reldbeker op die landbou gaan h�?
In hierdie artikel:
�
Ondersteuners kuier vir �n kort periode
�
Ondersteuners en hul gesinne kuier saam
� Ondersteuners
reis in groepe
� Varkvleis die
voorkeur vleis
� Voordelig vir
rooivleisbedryf
Volgens die Buro vir Voedsel- en
Landboubeleid (BFAP) is die enigste noemenswaardige invloed wat
deur die landbou-omgewing ervaar sal word, in die vleisbedryf.
BFAP het vier moontlike scenario�s ontwikkel, wat die
rooivleisbedryf in �n mindere of meerdere mate sal be�nvloed en
grotendeels afhang van die eetgewoontes van die verbruikers wat
Suid-Afrika in die tydperk van die sokkerw�reldbeker gaan besoek.
Die samestelling van buitelandse besoekers � en hul eetgewoontes
� sal grotendeels die impak op die witvleis- teenoor die
rooivleisbedryf bepaal. Die hoeveelheid kaartjies wat aan die
onderskeie lande verkoop word, kan dien as �n aanduiding van di�
samestelling.
Die moontlikheid dat alle beskikbare kaartjies verkoop gaan
word, met tussen 300 000 en 500 000 besoekers wat na Suid-Afrika
gaan stroom, is steeds daar, ten spyte van die negatiewe invloed
wat die onlangse ekonomiese krisis op w�reldstede gehad het.
Daar word verwag dat die oorgrote meerderheid besoekers van
lande soos Amerika, Australi�, Duitsland, Itali�, Frankryk,
Nederland en Engeland sal wees.
Amerikaners het oor die algemeen �n voorkeur vir beesvleis,
gevolg deur varkvleis en dan pluimvee, terwyl die Duitsers ho�
volumes varkvleis verbruik. In Brittanje is daar �n gemiddelde
verbruik van bees- en varkvleis, met relatiewe ho� verbruik in
pluimvee. Italianers verkies varkvleis, met �n gemiddelde
verbruik van beesvleis en pluimvee.
Australi� en Brasili� se syfers toon �n ho� verbruik van
beesvleis, terwyl beide Frankryk en Nederland se
varkvleisverbruik hoog is.
Na verwagting sal besoekers meestal wegneemetes nuttig en dus
sal daar nie �n groot impak op die kleinhandelbedryf wees nie.
Besoekers behoort tussen 10 en 20 dae in Suid-Afrika te spandeer.
Gedurende die vorige toernooi, wat in Duitsland gehou is, het
besoekers ongeveer �280 per dag spandeer en daar word verwag dat
hulle vanjaar �n soortgelyke bedrag sal spandeer, terwyl
ongeveer 250 gram vleis per persoon per dag gebruik sal word.
Ondersteuners
kuier vir �n kort periode
In een van die scenario�s wat deur BFAP geskets word, word daar
gekyk na die impak op die rooivleisbedryf indien ondersteuners
alleen na Suid-Afrika reis en gevolglik slegs vir �n kort
periode bly.
Hierdie besoekers sal vleis van �n ho� gehalte wil eet.
Wegneemetes sal dus gewild wees. Daar word verwag dat sowat 164
ton ekstra beesvleis en 23 ton ekstra lamsvleis in di� geval
verbruik sal word.
Ondersteuners en hul gesinne kuier saam
Sou die ekonomiese situasie in die w�reld noemenswaardig
verbeter, kan ondersteuners dwarsoor die w�reld besluit om ook
hul gesinne saam te bring na die sokkerw�reldbeker. Meer
besoekers per groep sal na verwagting tot langer vakansies lei.
Daar word aanvaar dat rooivleis die voorkeurvleisproduk van
buitelandse toeskouers is en dat gastehuise die voorkeurverblyf
van die toeskouers sal wees. Die aanvraag na vars
rooivleissnitte sal dus styg. �n Algemene verhoogde aanvraag na
vleis lei ook tot �n verhoogde invoer van verwerkte snitte.
In hierdie geval word verwag dat 875 ton bykomende beesvleis
verbruik sal word en 67 ton lamsvleis.
Ondersteuners reis in groepe
Waar ondersteuners die toernooi alleen bywoon en in groepe saam
met vriende reis, sal die totale aantal besoekers aan
Suid-Afrika minder wees as wanneer hulle byvoorbeeld saam met
hul gesin hierheen reis. Vir hierdie groep sal die fokus steeds
op ho� gehalte rooivleis wees, maar die algemene prysimpak sal
laer wees.
Varkvleis die
voorkeurvleis
In �n scenario waar heelwat Europe�rs Suid-Afrika besoek, sal
varkvleis die voorkeurvleis wees, wat die grootste impak op die
varkvleisbedryf het. Dit kan egter gebeur dat hierdie besoekers
besluit om ander vleissoorte ook op die proef te stel.
Voordelig vir
rooivleisbedryf
Al vier moontlike scenario�s sal tot voordeel van die
rooivleisbedryf wees, omdat die rooivleisverbruik in ieder geval
gaan styg. Rooivleisverbruik sal met tot 22 535 ton verhoog met
die hoogste getal besoekers wat oornag, terwyl die kleinste
getal rooivleisverbruik met tot 760 ton sal laat toeneem.
Me Tina Joemat-Petterson (Minister van Landbou, Bosbou en
Vissery) het produsente gemaan om die geleenthede wat die
toernooi bied, aan te gryp. �Laat ons seker maak dat daar
voedselsekuriteit is. Laat ons geen kos invoer nie, maar net die
beste produkte wat in Suid-Afrika beskikbaar is, aan besoekers
voorsit,� het sy ges�.
Volgens Johannes M�ller (President: Agri SA) bied die
sokkerw�reldbekertoernooi aan landbou die ideale geleentheid om
reklame te doen � op ons eie voorstoep!
Elmarie Cronje is die Redakteur van Senwester. Stuur �n e-pos
aan [email protected]
of skakel haar by (018) 468-2716.