DIE BELANGRIKHEID VAN
WEERSTANDSTELING VIR DIE KORINGBEDRYF
FEBRUARIE 2010
Is jy op soek na �n weerstandbiedende kultivar wat homself teen die nadelige effek van koringroes kan beskerm? Sensako se nuwe dro�land winterkoringkultivar vir die Vrystaat, SST 356, is dalk net die kultivar vir jou.
In hierdie artikel:
�
Figure
In Suid-Afrika speel koringroes �n
belangrike rol wanneer daar bepaal moet word of koring
winsgewend verbou kan word. �n Demper word gewoonlik op
koringproduksie geplaas wanneer �n jaar baie gunstig vir die
ontwikkeling en verspreiding van roesswamme is.
Plaaslik kom daar drie tipes koringroes voor, naamlik
stam-,blaar- en streeproes (sien Figuur 1). Die
koringroestipe wat die Vrystaat se winterkoring gewoonlik die
meeste kniehalter, is streeproes. Streeproes (ook bekend as
geelroes) se naam is afgelei van die manier waarop die
roespuisies lini�r op die blaaroppervlak gerangskik is (sien
Figuur 2).
Streeproes is �n koue-weer-roestipe wat by baie lae temperature
van tussen 0�C - 13�C koring kan besmet. Verder benodig
streeproes normaalweg ook vogtige omstandighede om optimaal te
ontwikkel. Die toestande wat die afgelope seisoen geheers het,
was dus ideaal vir die ontwikkeling en verspreiding van
streeproes in die Vrystaat-gebied. Met die goeie lentere�n wat
gevolg het, het streeproes gefloreer.
Streeproes het �n nadelige invloed op beide die kwaliteit en die
opbrengs van koring, aangesien die aantal halms per plant minder
is, minder en kleiner pitte per aar gevorm word en pitte met �n
lae massa voorkom. Die planthoogte, stamdikte en
wortelontwikkeling word ook nadelig geaffekteer.
Die belangrikheid van weerstandsteling word beklemtoon deurdat
�n weerstandbiedende kultivar homself kan beskerm teen die
nadelige effekte van streeproes, teenoor �n vatbare kultivar wat
nie oor voldoende weerstand beskik nie. Vatbare streeproes
koringkultivars word, ten opsigte van die vermindering van die
totale aantal halms per plant, of �n verlaging in
blaaroppervlakte, benadeel.
Die vermindering van blaaroppervlakte word deur die blaar, wat
totaal bedek word deur die vorming van die lini�re
streeproespuisies, teweeggebring. Dooie blare beskik nie oor die
vermo� om te fotosinteer nie, omdat sulke blare minder chlorofil
bevat. Die blaarmassa tree op as die energiebron of fabriek van
�n koringplant en daarom is enige demping daarvan problematies
vir �n goeie oes.
Met bogenoemde in gedagte is die aanplanting en verbouing van �n
weerstandbiedende kultivar dus van kardinale belang wanneer dit
by oessekerheid en die verlaging van insetkoste kom. Sensako se
nuwe dro�land winterkoringkultivar vir die Vrystaat, SST 356,
beskik oor uitstekende geelroesweerstand, in kombinasie met
goeie agronomiese- en opbrengseienskappe (sien Figuur 3).
In Figuur 4 word die huidige seisoen (2009) se
opbrengsdata vanaf Sensako se proewe in die sentraal-Vrystaat
grafies voorgestel. Die data is in die belangrikste
koringverbouingsareas in die sentraal-Vrystaat versamel. Hieruit
is dit duidelik dat SST 356 goed meeding en beter doen as die
huidige beskikbare kommersi�le opposisie-kultivars.
SST 356 se geelroesweerstandbiedendheid is uitnemend wanneer dit
met ander bekende kommersieel-verboude kultivars in die Vrystaat
vergelyk word. In Figuur 5 word SST 356 (links) se
geelroesweerstand met �n bekende kommersi�le kultivar (regs)
vergelyk. Die regterkantste kultivar se blare is totaal met
streeproes bedek, waar SST 356 (links) se blaaroppervlak nog
heeltemal groen is.
Streeproes is �n verpligte parasiet, wat beteken dat dit op
lewendige gasheerweefsel moet parasiteer om te kan oorleef. Dus
sal streeproes die koringplant selde heeltemal vernietig,
aangesien dit van die koringplant vir koolhidrate en ander
voe-dingstowwe afhanklik is. Sodra �n koringkultivar vatbaar
word, sal streeproes die plant infekteer en daarop parasiteer
deur in te tap by die translokasiestroom wat koolhidrate vanaf
die blare en ander stoororgane na die are vervoer. Die
parasitering van streeproes op die koringplant het �n
aansienlike effek op die uitein-delike opbrengs. Die
geproduseerde koolhidrate kan nie ten volle deur die plant vir
graanvuldoeleindes benut word nie, wat �n oesverlaging
teweegbring.
Behalwe dat streeproes �n groot effek op die translokasiestroom
van koolhidrate aan die aar het, het dit ook �n wesenlike effek
op die fotosinteseproses, soos in Figuur 6, waar omtrent
80% van al die blare aan die regterkant met streeproes (geel)
oortrek is, gesien kan word. In di� foto is die fotosintetiese
kapasiteit van die ge�nfekteerde blare aansienlik verminder en
kan dit dus nie meer tot die produksie van koolhidrate bydra nie.
Al di� faktore kan �n vatbare kultivar se oesvelies as gevolg
van streeproes aansienlik be�nvloed, in vergelyking met �n
weerstandbiedende kultivar, soos SST 356.
Verdere voordele wat �n weerstandbiedende kultivar vir die
produsent inhou, is �n verlaging in insetkoste. SST 356 hoef nie
met swamdoders gespuit te word nie, aangesien die
weerstandsmeganisme wat in die kultivar ingebou is, enige groei
van streeproes hokslaan.
Koringroes verander soos omgewingstoestande verander. Die
vrystelling en verbouing van weerstandbiedende kultivars kan
veroorsaak dat koringroese onder geweldige druk geplaas word om
te oorleef, omdat groot oppervlaktes met �n kultivar geplant
word waarop die siekte nie kan voed nie. Die geweldige
seleksiedruk wat op die koringroes geplaas word om te oorleef,
forseer dit dan om te verander en die weerstandsmeganisme van
die nuwe weerstandbiedende kultivar te oorkom om weer die plant
te parasiteer.
Die natuurlike evolusion�re proses van broodkoring is te stadig
om �n voorsprong oor die potensi�le verandering van koringroese,
te behou. SST 356 benadruk ook die noodsaaklikheid van �n
plaaslike teelprogram om kultivars wat weerstand teen siektes en
plae bied, te ontwikkel. Met dit in gedagte, is dit van
kardinale belang dat Suid-Afrika oor goeie koringteelprogramme
beskik. Sodoende kan sterker agrono-miese weerstandbiedende
kultivars ontwikkel word, wat �n volhoubare koringbedryf kan
verseker.
Stephan de Groot is van Sensako. Stuur �n e-pos aan
[email protected]
indien jy hom wil kontak.
Figure
Figuur 1: a. streeproes.
Figuur 1:b. stamroes.
Figuur 1:c. blaarroes.
Figuur 2: Lini�re verspreiding van streeproes se sporulering op
die blaar.
Figuur 3: Land van SST 356 naby Clocolan; 12 November 2009.
Figuur 4: Kultivardata van Sensako se koringproewe in
sentraal-Vrystaat tydens die huidige koringproduksieseisoen van
2009.
Figuur 5: SST 356 aan die linkerkant en �n bekende kommersi�le
koringkultivar aan die regterkant. Let op die verskil in
groenblaar-oppervlakte tussen die twee, waar die kultivar regs
omtrent geen groenblaaroppervlak meer oor het nie, maar SST 356
steeds sy volle groenblaaroppervlak het as gevolg van sy
weerstandigheid vir streeproes.
Figuur 6: Die geelblare wat besmet is met streeproes kan nie
meer fotosinteer nie en die meeste van die voedingstowwe wat vir
translokasie vir die aar bedoel is, word nou deur die streeproes
op die blare benut.