DIE AARD EN VOORDEEL VAN
PRESISIEBOERDERY
FEBRUARIE 2010
Die tegnologiese vooruitgang wat deur presisieboerdery gebied word, kan �n noemenswaardige verskil maak aan die volhoubaarheid en winsmarge van �n saaiboerdery.
In hierdie artikel:
�
Verwysing
� Figure
Presisieboerdery is �n kombinasie van
tegnologie wat produsente in staat stel om kunsmis en ander
insetmiddele meer terrein-spesifiek toe te dien as wat voorheen
op grootskaal prakties haalbaar was. �n Kombinasie van die
volgende tegnologie kan hiervoor gebruik word:
� Die globale posisioneringstelsel (GPS), wat deur middel van
satelliete wat om die aarde wentel, werk;
� Gerekenariseerde geografiese inligtingstelsels (GIS), wat in
staat is om gedetailleerde kaarte te maak uit die gekombineerde
inligting van �n verskeidenheid grondchemiese en -fisiese
inligting, asook opbrengskartering; en
� Veranderlike toedieningstegnologie, waar die tempo van kalk,
gips, kunsmis, saad en chemiese middels veranderlik toegedien
kan word.
Grondeienskappe op een deel van �n land kan verskil van �n ander
deel van dieselfde land, met gevolglike verskillende
bestuurseienskappe vir die verskillende dele. Tot en met die
koms van bogenoemde tegnologie, het die meeste produsente
noodgedwonge die verskillende dele eenders behandel, ongeag die
grondfisiese en -chemiese verskille wat binne lande voorkom. Om
die verskille wat voorkom volgens �gemiddelde� waardes te
bestuur, gaan met oneffektiwiteit gepaard en die ware
opbrengspotensiaal word nie ontsluit nie. Hierdie praktyk van
gemiddelde bestuur hef nie, waar nodig, beperkende
opbrengsfaktore op nie en die verskillende dele kan �f te min,
�f onnodig te veel van �n voedingstof of grondverbeteraar kry.
Een benadering tot presisieboerdery is om �n land in selle op �n
ruitpatroon op te deel, met elke sel gewoonlik een of twee
hektaar in grootte. S�, byvoorbeeld, word �n land van 80 hektaar
in 80 geografiesverwysde punte opgedeel, vir �n een hektaar
ruitpatroon-opname. By elke opnamepunt word grondmonsters getrek,
grondprofiel-beskrywings gedoen en terreineienskappe aangeteken.
Nadat die chemiese resultate van die grondlaboratorium ontvang
is, kan kaarte wat die ruimtelike verspreiding van die
grondchemiese aspekte aantoon, met behulp van
rekenaarprogrammatuur gemaak word. Een kaart kan dus nou gebiede
wys met lae, medium en ho� grondfosfaatvlakke en �n ander kaart
dieselfde vir pH en die persentasie suurversadiging. Figuur 2
is �n voorbeeld van �n persentasie suurversadigingskaart. Die
drumpelwaarde vir optimale produksie verskil tussen gewasse se
suurverdraagsaamheidsvermo�. Vir volhoubare ekonomiese produksie,
is die ideaal om die persentasie suurversadiging na nul toe te
bestuur.
Kaarte van ander inligting en ruimtelike veranderlikes � soos
grondvorm, effektiewe gronddiepte, waterhouvermo�,
terreinmorfologie, opbrengspotensiaal en opbrengsgeskiedenis �
word ook met die programmatuur geproduseer. Figuur 3 is �n
voorbeeld van �n effektiewe gronddieptekaart. Daar is meestal �n
korrelasie tussen effektiewe gronddiepte en opbrengs, met die
gevolg dat die opbrengspatrone dieselfde behoort te wees as di�
van die effektiewe gronddieptekaart.
Nadat �n landboukundige al die nodige data ontleed het, kan
aanbevelings gemaak word, sodat aanbevelingskaarte geskep kan
word. Die beginpunt is natuurlik om grondsuurheid en ander
wanbalanse eers op te hef, anders kan die gewenste effek van die
veranderlike toediening van kunsmis nie verwag word nie.
Die beginsel is basies dat die aanbevelings omskep word in
elektroniese aanbevelingskaarte. Hierdie aanbevelingskaarte word
op die taak-rekenaar van die trekker gelaai, wat toegerus is met
die nodige harde- en sagteware vir veranderlike toediening. S�
kan dele wat uitgewys is as laag in fosfaat met �n ho�r
toediening van fosfaat-kunsmis bemes word, terwyl dele wat hoog
in fosfaat ontleed het, minder fosfaat-kunsmis kry. Soortgelyk
kan stikstof in gebiede met �n laer opbrengspotensiaal verminder
word en vermeerder word op dele met �n ho�r potensiaal.
Die rekenaar gee seine aan motors op die toediener of
kalkstrooier om die tempo van toediening te verhoog of te
verlaag soos wat dit op die toedieningskaart voorkom, terwyl die
GPS-ontvanger die posisie bepaal. Die gedagte agter die beginsel
is om beide oortoediening op gebiede met �n ho�
vrugbaarheidstatus te verminder (spaar van geld) en ook
ondertoediening op gebiede met �n lae vrugbaarheidstatus (maak
van geld deur �n ho�r opbrengs te lewer) te voorkom. Die totale
hoeveelheid kunsmis of kalk wat s� toegedien is, verskil meestal
nie veel van die hoeveelhede wat in die verlede toegedien is nie
en kan selfs minder wees, maar die toedieningshoeveelhede is
meer in pas met die plant se behoeftes.
Gewoonlik dink �n mens eers aan besparing op di� kolle wat
tradisioneel te veel bemes is, maar �n groot voordeel wat
dikwels misgekyk word, is dat die ho�r potensiaal dele ook beter
presteer omdat dit nou genoegsame voeding ontvang.
Stroperopbrengskaarte word as �n baie gewilde hulpmiddel beskou,
omdat die werklike opbrengsreaksie van gewasse onder
verskillende klimaatstoestande meetbaar word en aan bepaalde
grondchemiese en -fisiese eienskappe gekoppel kan word. Hierdie
opbrengskaarte wys dat die opbrengste meer varieer as wat �n
mens met die oog kan waarneem. In sommige dele van �n land, kan
opbrengsvlakke maklik twee tot drie keer so hoog wees as in
ander dele van die land. Deur die opbrengskaarte en die
voedingstatuskaarte van die grond oor mekaar te l�, kan bepaal
word tot watter mate voedingstekorte die opbrengs beperk. Ander
probleme, soos grondfisiese eienskappe, kan ook aan die lig
gebring word.
Hierdie gerekenariseerde GPS-gebaseerde sisteme is relatief duur
in terme van die toerustingkoste en die koste om die nodige
inligting te versamel. Die volle spektrum van veranderlike
toerusting mag miskien nog nie ekonomies haalbaar wees vir alle
boerdery-eenhede nie.
Nogtans moet dit nie as afskrikmiddel dien nie, aangesien daar
baie goeie gebruikswaarde uit die konsep verkry kan word sonder
om baie geld aan elektronika te bestee. Deur �n bietjie ekstra
moeite te doen, kan die verskillende sones uitgemerk word en met
nie-veranderlike toerusting en verskillende kalibrasies steeds
anders behandel word. Die gebruiker moet besef dat hierdie
metode nie dieselfde resultaat sal lewer as gerekenariseerde
toedienings nie, maar dit is al �n groot verbetering.
Senwes GIS en grondkarteringsdienste staan gereed om jou met die
insameling van grondfisiese en -chemiese inligting, asook die
produksie van kaarte, te help. Die volgende persone kan by die
grondkarteringsafdeling vir navrae geskakel word: Jacques
Odendaal (Grondtegnoloog: Bultfontein) by 083 458 1296; Jasper
Dreyer (Grondkundige: Klerksdorp) by 082 801 7622; Koos van
Rensburg (Grondtegnoloog: Hartbeesfontein) by 083 440 1496 of
Almero Olwagen (Grondkundige: Bothaville) by 083 320 0599.
Verwysing
BRADY, N.C. & WEIL, R.R.: 2008. The nature and properties of
soils. 14th edition. Upper Saddle River: Pearson Prentice Hall.
Bernard Muller is Bestuurder: Akkerbou en Grondkartering en
Jasper Dreyer is �n Grondkundige by Senwes Landboudienste. Vir
meer inligting, stuur �n e-pos aan
[email protected]
of [email protected]
; of skakel Bernard by (057) 354-2126 of Jasper by 082 801 7622.
Figure
Figuur 1: Skematiese voorstelling van die gebruik van GPS
en GIS in presisieboerdery.
Figuur 2: Voorbeeld van �n persentasie suurversadigingskaart.
Figuur 3: Voorbeeld van �n effektiewe gronddieptekaart.