GEDIVERSIFISEERDE BOERDERY
�N AANWINS VIR VROUEPRODUSENT VAN DIE JAAR
FEBRUARIE 2010
Christa Grey is in verlede jaar as wenner van die Vroueprodusent van die Jaar-kompetisie, aangebied deur die Departement van Landbou, in die kategorie vir Nasionale Markte, aangewys. Senwester het saam met hierdie vooraanstaande vroueprodusent op haar plaas in die Derby-distrik gaan kuier.
In hierdie artikel:
� Kompetisie
daarop gemik om vroueprodusente te bemagtig
� SAVLU �n
gedugte organisasie
� Struktuur
�
Uitreikingsgeleenthede
� Foto�s
Met die afsterwe van Christa se man, Jan
Grey, in 1994, is di� lid van die Derby Vroue Landbou-unie met
�n moeilike keuse gelaat. Nie net sou hierdie toekomsbesluit
haar familie be�nvloed nie, maar ook die lewens van die werkers
op die plaas.
�Ek het saam met Jan vir 23 jaar op sy erfplaas, Wolvengat,
geboer. Hy het my altyd in sy boerderysake geken en daarom was
ek reeds vertroud met die boerdery. My drie dogters, Leona,
Simon� en Laurika het toe reeds hul universiteitstudies voltooi
en was selfversorgend. Daarom het ek besluit om, met die hulp
van Wilhelm Claassen, wat nou my skoonseun is, met die boerdery
voort te gaan,� vertel Christa.
Tans het Christa twee plaasbestuurders, Wilhelm en Dirk Kruger,
sowel as 15 permanente plaaswerkers. Die dag-tot-dag bestuur van
die plaas word grotendeels in die hande van Christa se
plaasbestuurders gelaat, maar Christa is steeds betrokke in die
besluitnemingsproses en bespreek gereeld plaassake met hulle.
Die grootste gedeelte van Christa se boerdery bestaan uit
mielies (beide wit en geel), maar die boerdery is goed
gediversifiseer, met sonneblomsaad, kommersi�le sonneblom,
sojabone en graansorghum wat ook aangeplant word. Volgens
Christa het die verskeidenheid gewasse wat sy aanplant sekerlik
in haar guns getel met die beoordeling van die kompetisie.
�Daar is spesifieke kriteria waaraan voldoen moet word binne die
kompetisie, onder andere dat jy �n vrou moet wees, dat die
boerdery in jou naam geregistreer moet wees en dat jy �n lening
by Landbank moet h�, wat goed bestuur word. �n Paneel van
beoordelaars kyk ook na die profiel van die boerdery. �n Mens
word genomineer om aan die kompetisie deel te neem en daar is
verskillende kategorie�. Ek is as wenner van die kategorie vir
Nasionale Markte aangewys,� vertel Christa �n bietjie meer oor
die kompetisie.
Christa is deur die Bojanala Departement van Landbou in kennis
gestel dat sy vir die kompetisie genomineer is, waarna baie
gesprekke gevolg het en inligting deurgegee moes word. Besoeke
is op die plaas afgel� en in Augustus 2009 het �n groep van
vyftien persone, elkeen verteenwoordigend van �n departement (onder
anderde Landbou, Jeug, Plaaslike Munisipaliteite en Bemarking)
Christa besoek. �n Verteen-woordiger van Total, wat as hoofborg
van die kompetisie opgetree het, was ook daar. Met die besoek
agter die rug is Christa teen einde 2009 in kennis gestel dat sy
as wenner van haar afdeling aangewys is en �n trofee, sowel as
�n kontantprys, is aan haar oorhandig.
�Die kompetisie word gere�l om plattelandse vroueprodusente aan
te moedig om selfversorgend te wees, ho�r doelwitte te bereik en
ook �n plek van erkenning in die landbou te beklee. Dit poog om
vroue op te hef,� het Christa verder vertel.
Christa se boerdery bestaan egter nie net uit �n saaigedeelte
nie. As �n boerderyvertakking speel die kommersi�le Santa
Gertrudis-beeskudde �n groot rol in die volhoubaarheid van die
boerdery. Die speenkalwers word bemark en daar is onlangs begin
met kruisings met die Romagnola-ras. Di� kruisings word met
kunsmatige inseminasie (KI) bewerkstellig.
�Die ho�r insetkoste wat produsente deesdae die hoof moet bied,
maak diversifikasie noodsaaklik. Boerdery het absoluut �n
besigheid geword, daarom is dit noodsaaklik dat die graanmarkte
elke dag gevolg moet word,� het Christa ges�.
Die grootste risiko wat die boerdery vir Christa inhou, is die
natuur. Daarom verklaar sy onomwonde dat sy nie sonder
versekering boer nie.
As lid en aandeelhouer van Senwes, doen sy haar aankope by die
Senwes Village op Ventersdorp.
Christa se trekkervloot bestaan hoofsaaklik uit John Deere�s en
trekkers en implemente word oor tyd aangevul, wanneer en soos
nodig.
Die lekkerste lekker van boerdery is, volgens Christa, wanneer
dit gere�n het en jy jou beplanning tot uitvoer kan bring. Sy
vertel ook dat haar gunsteling ding om te doen is om vroegoggend
in haar bakkie te klim en by die watergat te gaan sit om die
diere dop te hou.
Behalwe vir die boerdery, is Christa ook baie betrokke by die
Noordwes Vroue Landbou-unie. Sy is �n spysenier by die kerk en
verskaf gereeld verversings by die beesveilings op Derby.
Gemeenskapswerk is ook vir haar �n prioriteit en twee tot drie
keer per jaar lewer sy �n bydrae by die Koster-tehuis.
Haar oudste dogter, Leona, is �n ouditeur, terwyl die middelste
dogter, Simon�, op die plaas by haar woon. Haar jongste dogter
bly in Derby, waar sy en haar man �n antiekwinkel en �n slaghuis
besit.
�Met die boerdery saam, was daar goeie jare, maar ook moeilike
jare � min re�n, swak graanpryse, ho� insetkoste � maar ek is
steeds op die plaas,� vertel Christa. En as �n mens mooi luister,
kom jy agter dat dit is waar sy die graagste wil wees.
Kompetisie daarop gemik om
vroueprodusente te bemagtig
Die Vroueprodusent van die Jaar-kompetisie is in 1999 deur die
Nasionale Departement van Landbou ge�nisieer. Volgens die
Departement, is die doel van die kompetisie om vroue in landbou
te bemagtig deur hul bydraes te erken en hul sigbaarheid te
verbeter.
Daar is vyf kategorie� waarin vroueprodusente kan deelneem,
naamlik: Beste Produsent vir Uitvoermarkte; Beste Produsent vir
Nasionale Markte; Beste Produsent vir Informele Markte; Beste
Produsent vir Huishoudelike Gebruik � Agterplaas Groentetuine;
en Beste Produsent vir Huishoudelike Gebruik � Gemeenskaplike
Groentetuine.
In die kategorie Beste Produsent vir Nasionale Markte, waar
Christa Grey as wenner aangewys is, het die volgende kriteria
gegeld:
� Moet �n produsent of produsentegroep in eie reg wees;
� Wys �n mate van vernuwing en kreatiwiteit in die verbetering
van bestaande boerderysisteme;
� Produseer vir nasionale markte � met produkte wat oor
provinsiale grense versprei word of deur nasionaal erkende
besighede verhandel word;
� Verbind tot die beskerming van natuurlike hulpbronne en die
volhoubaarheid van hierdie hulpbronne; en
� Demonstreer goeie bestuursvermo� en vernuwing in finansi�le
bestuur.
Inligting uit �n dokument saamgestel deur die Nasionale
Departement van Landbou.
SAVLU �n gedugte organisasie
Deur die afgelope 75 jaar, het die Suid-Afrikaanse Vroue
Landbou-unie (SAVLU) vroue oor kulturele grense heen regoor die
land met mekaar verbind en opleiding en ontwikkeling verskaf.
Die Suid-Afrikaanse vroue het, soos die tye verander, die
voorskoot verruil vir beplanning rondom ekonomiese tydsbestuur,
identifisering van behoeftes, bestuur van finansies, ekonomiese
groei en ontwikkeling � alles in �n ge�ntegreerde omgewing.
Die SAVLU is die nasionale, samebindende organisasie van
vroue-organisasies wat uit landbou ontstaan het. Dit is een van
die grootste vroue-organisasies in Suid-Afrika, met meer as 14
000 lede in Suid-Afrika en Namibi�. Die organisasie is in 1931
gestig en as �n sambreel-organisasie, tree dit op in belang van
vroue in Suid-Afrika.
Die SAVLU se grondwet spel dit duidelik uit: �...om die
samestellende vroue-organisasies te ko�rdineer en om as skakel
tussen hulle en die Regering, asook ander organisasies in
Suid-Afrika of die buiteland, op te tree.�
Volgens die SAVLU se missie, is dit �n opvoedkundige organisasie
wat geleenthede tot verruiming aan vroue met dieselfde waardes
bied, sodat hulle �n bydrae kan lewer tot, en daadwerklike
aandeel kan h� aan die ontwikkeling van ons land.
Struktuur
Die SAVLU bestaan uit nege provinsiale organisasies, elkeen met
�n hele aantal takke wat in streke binne die provinsie
gegroepeer is. Elke tak het �n bestuurskomitee en �n president,
vise-president, sekretaresse en tesourier. Elke streek binne die
provinsie, sowel as elke provinsiale organisasie, het �n
soortgelyke bestuurstruktuur.
Lede geniet �n groot aantal opleidingsgeleenthede en
inligtingsessies, alles gemik op die verbetering van kennis en
vaardighede. Kompetisies word op alle vlakke aangebied om lede
aan te moedig om hul kennis te verbeter en vaardighede te toets.
Uitreikingsgeleenthede
Hoewel die SAVLU nie �n welsynsorganisasie is nie, is hul lede
betrokke in �n verskeidenheid van gemeenskapsopheffingsprojekte.
Van hierdie projekte sluit in: �n sopkombuis vir ouer mense,
kosgee-projekte vir skoolkinders, gemeenskaplike groentetuine,
skoonmaak-operasies, ko�rdinering van die bou van
gemeenskapskli-nieke, vakansiekampe vir minderbevoorregte
kinders, die maak van klere vir ouer mense en minderbevoorregtes,
die brei van speelgoed, komberse en hoede vir kinders wat
chemoterapie ontvang en die toekenning van beurse aan
verdienstelike kinders.
Inligting uit www.savlu.org
Elmarie Cronje is die Redakteur van Senwester. Stuur �n e-pos
aan [email protected]
of skakel haar by (018) 468-2716.
Foto�s
Foto 1: Christa en haar plaasbestuurder, Wilhelm Claassen,
verbou groten-deels mielies in hul boerdery.
Foto 2: Sojabone maak ook �n deel uit van di� gediversifiseerde
boerdery.
Foto 3: Christa Grey (VLU Suid-Derby-tak in die Platinastreek en
Vroueprodusent van die Jaar), Alta van Aardt (Voorsitter:
Platinastreek en eerste Vise-president van Noordwes VLU), Louise
Smith (voormalige Streeksvoorsitter VLU) en Magdie de Kock (voormalige
President van Mpumalanga VLU)
Foto 4: Christa se beesvertakking speel �n belangrike rol in
haar boerdery.
Foto 5: Een van Christa se voorliefdes is porselein en sy koop
graag stukke wat vir haar mooi is, aan wanneer sy reis.