Wanneer moet ek mielies plant?
OKTOBER 2009
Om �n goeie oes met ho� opbrengs te verseker, is daar sekere besluite wat produsente moet neem. Dit is veral moeilik om te besluit wanneer die beste tyd is om mielies te plant. Om hierdie besluit makliker te maak, moet �n paar faktore in ag geneem word.
In
hierdie artikel:
�
Waterverbruik van die
mielieplant
�
Hitte-eenhede
�
Hoe word hitte-eenhede bepaal?
�
El Ni�o en re�nval
�
Wat is die effek van El Ni�o in
Suid-Afrika?
� Wanneer is
die beste tyd om te plant?
� Praktiese
punte wat die plantdatum bepaal
� Wat gebeur
tydens bestuiwing?
� Verwysings
� Figure
Van die belangrikste bestuursbesluite
behels kultivarkeuse en �n gepaste plantdatum � veral in die
westelike produksiegebiede. Onder dro�landtoestande is die
periode waartydens die mielieplant baard stoot en stuifmeel
stort (die bestuiwingstydperk) van uiterste belang.
In die koeler oostelike gebiede is die prim�re faktor wat in ag
geneem moet word voordat daar op �n plantdatum besluit word, die
hoeveelheid hitte-eenhede wat deur die mielieplant benodig word.
Die westelike produksiegebiede loop die risiko vir �n moontlike
midsomer-droogte tydens die blom- en graanvullingstadium van die
mielieplant en dit moet in ag geneem word.
Waterverbruik van die
mielieplant
Mielies se waterbehoefte is aanvanklik baie laag. Tydens
bestuiwing word die maksimum waterbehoefte bereik, waarna dit
weer begin afneem tot by die fisiologiese rypwording.
Jong mielieplantjies is uiters gevoelig vir droogte in terme van
blaar- en stamontwikkeling en indien die plant in hierdie
stadium vir �n paar dae onder stremming verkeer, sal dit �n
kleiner plant tot gevolg h�. �n Kleiner mielieplant sal onder
dro�landtoestande relatief min opbrengsverliese tot gevolg h�,
mits die stremming nie oor �n te lang tydperk duur nie.
Die gevoeligheid van die mielieplant vir grondwaterstremming
gedurende die groeiseisoen word in Figuur 1 aangetoon.
Hitte-eenhede
Temperatuur speel �n belangrike rol in die fotosintese-tempo van
die plant. Navorsing toon dat die ideale temperatuur vir die
mielieplant se ontwikkeling ongeveer 300C is. Die
fotosintese-proses kom by temperature van onder 60C en bo 450C
tot stilstand en geen fotosintaat (suiker) word in die plant
vervaardig nie. In uiterste gevalle kan die fotosintaat selfs
afgebreek word.
Hitte-eenhede het die grootste invloed op die tempo waarteen die
mielieplant ontwikkel. Indien daar nie genoeg hitte-eenhede is
nie, kan die plant nie van die een groeistadium tot die volgende,
meer gevorderde stadium ontwikkel nie. Dit is een van die redes
waarom laat aanplantings soms teleurstel met swakker as verwagte
opbrengste.
In die praktyk is dit belangrik vir die produsent om te kyk of
die kultivar wat aangeplant is, fisiologiese volwassenheid sal
bereik voordat daar ryp sal voorkom.
Hoe word hitte-eenhede
bepaal?
Die volgende formule is spesifiek vir mielies ontwikkel:
Hitte-eenhede = (Maksimum temperatuur + Minimum temperatuur �
100C) / 2
Die maksimum en minimum temperature word oor 24 uur gemeet. Die
twee getalle word bymekaargetel en deur twee (2) gedeel om die
gemiddeld te kry, waarna 100C afgetrek word. Dit is omdat daar
min of geen groei onder 100C plaasvind.
�n Temperatuur van 300C word as die maksimum temperatuur in die
berekening van hitte-eenhede gebruik. Temperature bo 300C word
ook as 300C geneem, omdat die plant nie vinniger groei as die
temperatuur byvoorbeeld 360C is nie.
Saadmaatskappye gebruik hierdie formule om die relatiewe aantal
dae tot 50% blom en fisiologiese rypwording van kultivars met
verskillende groeiseisoenlengtes vir warm en koeler
produksiegebiede te bepaal. Dit word verder ook gebruik om
kultivars in groeiseisoenlengte-klasse te verdeel, byvoorbeeld
ultra vinnig, vinnig, medium vinnig, medium en medium laat.
Gevolglik speel die groeiseisoenlengte van �n kultivar �n
belangrike rol in die kultivarkeuse en bepaling van die
plantdatum.
El Ni�o en re�nval
El Ni�o-toestande was gedurende Augustus 2009 teenwoordig, met
afwykings in die see-oppervlaktemperature in die Stille Oseaan
van tussen +0,50C en +1,50C (sien Figuur 2). Die
meerderheid modelle vir die Ni�o-3.4 indeks voorspel �n
versterking vir die indeks oor die volgende paar maande.
Hoewel daar verskillende standpunte is oor die uiteindelike
sterkte van die El Ni�o, voorspel die meeste modelle �n matige
tot sterk El Ni�o gedurende die Noordelike Halfrond se
2009/2010-wintermaande, wat natuurlik in ons somermaande val.
Wat is die effek van El
Ni�o in Suid-Afrika?
El Ni�o-toestande is nie vreemd nie en kom gemiddeld een uit
elke vier jaar voor. Dit gaan gewoonlik gepaard met redelike
goeie re�n, voordat die dro�r toestande intree. Tradisioneel
veroorsaak El Ni�o bogemiddelde winter- en lentere�n oor groot
gedeeltes van Suid-Afrika, met min re�n wat gedurende November,
Desember en Januarie kan voorkom.
Hierdie periode word gevolg deur gemiddelde tot bogemiddelde
re�n teen die einde van Januarie en groot gedeeltes van
Februarie, gevolg deur dro�r toestande gedurende Maart en April.
Die kanse vir �n midsomer-droogte is gevolglik redelik groot.
Graanprodusente wat goeie grondwaterbestuur doen � veral op
watertafelgronde � kan die re�nwater wat buite die groeiseisoen
val, opgaar. Dit sal hul risiko verlaag.
Grond met �n laer opbrengspotensiaal moet eerder nie tydens �n
El Ni�o-verskynsel geplant word nie. Gedurende hierdie
verskynsel is die kanse vir redelike vroe� ryp in die herfs baie
ho�r en die kanse vir ryp voor einde Maart tot 10 April is groot.
In Figuur 3 word die waarskynlikheid vir normale re�n
vanaf September 2009 tot Februarie 2010 aangetoon. In die
sentrale en westelike somerproduksiegebiede is die
waarskynlikheid vir normale re�n gedurende Januarie 2010 laag.
Wanneer is die beste
tyd om te plant?
Vroeg plant
Aangesien grondwatertoestande oor die algemeen goed is vir di�
tyd van die jaar (veral op watertafelgronde), kan �n vroe�
plantdatum oorweeg word. Die groeiseisoenlengte van kultivars
moet egter in ag geneem word. Die kanse vir �n misoes is skraal,
maar buitengewone ho� opbrengste is onwaarskynlik.
Plant normale tyd tot effens later
Verwagte goeie re�n gedurende Februarie kan voordelig wees.
Indien daar weens ongunstige toestande tydens planttyd nie
geplant kan word nie en laat geplant word (daar word verwys na
gedwonge later aanplantings), is die kanse vir rypskade groot.
Kultivar-aanpassings sal dus nodig wees. Daar kan veral gekyk
word na korter groeiseisoen kultivars. Hitte-eenhede kan ook in
die oostelike gebiede �n rol speel.
Versprei plantdatums
Die verspreiding van plantdatums behoort die laagste risiko in
te hou, maar die kanse is goed dat die gewasse van een van die
plantdatums sal onderpresteer.
Praktiese punte wat die
plantdatum bepaal
Wanneer daar op �n plantdatum besluit word, moet die volgende in
gedagte gehou word:
� Die groeiseisoenlengte van �n kultivar (hitte-eenhede in die
oostelike gebiede is belangrik);
� Die invloed van El Ni�o op die komende seisoen � verspreiding
van re�nval;
� Grondwaterstatus van watertafel- en marginale grond;
� Moontlike vroe� ryp;
� Een goeie re�nbui gedurende Januarie kan die prentjie
heeltemal verander; en
� El Ni�o is nie noodwendig gelykstaande aan droogte nie � neem
ingeligte en oordeelkundige besluite.
Wat gebeur tydens
bestuiwing?
Tydens bestuiwing van die mielieplant val stuifmeel op die
klewerige baard, ontkiem en groei af na die eiersel op die
stronk waar bestuiwing plaasvind. Die hele proses duur ongeveer
24 uur en dit word beskou as een van die vinnigste groeiprosesse
in die natuur. Die grondwatertoestande in die daaropvolgende
graanvullingsperiode is van die uiterste belang.
Verwysings
Ken die mielieplant: PANNAR.
Die rol van hitte-eenhede in kultivarkeuse: R. de Villiers (NWK).
El Ni�o is nie gelyk aan droogte: J. van den Berg (Santam
Landbou).
Risiko in landbou en klimaatsvooruitskouing vir landbou: J. van
den Berg (Santam Landbou).
www.cpc.noaa.gov (Climate
Prediction Center/NCEP/NWS).
www.LongPaddock.gld.gov.au
Gerrit Oosthuizen is �n Senior Akkerboukundige by Senwes
Landboudienste. Vir meer inligting, stuur �n e-pos aan
[email protected]
of skakel hom by (018) 462-8533 of 084 506 8791.
Figure
Figuur 1: Die gevoeligheid van die mielieplant vir
grondwaterstremming gedurende die groeiseisoen.
Figuur 2: Die gemiddelde afwyking in die see-oppervlaktemperatuur
(�C) in die Stille Oseaan vir die
periode 5 Julie 2009 tot 1 Augustus 2009.
Figuur 3: Die waarskynlikheid vir normale re�nval gedurende
September 2009 tot Februarie 2010 oor
Suid-Afrika, soos op 12 Augustus 2009