Bewaringsbewerking kan hulpbronne in jou boerdery beskerm
OKTOBER 2009
In �n poging om hulpbronne vir die toekoms te bewaar, ondersoek baie produsente die moontlikhede wat deur geenbewerking of minimum bewerking gebied word.
Volgens Kobus Lindeque (Besturende
Direkteur: Monsanto) gaan bewaringsbewerking oor boerdery
�sonder om die w�reld te verwoes�. Hy het tydens Monsanto se
bewaringsbewerkingskonferensie, wat in Augustus op NAMPO Park
naby Bothaville aangebied is, ges� dat Monsanto se doel die
volgende is: om teen 2030 produksie-opbrengste te verdubbel, om
meer te produseer met minder hulpbronne (soos water en energie)
en om produsente suksesvol te maak.
In hierdie verband is Monsanto besig met navorsing op kultivars
met �n droogtegeen.
Di� twee-dag konferensie het verskeie sprekers die geleentheid
gebied om produsente oor alle aspekte van bewaringsboerdery toe
te spreek. Aan die einde van beide dae is �n paneelbespreking
gehou, waar die sprekers en sommige produsente op die paneel
gesit het en vrae van produsente beantwoord het.
Tydens die tweede dag van die konferensie was daar ook �n
praktiese bespuiting- en waterkwaliteit-demonstrasie.
Dr Kobus Laubscher (Hoofbestuurder: Graan SA) was die eerste
spreker van die konferensie. Hy het veral gefokus op wat die
toekoms vir graanprodusente inhou, plaaslik sowel as
internasionaal. Volgens hom stuur die w�reld op �n onvermo� om
die vinnig-groeiende bevolking kos te gee, af. As gevolg hiervan
moet produsente leer om meer met minder te doen. Die sleutel tot
sukses l� in di� geval in die tegnologie.
�Produsente in Suid-Afrika moet leer om in die lang termyn te
dink, maar oor die kort termyn te handel,� het dr Kobus verder
ges�.
Van die onderwerpe wat deur die ander sprekers behandel is, het
onkruidweerstandsbestuur, insektebestuur, plantsiektebestuur,
grondmikrobiologie en die finansi�le haalbaarheid van
bewaringsbewerkingspraktyke ingesluit.
Elmarie Cronje is die Redakteur van die Senwester. Stuur �n
e-pos aan
[email protected]
of skakel haar by (018) 468-2716.
Foto�s
Foto 1: �n Voorbeeld van �n land waarop geenbewerking
toegepas word.
Foto 2: Dr Kobus Laubscher (Hoofbestuurder: Graan SA), drs Jan
Dreyer en Andr� Nel (albei van die
LNR-IGG) en
Thom Steyn (Monsanto) gesels tydens teetyd.
Foto 3: Annemie Erasmus (LNR-IGG, links) en Elzandi Oosthuizen
(Monsanto, regs) het op die eerste
dag van die
konferensie as sprekers opgetree.
Foto 4: Nico van Rensburg en Rudi Burger van Westonaria geniet
�n koppie koffie.