Die ontstaan van 'n Landbou-Reus - ’n Terugblik op Senwes se 100-jarige bestaan
JUNIE 2009
In die onstabiele ekonomiese tye waarin die węreld homself vandag bevind, word maatskappye met groot verwagting gestig, maar speel dan binne ’n paar jaar – of ’n paar maande – weer bankrot. Dit is slegs dié maatskappye wat goed bestuur word, wat oorleef.
In
hierdie artikel:
•
Boodskap van ‘n Senwes-leier
•
Die storie begin...
•
Soos die geskiedenis verloop
•
Bestel só jou eksemplaar
•
Oor die skrywer
•
Foto’s
Uit hierdie perspektief gesien, is ’n maatskappy se 100ste
bestaansjaar voorwaar iets om te vier. Hoeveel dinge het nie oor
só ’n lang tydperk verander nie? Die węreld het ’n paar
resessies beleef en deur twee węreldoorloë voortgestu. Deur dit
alles was Senwes teenwoordig, weliswaar onder ’n ander naam,
maar in wese steeds dieselfde landboubesigheid wat ons vandag
ken – met Senwes Grainlink en Senwes Village as die
hoofsteunpilare van die besigheid.
Om hierdie belangrike mylpaal te vier, het Senwes verskeie
projekte aangebied en memorabilia laat maak om dit in die
geskiedenis vas te vang. Die interessantste projek is die boek
Tyd kweek wenners – ’n Eeu van landbou, wat die maatskappy
Senwes, soos dit vandag bekend staan, deur 100 jaar volg en kyk
na hoe die maatskappy daarin geslaag het om oor 100 jaar die pas
vol te hou. Daar is ook verskeie mense wat ’n groot rol in die
stigting gespeel het, wie se stories vertel word.
Boodskap van ’n Senwes-leier
In die voorwoord van die boek slaan Johan Dique (Besturende
Direkteur) die spyker op die kop wanneer hy skryf: “Die
geskiedenis van Senwes oor die afgelope 100 jaar is ’n voorbeeld
van die mens se vermoë om die gewone te oortref en teenspoed in
geleentheid te omskep,” en “(die boek)...bring hulde aan die
pionierstemme van ons voorgangers die afgelope 100 jaar. Die
boek bevat baie interessante verhale en sketse van mense, wat
besonderhede verskaf oor die organisasie se verbintenis tot sy
immergroeiende gemeenskap en kliëntebasis.”
Die boek beslaan ’n lywige vyf hoofstukke, met vier aanhangsels
wat spesifiek kyk na onderskeidelik die leiers, die statistieke,
die eeufeesvieringe en Senwes in ’n ontspanne luim.
Die storie begin...
In hoofstuk een van die boek word daar veral gefokus op die
maatskappy se stigting en die eerste paar jaar tot in 1935. Dit
handel grotendeels oor die stigterslede en ook hoe die
koöperatiewe wetgewing van daardie tyd ’n noemenswaardige
invloed gehad het op die reëls en regulasies van die koöperasie.
Soos wat maar dikwels met oorlewering die geval is, is daar
verskillende stories rondom die ontstaan van “De Centraal
Westelijke Co-operatieve Landbouw Vereniging” en daar word in
die boek na die verskillende weergawes gekyk. In die Senwester
van Junie 1956 is dit soos volg vertel: “Die Centraal Westelijke
Co-operatieve Landbouw Vereniging was gestig hoofsaaklik met die
oog op die ontvangs en behandeling van graan en het vanaf 1
Julie 1909 graan ontvang op persele van die
spoorwegadministrasie op stasiegrond. ’n Tent was opgerig waarin
mnr Jacob Teengs...van sesuur soggens tot sesuur saans graan
ontvang het, en waarna hy in ’n tydelike kantoortjie in die
kantore van mnr Neser, die Volksraadlid, sy boekwerk moes doen
tot laat in die nag...Dit was ’n tyd waarin mense nog nie
koöperatief bewus was nie...en die toekoms van koöperasies
duister laat voorkom het...”
Deur die loop van die hoofstukke is daar ook interessante “Het
jy geweet”-feite gesprinkel, soos dat die eerste
mielie-afmaakmasjien op 11 April 1910 aangeskaf is en dat lede
op 9 Augustus 1911 die bestelling van ploeë vir die eerste keer
versoek het.
Daar word ook gekyk na die depressiejare van 1929 en hoe die
koöperasie toe maatreëls moes instel om “te keer dat die
algehele swak finansiële posisie nie wel tot ’n soortgelyke
likwidasiesituasie as waarvoor in 1914 gestem moes word,
aanleiding gee nie”. Daar word ook vertel van die bedanking van
meer as 250 lede in 1933 en die maatreëls wat gevolglik ingestel
is om die oorlewing van die landboukoöperasie te verseker.
Soos die geskiedenis verloop
In hoofstuk twee, getiteld “Landbou gedy in koöperatiewe
maatskappy-verband” word die omskakeling na ’n beperkte
koöperatiewe maatskappy en die redes wat daartoe aanleiding
gegee het, bespreek. Dié hoofstuk bespreek die tydperk gedurende
en na die Tweede Węreldoorlog, vanaf 1936 tot 1959. Dit bespreek
ook die uitbreiding van die koöperasie ná hierdie oorlog.
“Landboutegnologie en -spesialisasie in versnelling” strek van
1960 - 1982, terwyl die vierde hoofstuk “Maer jare maak leiers:
Sentraalwes” die tydperk 1983 tot 1997 bespreek. Die laaste
hoofstuk fokus op die laaste twaalf jaar, vanaf 1998 tot 2009 –
die jaar van die eeufeesvieringe.
Om te verstaan wat dit is wat ’n maatskappy soos Senwes gedra
het – deur die vet en die maer jare – is ’n boek soos hierdie
onmisbaar.
Soos Johan Dique onomwonde in die voorwoord van die 100-jaar
boek sę: “Terwyl ons erken dat produsente vandag uitdagings van
’n ander aard in die gesig staar, moet gesę word dat hulle ons
voorsate se beslistheid en vasberadenheid om te slaag, deel.
Senwes is diep bewus van die uitdagings wat ons land in die
gesig staar ten opsigte van voedselsekerheid, maar dan is dit
veilig om te sę dat ons ewe bewus is van die snelle vooruitgang
wat ons ten opsigte hiervan maak...Tyd kweek wenners – ’n Eeu
van landbou bring hulde aan elkeen wat oor die afgelope 100 jaar
’n rol gespeel het in die vorming van ons kernwaardes en
oortuigings.”
* Met erkenning en dank aan die skrywer en samesteller van
die boek, prof Elize van Eeden, vir die dele wat uit die boek
aangehaal is.
Bestel só jou eksemplaar van Tyd kweek
wenners – ’n Eeu van landbou
Bestellings vir die boek kan geplaas word by www.senwes.co.za,
deur op die blokkie te kliek wat lees: Besit jou eie stukkie
geskiedenis. Die boek is in beide Afrikaans en Engels beskikbaar
en kos R260. Tydens ’n spesiale geleentheid in Augustus 2009 sal
die boek bekend gestel word en daarna sal eksemplare by alle
Senwes Villages te koop aangebied word.
Vir meer inligting, skakel Johan Grobler (Assistent
Hoofbestuurder: Senwes Korporatiewe Bemarking) by (018)
464-7199.
Oor die skrywer
Die 100-jaar terugblik op Senwes se besonderse geskiedenis is
deur Professor Elize van Eeden geskryf. Sy is ’n historikus wat
verbonde is aan die Noordwes-Universiteit en haar skryfwerk
getuig van ’n deeglike navorsingstegniek. Self skryf sy die
volgende: “In die samestelling van die inhoud van die Senwes-gedenkboek
is probeer om binne ’n bestek van vyf hoofstukke die geskiedenis
van die maatskappy te vertel en te beoordeel. Hierdie vyf
hoofstukke verteenwoordig ook die hoofmomente van die historiese
ontwikkeling van Senwes.”
Foto’s
Foto 1: Die takwinkel op Lindley.
Foto 2: Senwester van 1957.
Foto 3: ’n Bedrywige dag by die goedereloods.
Foto 4: ’n Ou dorsmasjien.
Foto 5: Jacob Teengs is as eerste Se¬kre¬taris benoem.
Foto 6: Die ou hoofkantoorgebou in 1964.
Foto 7: Tyd kweek wenners – ’n Eeu van landbou.