Speenkalwers - verkoop of hou?
JUNIE 2009

Dit is weer speenkalftyd en die besluit rondom die bemarking van die kalwer-oes moet geneem word.

In hierdie artikel:

Opsie 1: Voeg waarde toe
Opsie 2: Hou vas tot pryse verhoog
Opsie 3: Verkoop teen huidige pryse
Tabelle en figure
 


Tradisioneel word die verskillende opsies beskikbaar weer bespreek ten einde Senwes se produsente te ondersteun in hul besluitnemingsproses. Speenkalfpryse was redelik gunstig teen einde Maart, met gunstige karkaspryse en �n mielieprys wat nie werklik wou kop optel nie. Najaarsre�n was baie gunstig, met ho�r as normale veldproduksie vir die grootste gedeelte van die somersaaigebied.

Die opsies beskikbaar vir produsente is legio, afhangend van die unieke situasie van die produsent. Die waarskynlikste moontlikhede, of kombinasies daarvan, sou wees:
� Voeg waarde toe;
� Hou vas tot pryse verhoog; of
� Verkoop teen huidige pryse.

Historiese data toon dat daar bepaalde tendense voorkom. Figuur 1 toon die gemiddelde beweging van speenkalf- en karkaspryse sedert 2000. Soms word die fout gemaak om hierdie bekende grafiek as �n gegewe te aanvaar. Indien die onderskeie jare afsonderlik ontleed en korrelasies bereken word, is die betroubaarheid daarvan nie baie goed nie. Wees dus versigtig om korttermyn besluite met jou onderneming se spesifieke stel van omstandighede te neem, bloot op grond van die grafiek. Die enigste betroubare afleiding uit Figuur 1 is dat daar �n tendens is dat pryse ho�r neig gedurende die tweede helfte van die jaar.


Opsie 1: Voeg waarde toe
Figuur 2 toon die berekende inkomste teen �n mielieprys van R1 500/ton vir �n voerkraalsituasie. Teen �n voerprys van R1 609/ton, �n aankoop-hoefprys van R13,50/kg en A2-karkaspryse van R24,00/kg, met geen waarde bereken vir inkomste aan die vyfde kwart nie, is die marge rondom R400+ per kalf in �n konvensionele voerkraalsituasie. Prysmarges was positief in middel Maart. Met huidige mielie/vleisprys-verhoudings sou �n voerkraalsituasie vir waardetoevoeging tot speenkalfpryse of mielies �n gunstige oorweging wees, mits die onderneming se totale bestuurstyl dit toelaat.

Figuur 2 toon verder dat daar selfs teen �n karkasprys van R23/kg steeds �n wins gegenereer kan word, met goeie opwaartse potensiaal sou vleispryse skuif (Figuur 1 toon daar is �n moontlikheid). Teen die huidige mieliesituasie is �n verhoging in voerkoste onwaarskynlik, wat die risiko verlaag.

Opsie 2: Hou vas tot pryse verhoog
As besluit word om die speenkalf-oes vas te hou totdat pryse verhoog, is die bepalende faktor of daar genoeg kos beskikbaar is om beide die kalwers en die koeie te akkommodeer, sonder om die koeie se reproduksie in die komende seisoen te benadeel. Ten einde �n realisties berekende besluit uit historiese data te neem, word �n opwaartse prysskuif van R1/kg vanaf Mei tot November bereken. Dit sal om en by R220 tot R230 bykomend per kalf realiseer as slegs massa gehandhaaf word, met koste en vrektes uitgesluit.

Produsente wat surplus oesreste tot hul beskikking het, kan oorweeg om kalwers terug te hou. Kalwers van 230 kg behoort ongeveer 270 kg te weeg aan die einde van die oesresperiode. Weens die prysdiskriminasie wat teen swaarder kalwers geld, is daar ongeveer R240 tot R250 per kop bykomend te maak.

Hierdie bly egter �n aanloklike opsie, aangesien die koste van massatoename goedkoop is en die diere altyd in die mark is as �n prysskuif sou voorkom. Met die gunstige marge en gunstige voerpryse kan �n kombinasie van uitgroei op die oesreste met �n verkorte voerperiode as oesreste klaar is, �n gunstige marge met min risiko realiseer.

Die uitgroei van kalwers gedurende die winter word slegs op oesreste aanbeveel en nie op spaarveld nie. Indien surplus winterveld beskikbaar is, kan daar oorweeg word om kalwers slegs te oorwinter op die veld teen massahandhawing en te laat uitgroei op somerveld of aangeplante weiding, met �n moontlike kort voerperiode aan die einde. Negatiewe prysmarges word ook goed hanteer met hierdie benadering weens die lae koste van massatoename. As daar egter onsekerheid is oor die hoeveelheid beskikbare kos, verkoop eerder die kalwers of rond af. Moenie die koeikudde se voerbank op die spel plaas nie.

Indien dro� materiaal beskikbaar is en die boerdery-onderneming kan die verlengde kontantvloei hanteer, is daar dus opwaartse potensiaal as die kalwers teruggehou word. Vergewis jou ook dat die praktyke sal inpas by jou onderneming se beskikbare bestuurstyd. Vir graanprodusente met geen vee nie kan hierdie stelsel bykomende waarde toevoeg tot die graanvertakking, indien fondse beskikbaar is vir die aankoop van jong, groeiende diere.

Opsie 3: Verkoop teen huidige pryse
Om te besluit of �n spesifieke prys reg is vir jou omstandighede, moet jy weet wat die kalf jou tot op daardie punt gekos het. Dit sou onverantwoordelik wees om �n prys te maak wat goed klink sonder om werklik te weet of jy daardeur �n wins genereer.

Tabel 1 toon die inkomste per koei na direkte koste, soos uiteengesit in die Senwes Landboudienste bedryfstakbegroting vir 2009/2010. �n Sprong van R12,50 na R13,50 (amper 10%) in hoefpryse, realiseer �n verhoging van inkomste van R122 per koei teen 70%-speenkalfpersentasie. Die effek van R1/kg hoefprys het dus �n invloed van ongeveer R12 000 op �n koeikudde van 100 teen 70%-speenkalfpersentasie.

Hier kan die effek van reproduksie weer gesien word. Teen dieselfde hoefprys, maar met �n speenkalfpersentasie van 90%, genereer dieselfde koei R588 meer (R60 000 vir 100 koeikudde). Die effek van dieselfde R1-prysskuif teen 90%-speenkalfpersentasie is nou bykans R17 000 vir die koeikudde van 100. By veeproduksie klop opbrengs dus steeds prys.

Voor jy enige somme begin maak oor moontlike prysskuiwe, bepaal eers wat jou kossituasie vir die komende winter is. Moontlik sal dit jou besluitnemingsproses vergemaklik. Die kudde se voerbehoefte besluit vir jou dat jy jou huidige speenkalwers moet verkoop, andersins kan jou koeie se reproduksie vir die komende seisoen benadeel word.

Moenie nou die risiko van �n moontlike verhoogde inkomste van R120 per koei loop teen moontlik geen inkomste volgende seisoen nie. �n Goeie inkomste kan met �n speenkalfprys van rondom R13,50/kg gegenereer word, mits die reproduksie op aanvaarbare vlakke is.

Die afronding van kalwers teen die huidige mielie- of vleisprysverhoudings blyk �n oorweging te wees wat sinvolle marges genereer. Indien genoeg kos beskikbaar is en �n bemarkingsplan vir verdere waardetoevoeging bestaan, kan kalwers teruggehou word. Met die potensi�le goeie mielie-oes en die vooruitsigte van genoegsame oesreste, kan dit dalk �n goeie opsie wees.

Die direkte verkoop van kalwers teen die huidige pryse realiseer steeds �n aanvaarbare wins en moet afgespeel word teen die kudde se reproduksie-potensiaal vir die komende seisoen. Kyk verby die presiese syfers wat in die berekeninge gebruik is weens die vloeibare aard daarvan en gebruik die beginsels van die onderskeie opsies in jou besluitneming.

Johan Mouton is �n Senior Veekundige by Senwes Landboudienste. Vir meer inligting, stuur �n e-pos aan [email protected]  of skakel hom by (056) 212-4241 of 083 278 7746.

Tabelle en figure


Figuur 1: Gemiddelde prysbeweging sedert 2000.


Figuur 1: Gemiddelde prysbeweging sedert 2000.


Tabel 1: Inkomste in vergelyking met hoefpryse.
*Inkomste na direk toedeelbare koste, byvoorbeeld lek, dip en doseer, arbeid en voertuig.