Maak bermarking so deel van jou boerdery
JUNIE 2009

Bemarking, vanuit �n landbou-perspektief, word beskryf as di� aktiwiteite wat �n invloed het op die beweging van goedere en dienste vanaf die oorspronklike produsent na die finale verbruiker. Dit is dus duidelik dat die produksie van �n produk en die bemarking daarvan nie afsonderlik benader kan word nie � veral nie deur produsente nie. Produksie hoef nie by die plaashek te eindig sodat bemarking kan begin nie.

In hierdie artikel:

Uitdagings
Verwysings


�n Produk hoef eerstens net geproduseer te word indien daar �n mark vir dit bestaan en daarom begin bemarking reeds met produksie op die plaas. Daarenteen begin produksie weer by die verbruiker, omdat die produsent eers die produkvereistes, behoeftes en voorkeure van die verbruiker moet ken voordat hy tot produksie kan oorgaan.

In die verlede was die meerderheid landbouprodusente van mening dat hulle enigiets kon produseer en die betrokke bemarkingsraad sou toesien dat die produk bemark, of verkoop, word. Di� siening strook met die tradisionele ekonomiese siening dat geen oorskotproduksie noodwendig lei tot geen behoefte aan afset. Hierdie siening het egter, sedert die afskaffing van die onderskeie bemarkingsrade, dramaties verander. Die interafhanklikheid tussen produsent, middelman en verbruiker word ook nou erken.

Bemarking is �n produktiewe proses, wat impliseer dat tydnut (vrystelling van die produk wanneer die verbruiker dit benodig), pleknut (betyds op die regte plek) en vormnut (in die gewende vorm) tot die produk gevoeg word.

Vanuit �n produsent se oogpunt, is die oorhoofse doel van produksie die maksimalisering van wins. Die netto boerdery-inkomste word dan ook deur die volgende drie interafhanklike faktore be�nvloed:
� Die hoeveelheid van die produk wat verkoop word;
� Die produksie- en bemarkingskoste van die produk; en
� Die produkprys wat die produsent ontvang.

 
Uitdagings
Die produsent se strewe om markgeori�nteerd te produseer, word deur die volgende uitdagings gekonfronteer:
� Produsente vind dit oor die algemeen moeilik om hul produksiestelsels tydig by die voortdurend veranderde markomstandighede en -vereistes aan te pas. Hier word veral verwys na die veranderde vraag van die verbruiker. Die eerste werklik landbougerigte bemarkingstaak is dan om akkuraat in kwalitatiewe en kwantitatiewe terme te bepaal wat die verbruiker (mark) se vereistes is. Die onvermo� van die produksieproses om vinnig by veranderde omstandighede aan te pas, het gelei tot die ontstaan van �n ho�risiko element in die landbou, naamlik; dat �n mark waarvoor �n bepaalde produksieplan ontwikkel is, moontlik nie meer mag bestaan wanneer die produk markgereed is nie.

Die veiligste en eenvoudigste metode om bogenoemde probleem te oorkom, is om genoegsame tyd en aandag aan markontleding te bestee. Sodoende pas die aanbod by die heersende vraag en waar daar �n ooraanbod is, kan produksie afgeskaal word (soos wat die staat se grondomskakelingskema ten opsigte van die mielieproduksie destyds ten doel gehad het).

� �n Tweede kwessie is die betroubaarheid of akkuraatheid waarmee die markprys van die produk die verbruikersvraag na die produsent reflekteer. Hierdie is �n groot probleem, omdat die produsent die verbruikersvraag as basis vir produksie- en bemarkingsbeplanning moet neem. Hierdie probleem word deur veral twee faktore veroorsaak:

� Die geografiese verspreiding van die verbruikers lei tot �n kommunikasieprobleem met die produsent; en
� Die bemarkingsektor (middelman) wat tussen die produsent en verbruiker staan. Gevolglik is die produsent hoofsaaklik �n �prysnemer�, omdat produsente as individue geen invloed op die produkprys kan uitoefen nie.

Die produsent kan egter self, deur middel van die instellings wat die bemarking van sy produk behartig, die vraag be�nvloed deur die prys daarvan te verlaag. Dit sal beteken dat die produsent sy produksiekoste by die laer produkprys moet aanpas, wat ook gedoen kan word deur doeltreffende bemarking en markbevordering. Die prys moet egter markverwant wees, wat beteken dat die seine wat die mark deurstuur, korrek weerspie�l moet word en nie deur kunsmatige bybetalings of subsidies vertroebel word nie.

Om die produsent se geldelike posisie te beskerm, moet ondersteuning om die natuurlike prysvormingsproses geskied, sodat die prys wat deur die wisselwerking van vraag-en-aanbod tot stand kom, nie versteur word nie. �n Prys wat op s� �n wyse tot stand kom, sal dan aan die produsent �n korrekte aanduiding gee van die aanwending en kombinering van produksiefaktore.

� �n Verdere aspek wat hiermee verband hou, is om die geproduseerde produk teen die laagste moontlike koste aan die verbruiker te besorg. Hierdie probleem veroorsaak geweldige konflik tussen die produsent, bemarkingsagent en verbruiker. Omdat bemarkingskoste hoofsaaklik gegenereer word deur �n produk se toegevoegde waarde, kan di� probleem oorkom word as die produsent self die waardetoevoeging behartig.

� �n Laaste aspek wat aandag verdien, is die veranderings in die kostestruktuur van die boerdery-onderneming. Hier word veral verwys na versnelde meganisasie, wat vaste koste verhoog en sodoende die produsent dwing om �n ho� produksiekapasiteit te handhaaf om sy eenheidskoste so laag as moontlik te hou. Dit verminder die onderneming se vermo� om by die verandering in verbruikersvraag aan te pas.

Vanuit die produsent se perspektief is �n doeltreffende bemarkingsisteem een wat hom daartoe in staat stel om die regte hoeveelheid ho�kwaliteit produk te produseer. Dit sal dan die maksimum netto wins realiseer sodra die produk van die hand gesit is.

Verwysings
Lucas, C.H.G. Die Taak van Bemarkingsbestuur, Van Schaik, Pretoria.
Eie notas, Damelin, Professionele Bemarkingsbestuurkursus, Bloemfontein, 1989.
Johan du Toit is die Bestuurder van Senwes se Landboudienste-afeling. Vir meer inligting, stuur �n e-pos na [email protected]  of skakel hom by (018) 464-7543 of 084 586 8780.