Ken jou grond en boer effektief
FEBRUARIE 2009
Grond is die belangrikste hulpbron wat
bepaal wat op die plaas geproduseer kan word. Omdat �n produsent
�n bestaan uit sy grond moet maak, word hy gedwing om soveel
kennis moontlik daaroor in te win.
In
hierdie artikel:
� Grondprofiel
� Verwysings
� Tabelle & Figure
Die kwantifisering van grond as hulpbron gee dan ook aanleiding
tot die bepaling van al die moontlike bedryfstakke, hul
kombinasie en die omvang daarvan.
Grondprofiel
Die meeste mense is bekend met die horisontale dimensie van
grond, naamlik die oppervlakte wat ons kan sien. Maar nie almal
is bewus van of dink aan die derde dimensie van grond wat ons
nie kan sien nie, naamlik die diepte daarvan. Hierdie derde
dimensie bevat baie van �n grond se mees interessante eienskappe.
Op �n sekere diepte onder die oppervlakte verander die grond na
moedermateriaal en onverweerde geologiese materiaal. Hierdie
verandering kan geleidelik of duidelik (abrupt) wees.
Grondkundiges noem hierdie driedimensionele grondeenheid �n
pedon. Dit is die kleinste eenheid van die grondmantel wat nodig
is om die grond te beskryf, klassifiseer en te monster om
sodoende die geaardheid en die rangskikking van sy horisonte te
beskryf.
Vir gewasproduksie klassifiseer Senwes Landboudienste grond tot
op �n diepte van 2,5 meter, tensy daar �n beperkende laag is wat
vlakker voorkom. Figuur 1 is �n foto van �n grondprofiel.
Die boonste deel van �n pedon (grondprofiel), bokant die
moedermateriaal waarin die prosesse van grondvorming werksaam
is, staan bekend as die solum. In volwasse grond sluit die solum
die A- en B- horisonte in. Gewoonlik verskil die eienskappe van
die materiale in hierdie horisonte baie van di� van die
onderliggende moedermateriaal. Die lewende wortels en ander
plant- en dierkenmerke van die grond is hoofsaaklik tot die
solum beperk.
Grond is nie eenvormig in diepte nie en bestaan uit verskillende
lae wat grondhorisonte genoem word. �n Grondhorison is �n laag
grond of grondmateriaal ongeveer parallel met die landoppervlak
wat van die naasliggende geneties verwante lae verskil. Dit
sluit fisiese, chemiese en biologiese kenmerke in, soos kleur,
struktuur, tekstuur, digtheid, soorte en getalle organismes wat
teenwoordig is, asook die suurheid- of alkaliniteit-graad.
In Tabel 1 word die name en eienskappe van die
belangrikste grondhorisonte gegee. Hierdie kriteria of
eienskappe het elk �n unieke �persoonlikheid�, met sekere
belangrike gedragseienskappe wat daaruit afgelei kan word. Dit
is dan ook noodsaaklik om te verstaan wat bedoel word met
hierdie eienskappe, waarvan die belangrikheid nie oorbeklemtoon
kan word nie.
Grond word gevorm deur die verwering van rots, sedimente en
ander geologiese materiaal deur �n kombinasie van chemiese,
fisiese en biologiese prosesse. Die grondvormingsproses staan
ook bekend as grondgenese of pedogenese. Grondgenese behels, in
kort, die verkleining van die moedermateriaaldele, die
herrangskikking van minerale dele, die byvoeging van organiese
materiaal, die verandering van die tipe minerale en die vorming
van horisonte en klei.
Bogenoemde proses van grondvorming vind deurlopend plaas en
binne die raamwerk van vyf grondvormingsfaktore. Die faktore wat
die tempo van grondvorming en die finale grond bepaal is:
moedermateriaal, klimaat, die biologiese faktor, topografie en
tyd. Hierdie faktore werk almal saam in �n verskeidenheid van
kombinasies om �n reeks van oneindige verskillende grond te vorm.
Die klimaatsone waaronder grond aangetref word, be�nvloed ook
grotendeels die gedrag en potensiaal van die verskillende grond.
So kan �n spesifieke stuk grond onder sekere re�nvaltoestande (sekere
klimaatsone) baie goeie potensiaal h�, terwyl dit weer in �n
ander klimaatsone dalk as �n marginale grond beskou kan word.
Dieselfde geld vir �n grond wat �n ho� besproeiingspotensiaal
het, maar nie noodwendig �n ho� potensiaal vir dro�landproduksie
het nie. Hierdie is �n belangrike aspek wat altyd in gedagte
gehou moet word tydens die beoordeling van grond.
Waterhuishouding en die beskikbaarstelling van water aan gewasse
speel die grootste rol in die produksiepotensiaal van die
verskillende grondsoorte onder dro�landgewasproduksie. Die
waterhuishouding van grond word grootliks bepaal deur veral twee
faktore, naamlik die diepte en klei-inhoud van die grondlae.
Hoe dieper die grond is, hoe groter sal die waterhouvermo� wees
(afhangend van die onderliggende materiaal en die klei-inhoud
van die ondergrond). Soos �n grondlaag se klei-inhoud verhoog,
so neem die grondlaag se vermo� om vog op te gaar ook toe. Aan
die ander kant moet �n mens ook in gedagte hou dat, soos wat die
klei-inhoud van bogrond toeneem, so verminder die
infiltrasietempo en verhoog die tempo van afloop. Dus is daar
minder water beskikbaar om opgeneem te word. Diep sandklei-grond
sal gevolglik meer grondwater opgaar as sanderige grond met
dieselfde diepte.
Senwes Landboudienste het �n span kundiges om die produsent te
help om sy grond te identifiseer en die grondpotensiaal daarvan
te bepaal. Die dienste sluit grondkartering en
grondmonsterneming op vaste ruitpatroon-basis in. Die inligting
wat hieruit verkry word, word gebruik om grondkaarte, verwagte
opbrengspotensiaalkaarte en plantvoedingskaarte op te stel.
Verwysings:
BUCKMAN, H.O. & BRABY, N.C.: 1964. The nature and properties of
soils. 6th edition. New York: Macmillan.
SINGER, M.J. & MUNNS, D.N.: 1992. Soils: an introduction. 2nd
edition. New York: Maxwell Macmillan.
VAN DER WATT, H.V.H. & VAN ROOYEN, T.H.: 1990. �n Verklarende
woordeboek vir grondkunde. Pretoria: Die Grondkundevereniging
van Suid-Afrika.
Jasper Dreyer is �n Grondkundige by Senwes Landboudienste in
Klerksdorp. Vir navrae oor die artikel, skakel hom by 082 801
7622 of stuur �n e-pos na:
[email protected].
Tabelle & Figure
Foto van �n grondprofiel met verskillende horisonte.
Diagnostiese of meester horisonte.