HOE DOELTREFFEND IS JOU TOEGEDIENDE KUNSMIS?
DESEMBER 2009

Die meeste mense is maar al te bewus van die groot verskil tussen teorie en praktyk wanneer daar met die natuur gewerk word. Kunsmis is een van daardie mediums waarmee sommige landboukundiges en produsente hulle gereeld misgis.

In hierdie artikel:

Kalibrasie van toerusting
Kunsmisformulasie
Biologiese aktiwiteit
Grondfisika
Grondchemie en pH

Grondwater
Tipe gewas en genetika

Figure


In opnames wat die afgelope seisoen gedoen is, is hierdie feit weer onteenseglik bewys. Die tyd het aangebreek dat ons as landbouers al meer norme, aanbevelings en bewerkingspraktyke moet bevraagteken. Ons moet meer op ons voete dink en kritiese vrae vra. Profert is vas oortuig daarvan dat, met die nodige kennis en ondervinding, beter antwoorde gevind sal word. Die einddoel hiervan is om meer volhoubare voedsel te produseer.

Met die pas afgelope seisoen op �n einde, kan die volgende vraag byvoorbeeld gevra word: Hoekom kry sekere dro�land-mielieprodusente in �n spesifieke area, met dieselfde re�nval, relatiewe homogene grondtipes en basies dieselfde kultivars, dit reg om �n stikstofdoeltreffendheid van 10 kg stikstof per ton mielies te produseer, waar ander produsente 19 kg stikstof gebruik om een ton mielies te produseer? Hier word �n belangrike beginsel getoets.

Kortliks word die hooffaktore wat die doeltreffendheid van kunsmis in die algemeen be�nvloed aan die hand van voorbeelde bespreek:

Kalibrasie van toerusting
Saam met toediening is hierdie punt een van die belangrikste aspekte as dit kom by die meet van dit wat beplan word (aanbeveling) en wat toegedien is. Dit is egter prim�r die produsent se verantwoordelikheid en daar moet ten alle tye verseker word dat toerusting gekalibreer is volgens die riglyne en aanbevelings. Maak seker die tipe toerusting voldoen aan die vereistes vir doeltreffende toediening vir �n spesifieke gewas.

Kunsmisformulasie
Die ou debat oor watter stikstofbron die beste is, word gereeld deur die kunsmismaatskappye as wapen teen mekaar gebruik. Wat is die beste: ureum of KAN? Uit �n effektiwiteitsoogpunt word ureum hard pak gegee as dit kom by ho� pH-grond (pHKCL > 7 ) en die vervlugtigingspook. Min produsente verstaan dat KAN, met sy 50% hoogs loogbare nitraatfraksie, �n dramatiese negatiewe impak op stikstofdoeltreffendheid kan h�. Na �n groot re�nbui word die nitraat verby die wortelsone geloog en is dit nie beskikbaar vir die wortels nie.

Gelukkig het die tegnologie-maatskappye dit moontlik gemaak om die doeltreffendheid van veral stikstof en fosfaat te verhoog. �n Sprekende voorbeeld is die baanbreker-tegnologie van Black Ureum� en Black DAP�, wat die spoke van die verlede op hul plek sit! Hierdie unieke omhulsel is die eerste van sy soort, waar kunsmis chemies saam met �n organiese kompleks toegedien word. Dit veroorsaak �n baie spesifieke biologiese reaksie in die onmiddellike omgewing van die kunsmiskorrel.

Biologiese aktiwiteit
Die waarde wat biologiese aktiwiteit in die grond lewer tot die verbetering van plantvoedingsdoeltreffendheid, word geweldig onderskat. By Profert word benadeelde biologiese aktiwiteit in die grond as een van die beperkendste faktore ten opsigte van plantvoeding beskou. Hierdie komplekse ekosisteem is verseker be�nvloed deur die verbouingspraktyke wat die afgelope dekades gevolg is.

Ten goede is daar die afgelope paar jaar baie vordering gemaak om hierdie ekosisteem te bewaar en uit te bou. Ongelukkig is daar �n groot gebrek aan kennis oor hoe hierdie ekosisteem tot voordeel van die produsent gebruik kan word. Profert het onderneem om hierdie interaksie beter te verstaan. Na deeglike navorsing en toegang tot intellektuele eiendom, wat bekom is met die inkoop in die Australiese maatskappy, Advanced Nutrients, kan ons met groter vertroue die teorie by die praktyk uitbring.

Biologiese boerdery is hier om te bly! Produsente besef al meer die groot waarde van die biotiese faktore in die plantvoedingsiklus. Dit is onontbeerlik in enige plantvoedingsaanbeveling om seker te maak dat die toegediende voedingstowwe doeltreffend benut word.

Grondfisika
Beperkende lae en grondtekstuur is een van die grootste grondfisiese faktore wat wortelontwikkeling be�nvloed. Goeie wortelontwikkeling verseker die verhoogde doeltreffendheid van toegediende kunsmis.

Grondchemie en pH
Uit �n vroe� 1980�s opleidingshandleiding is die onderstaande tabel opgespoor, wat die belangrike invloed van die pH van grond beklemtoon. Grond-pH by 7 word as verwysingspunt gebruik. Dit is duidelik hieruit dat lae pH �n negatiewe invloed het op die doeltreffendheid van kunsmis. Al is hierdie beginsel sedert die vroe� tagtigs reeds bekend, suig pH- en kalsiumvoeding steeds in baie gevalle aan die agterspeen.

Grondwater
Hierdie faktor sluit die belangrikheid van besproeiingskedulering in. Grondwater is die draer van voedingstowwe in die grondprofiel, voordat enige opname of chemiese reaksies plaasvind en gevolglik die doeltreffendheid van die toegediende kunsmis be�nvloed. Grondwater speel ook �n direkte rol by wortelmassa en -ontwikkeling.

Tipe gewas en genetika
Die vermo� om voedingselemente in die grond te benut verskil van gewas tot gewas. Hierdie genetikaverskil is ook van toepassing op verskillende kultivars binne dieselfde gewasspesie.

Dit is noodsaaklik dat die produsente die konsep van doeltreffendheid van kunsmis en die faktore wat daarop inwerk, verstaan. Hierdie is nie �n reduksionele benadering nie en speel �n integrale rol in enige boerderysisteem wat holisties benader word. �n Aansienlike besparing van kunsmis kan verkry word indien hierdie konsep in bewerkingspraktyke en bestuursisteme toegepas word.

Profert se uitgangspunt is om daarop te fokus om die doeltreffendheid van kunsmis te verhoog en programme te promoveer wat die biologiese aktiwiteit in die grond verbeter. Die maatskappy leef hierdie konsep met �n passie uit. Die doel is om die voedingswaarde van voedsel vir mens en dier te verhoog en om toe te sien dat Profert se kli�nte gehelp word om jaarliks meer volhoubaar voedsel te produseer. Dit is waarom die maatskappy se filosofie van welvaart vir hul mense, kli�nte en aandeelhouers soveel klem dra in die maatskappy.

Hierdie artikel is deur Ben Krog van Profert geskryf. Skakel Profert vir meer inligting by: Hoofkantoor: (018) 293-3530; Sentrale streek: (056) 212-9565; Kaapse streek: (021) 555-2310; Natal-streek: (031) 486-1571; Oos-Kaap: (041) 486-2365; of stuur �n e-pos na [email protected]. Besoek ook die Profert-webtuiste by www.profert.co.za .

Figure


Foto 1: Kunsmis wat reg toegedien word, kan tot jou voordeel strek.


Foto 2: Die vermo� om voedingselemente in die grond te benut, verskil van gewas tot gewas.


Tabel: Kunsmisdoeltreffendheid