Navorsingprojekte in Vaalharts-gebied: vat stronkboorderweerstand op BT-mielies vas
AUGUSTUS 2009
Die navorsingsprojekte wat tans in die Vaalharts-besproeiingskema gedoen word, is uiteenlopend van aard, maar het uiteindelik ten doel om die opbou van die weerstandbiedendheid teen die Bt-geen te verhoed.
Bt-mielies word, sedert die vrystelling daarvan in 1998, op die
Vaalharts-besproeiingskema verbou. Die eerste verslag van
veldweerstand van stronkboorders (Busseola fusca) teen
Bt-mielies in Suid-Afrika is gedurende 2007 op Christiana gedoen.
Dit het die belangstelling geprikkel in navorsing op Bt-mielies
en stronkboorder in di� gebied.
Navorsing is onder leiding van prof Johnnie van den Berg (verbonde
aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom kampus) ge�nisieer,
in �n poging om te verklaar hoe weerstand moontlik kon ontstaan
het, asook om die status van stronkboorderweerstand in die
Vaalharts-skema te bepaal. Di� navorsingswerk word gedoen in
samewerking met prof Koos van Rensburg van die
Landbounavorsingsraad (LNR) in Potchefstroom.
Marlene Kruger (verbonde aan die Noordwes-Universiteit) het haar
doktorsgraadstudies begin deur die status van
stronkboorderweerstand op Bt-mielies en toevlugsareas te
evalueer. Haar navorsing het getoon dat stronkboorderlarwes
vanuit Bt-, sowel as die toevlugsoord-populasies, hul
lewenssiklus suksesvol op Bt-mielies voltooi. Larwes van vatbare
kontrolepopulasies vrek egter binne 12 dae.
Jaco Vermeulen (Senwes Landboudienste) en Marlene Kruger gee in
hierdie artikel meer inligting oor proefwerk wat tans op mielies
in die Vaalharts-besproeiingskema gedoen word.
Bogenoemde resultate het aanleiding gegee tot verdere navorsing
in die skema. Gedurende 2008 is meningsopnames gedoen onder 80
produsente in die besproeiingskema. Die doel van hierdie studie
was om die produsente se persepsies te bepaal ten opsigte van
die wetlike aspekte rakende die plant van Bt-mielies,
toevlugsoorde en stronkboorderweerstandsontwikkeling tussen 1998
en 2008. Die vraelys het die volgende hoofpunte bevat: die teken
van die kontrakte met aankope van GM-saad (geneties
gemodifiseerd), nakoming van toevlugsoordvereistes,
toevlugsoorduitleg en algemene boerderypraktyke. Produsente was
gevra om hul persoonlike mening te lig oor die voor- en nadele
van Bt-mielies en die plaagstatus van stronkboorder op hul
mielies.
Die twee grootste voordele wat met Bt-mielies geassosieer word,
is bestuursgemak (88%) en verhoogde produktiwiteit (61%). 42%
van produsente het aangedui dat Bt-tegnologie volgens hulle
omgewingsvriendelik is. Die aanvanklike vlak van nakoming van
toevlugsoordvereistes was laag. Ten spyte daarvan dat produsente
verplig was om ʼn toevlugsarea vir elke Bt-mielieland te plant,
het net 8% van produsente toevlugsoorde gedurende 1998 geplant.
Hierdie persentasie het toegeneem tot byna 100% gedurende 2008.
Slegs 8% van produsente het egter aangedui dat hulle nie ʼn
toevlugsoord vir elke Bt-mielieland plant nie. Hierdie praktyk
word toegeskryf aan die klein perseelgroottes van ongeveer 25
hektaar. Volgens GM-mielieproduksieriglyne het produsente die
keuse van ʼn 5%-toevlugsoord-opsie teenoor 20%-opsie om te plant,
waar slegs die 20%-opsie met insekdoders behandel mag word.
Bykans 100% van die produsente verkies die
5%-toevlugsoord-opsie.
Bestuursbeheerprogramme wat deur saadmaatskappye gedurende die
2008/2009-groeiseisoen ingestel is, behels die opleiding van
produsente asook die verpligte ondertekening van kontrakte
tussen maatskappye en produsente. Hierdie kontrakte verbind
produsente tot nakoming van toevlugsoordvereistes en
opvolginspeksies. Dit wil voorkom of die stamboorderweerstand
teen Bt-mielies in die Vaalharts-area die gevolg is van ʼn
kombinasie van faktore. Hierdie faktore kan insluit die algemene
laat plantdatums wat verhoogde vlakke van besmetting tot gevolg
het, asook die variasie in plantdatums wat die deurlopende
teenwoordigheid van stronkboordermotte deur die groeiseisoen
veroorsaak.
Verdere navorsing word tans gedoen om die vlakke van
stronkboorderbesmetting op Bt- en vlugoordlande te bepaal. Dit
word gedoen deur 900 Bt-mielieplante, sowel as 900 konvensionele
plante, se skade in elke land te bepaal. Die doel is om vas te
stel of daar areas in die skema is wat meer stronkboorderskade
het as ander. Hierdie studie sal voortgesit word in die
2009/2010-groeiseisoen.
Rozelle Keulder is tans besig met ʼn studie wat handel oor die
biologie van Goudogies, wat ʼn algemene natuurlike vyand is van
insekplae. Verder word ʼn insekdiversiteitlys van alle insekte
wat voorkom op Bt- en konvensionele mielies deur Jean-Mar�
Truter opgestel. Albei is meestersgraadstudente in
Plantbeskerming by die Skool vir Omgewingswetenskappe. Danie
Brink, ʼn meestersgraadstudent in Mikrobiologie, vergelyk die
bakteri�le samestelling in die spysverteringskanaal van Bt-weerstandbiedende
en vatbare stronkboorderlarwes. Die doel van sy studie is om die
bakterie� wat in stronkboorders voorkom, te identifiseer en te
kwantifiseer. Al hierdie studies sal voorgesit word in die
2009/2010-groeiseisoen. Hierdie projekte word befonds deur die
Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (SANBI),
Biosafety South Africa (BSA) en die Noordwes-Universiteit (NWU).
Prof Johnnie van der Berg bedank graag produsente wat tyd
afgestaan het om die vraelys te beantwoord en vir die
beskikbaarstelling van hul lande vir die navorsing wat gedoen
is. �Ons wil ook van die geleentheid gebruik maak om vir Jaco
Vermeulen van Senwes te bedank vir sy tyd en moeite om kontak te
maak met produsente. So ook vir Anton Swanepoel en Pierre Els,
wat gereeld help met re�lings en die versameling van larwes,�
het hy ges�.
Jaco Vermeulen is �n Landboukundige by Senwes Landboudienste.
Vir meer inligting, stuur �n e-pos aan
[email protected]
of skakel hom by 082 948 2557. Prof Johnnie van der Berg en
Marlene Kruger was mede-skrywers van di� artikel. Vir meer
inligting, skakel prof Johnnie van der Berg by (018) 299-2376.
Foto 1: Prof Johnnie van den Berg, Jean-Mar�
Truter, Marlene Kruger, Rozelle Keulder en Danie Brink, wat
besig is met verskillende navorsingsprojekte oor Bt-mielies in
die Vaalharts-besproeiingskema.
Foto 2: Stronkboorderskade op �n mielieplant.
Foto 3: Marlene Kruger en prof Johnnie van den
Berg.