Die Ekonomiesie krisis: hoe 'n Somergraanprodusent kan oorleer
AUGUSTUS 2009
Die ekonomiese afswaai in die w�reld en resessie in sommige van die groter ekonomie�, sowel as plaaslik, het geweldige druk op die verbruiker geplaas, wat oorgespoel het na alle sektore in die ekonomie.
In
hierdie artikel:
�
Insetkoste van mielies en sonneblom
�
Wat kan die insetpryse maak?
�
Wat kan die kommoditeitspryse maak?
�
Wat om waar te produseer?
�
Wat produsente kan doen om volhoubaar te
produseer in die moeilike ekonomiese toestande
Die landbou het tot op hede redelik lig
daarvan afgekom, aangesien daar in noodsaaklike behoeftes van
voedsel voorsien moet word, wat nie so wesenlik geaffekteer is
deur die ekonomiese krisis nie. Die produsent moet egter altyd
op sy tone wees en vinnig aanpas by die snel veranderende
globale, sowel as plaaslike, omgewing om volhoubaar te kan
produseer.
Die huidige seisoen se ho� insetkoste en die relatief lae
kommoditeitspryse het druk op die graanprodusent se betaalvermo�
geplaas, wat dan ook die druk op landboufinansieringsinstellings
verhoog. Die relatiewe klein marges wat met koringproduksie
haalbaar is in veral die suidelike en westelike produksiegebiede
van die Senwes bedieningsgebied, het dan ook tot gevolg dat
hektare wat tradisioneel vir koring bestem was, nou beskikbaar
is vir somergrane.
Dit is dan ook so dat daar vir die nabye toekoms nie voorsien
kan word dat die w�reldproduksie van koring so laag kan daal dat
dit noemenswaardige opwaartse prysskuiwe tot gevolg sal h� nie.
Dit beteken dus dat die somergraanprodusent hom gereed moet maak
vir ekstra hektare wat aangeplant kan word vanaf die koring-kant.
Met die reeds relatief ho� volumes somergraan in die land, kan
verdere aanplantings van sonneblom en mielies druk op die
plaaslike pryse verhoog. Met bogenoemde as agtergrond het di�
artikel ten doel om te bepaal teen welke insette en pryse daar
nog relatief goeie marges realiseerbaar is. Daar word ook gekyk
na moontlike stappe wat ge�mplementeer kan word om die druk op
somergrane � en dus die boerdery � te verlig.
Insetkoste van mielies
en sonneblom
Insetkoste vir mielies en sonneblom in die Noord-Vrystaat en
Noordwes-streke is gebaseer op �n spoorverkeerstelsel. In die
Suid-Vrystaat is dit konvensionele bewerking.
Afsonderlike sensitiwiteitsontledings word vir elke streek
voorsien, om sodoende die moontlike marges in elke streek te
bepaal. Dit toon ook teen watter prysinsetkostevlakke daar
steeds ekonomies regverdigbaar geproduseer kan word.
Tabel 1 toon die kostes en marges wat die produsent kan
verwag teen die heersende pryse vir mielies vir die onderskeie
streke.
Uit Tabel 2 is dit duidelik dat mielieproduksie van
minder as 2,5 ton/ha en �n produsentprys (of sogenaamde �boerprys�)
van onder R1 400/ton nie goeie marges realiseer nie, wat
volhoubare produksie van mielies in die Suid-Vrystaat onder druk
plaas. Dit is egter moontlik om die marge te verbeter met beter
graanprysbestuur.
Vanuit Tabel 3 kan daar gesien word dat die produksie van
mielies onder 4 ton/ha en �n produsentprys onder R1 400/ton se
marges onder druk verkeer en liefs nie vir mielieproduksie
aangewend moet word nie.
Vanuit Tabel 4 kan gesien word dat die produksie van
mielies in die Noordwes produksiegebiede se marges onder druk
verkeer onder 3,5 ton/ha en met �n produsentprys onder R1
400/ton.
Tabel 5 toon die kostes en marges wat die produsent kan
verwag teen die heersende pryse vir sonneblom vir die onderskeie
streke.
Uit Tabel 6 is dit duidelik dat marges vir sonneblom in
die Noord-Vrystaat onder druk kom sodra produksie onder 1,25
ton/ha is en die produsentprys onder die vlak van R3 000/ton
inbeweeg. Vir die Noordwes-produksiegebied is die scenario
soortgelyk as vir die Noord-Vrystaat. Die Suid-Vrystaat se
marges kom onder druk waar produksie onder 1 ton/ha is, met �n
produsentprys onder R3 000/ton.
Wat kan die insetpryse
maak?
Insetpryse sal weer grootliks bepaal word deur die w�reld se
ekonomiese aanwysers en groei, soos tydens ons planttyd. Die
ruolieprys kan nader aan planttyd verstewig, maar word ook
grootliks bepaal deur die positiewe of negatiewe sentimente oor
die w�reld se ekonomiese krisis en die siening van wanneer ons
daaruit gaan kom. Die ondersoek na prysvasstelling in die
kunsmisbedryf kan ook tot gevolg h� dat prysbewegings in die
bedryf meer binne perke is. Die moontlikheid dat insetpryse
egter weer die hoogtes van die vorige somerproduksieseisoen sal
bereik, is redelik skraal.
Wat kan die
kommoditeitspryse maak?
Met die redelike groot voorraad mielies en sonneblom in die land
kan pryse onder druk bly. Die sonneblom verhandel naby aan
invoerpariteit, wat nie tans ruimte laat vir drastiese
prysstygings nie. Die mielies verhandel tans effens bo
uitvoerpariteit, wat wel prysstygings kan meebring, afhangende
van seisoensvooruitsigte. Tans is daar tekens dat �n El Ni�o aan
die ontwikkel is, wat vir die komende seisoen pryse kan
ondersteun. Dit bly egter raadsaam om enige risiko-gronde nie te
plant nie. Die Safex-graanpryse volg tans die Amerikaanse mark,
wat meebring dat ons steeds prysnemers bly, aangesien die
faktore wat plaaslike pryse bepaal van die globale ekonomie
afhanklik is.
Wat om waar te
produseer?
Dit raak al hoe meer riskant vir produsente om aan die onderkant
van die gebied se potensiaal te produseer en dit is duidelik dat
die onderste opbrengsvlakke in veral die Suid-Vrystaat en
Noordwes onder druk verkeer. In die Suid-Vrystaat bly sonneblom
die beter opsie, terwyl dit in die Noordwes mielies is wat by
die onderste opbrengsvlakke is, as slegs gekyk word na die
marges wat met huidige insetpryse en kommoditeitspryse verkry
kan word.
Wat produsente kan doen
om volhoubaar te produseer in die moeilike ekonomiese toestande
Daar bestaan nie kitsoplossings nie, elke produsent se
omstandighede is uniek.
� Fokus op die aspekte waaroor jy in jou onderneming beheer het
(hulpbronsamestelling, produksiekoste,
privaattrekkings).
� Evalueer elke faset van die boerdery.
� Ontleed besigheid � sowel as finansi�le risiko's.
� Optimaliseer produksiefaktore (grond, kapitaal, arbeid,
bestuur, onderhandelingsvaardighede) � diagnostiese
boerdery-ontleding.
� Moet nie kortpaaie in produksie probeer vat nie (doen dinge
reg).
� Verlaag die koste per eenheid deur te kyk na alternatiewe
produksiemetodes, soos oorl�.
� Konsolidasie van skuld volgens meriete.
� Verkoop surplus kapitaal-items waar ekonomies regverdigbaar.
� Geen nuwe kapitaalbesteding waar los geld nie beskikbaar is
nie.
� Aanplantings van somergrane op beste gronde, wat goeie marges
realiseer.
� Raak �n beter prysbestuurder (bestuur die kontantvloei vir
strooptyd, maak gedeeltes deur die seisoen teen beter pryse vas
vir strooptyd).
Die marges van graanprodusente verkeer veral aan die lae
opbrengsvlak-kant onder druk. Produsente wat in die ho�r
potensiaalgebiede produseer, realiseer nog goeie marges met die
pryse soos tydens skrywe van die artikel. Neem �n ingeligte
besluit oor die waarde wat vee tot die onderneming kan toevoeg.
Graanprodusente sal egter nie skotvry van die w�reldwye
ekonomiese krisis afkom nie en produsente sal deeglik moet
beplan.
Deur op hoogte te wees van byvoorbeeld kunsmispryse en tyd van
aankope kan �n produsent tot R1 000/ton minder betaal, wat �
teen �n toediening van 220 kg/ha oor 1 000 ha � �n besparing van
by die R200 000 teweeg kan bring. D�t is die koste van �n nuwe
bakkie, sonder dat jy die ou een hoef in te ruil. Wees dus
deeglik bewus van wat dit gaan kos om �n ton graan te produseer
en watter marge by watter opbrengsvlak realiseer.
Boet van Zyl is �n Senior Landbou-ekonoom by Senwes
Landboudienste en in Bloemfontein gestasioneer. Vir enige
navrae, stuur �n e-pos aan
[email protected]
of skakel hom by (051) 430-2073 of 072 260 2202.
Tabel 1: Die generiese insetkoste van mielies teen
verskillende opbrengspeile vir die verskillende produksiegebiede.
Tabel 2: Sensitiwiteitsanalise vir konvensionele mielies in die
Suid-Vrystaat.
Tabel 3: Sensitiwiteitsanalise vir spoorverkeer mielies in die
Noord-Vrystaat.
Tabel 4: Sensitiwiteitsanalise vir spoorverkeer mielies in die
westelike dele van die Noordwes.
Tabel 5: Die generiese insetkoste van sonneblom teen
verskillende opbrengspeile vir die verskillende produksiegebiede.
Tabel 6: Sensitiwiteitsanalise vir spoorverkeer sonneblom in die
Noord-Vrystaat.