HOE KLOP JY DIE DRAKENSBERGER?
AUGUSTUS 2009

Kompetisie tussen die verskillende beesrasse in Suid-Afrika het byna by �n punt gekom waar almal op presies dieselfde �goeie� hoedanighede aanspraak maak.


Daar is nie �n enkele reklamestuk van enige ras wat nie sou s� dat hierdie ras oor aanpasbaarheid, vrugbaarheid, groeivermo� en karkaskwaliteit beskik nie. Daar word ook ander begrippe, soos wetenskaplik ontwikkeld, inheemse herkoms en kruisteelvermo�ns, gebruik om rasbevordering te doen. En sekerlik het elke ras �n plek in die son, want die meeste produsente maak eerstens �n sukses van die ras waarvan hy hou. Hy bestuur beter, beplan beter en gee meer aandag.

Tog het boerdery in die moderne tyd �n besigheid geword en soos in enige besigheid gaan dit oor die bottomline � die wins wat hierdie besigheid kan genereer binne �n spesifieke omgewing. En om d�t te kan doen, maak �n mens gebruik van elke hulpmiddel wat beskikbaar is. Rondom beesboerdery is daar soveel wetenskaplik bevestigde hulpmiddels dat selfs kommersi�le beesprodusente vandag direk of indirek daarvan gebruik kan maak. �n Ander belangrike besigheidsbeginsel wat jou help om meer winsgewend te boer, is om insetkoste te verlaag en inkomste te verhoog.

Die Drakensberger beesras is vir oningeligte produsente maar net n�g �n ras. Tog beskik hierdie ras oor eienskappe wat deur eeue heen geneties vasgeteel is en wat verseker �n wesenlike verskil aan die inkomste van �n beesprodusent maak. Een van hierdie belangrike eienskappe is juis die uiters lae insetkoste, wat beide veeartsenykoste en produksiekoste insluit.

Drakensbergers beskik oor natuurlike weerstand teen bosluise en bosluisoordraagbare siektes en as �n Drakensberger wel �n siekte sou opdoen, is die kanse om hierdie dier te red, baie goed. Hierdie feit word beaam deur verskeie produsente wat ook met ander rasse geboer het. Voeg daarby die uiters lae onderhoudsbehoeftes van Drakensbergers en hul ongelooflike vermo� om in uiterste klimaat- en weidingstoestande te oorleef, om swak ruvoer te benut en vinnig na die winter kondisie op te tel en daar bly klaar �n hele paar rand per dier in die produsent se sak oor.

Reproduksie in terme van persentasie kalwers gespeen, speenmassa en die dragtigheid van die koeie en verse vir die volgende seisoen is die volgende belangrike aspek wat aandag moet kry in die winsgewendheid van �n beesboerdery. Dit is �n algemeen aanvaarde feit dat daar nie �n beter koei as �n Drakensberger is nie en hoe moeiliker die omstandighede vir produksie, hoe sterker staan hierdie feit.

Ten spyte van die onlangse droogte, speen Lubbe Weich, �n produsent in die Boshofdistrik, 97% kalwers met �n gemiddelde speenmassa van 261 kg en sy koeie is almal weer dragtig. Vir drie jaar agtereenvolgend het Daan Bothma, �n produsent van Theunissen, �n 100%-kalfpersentasie met �n TKP van 377 dae oor sy kudde. Die Bezuidenhout-broers van Brandfort bevestig vanjaar weer �n 100% dragtigheid by hul koeie en verse. As �n mens verder bereken dat jy met Drakensbergers net twee bulle per 100 koeie benodig, is dit �n verdere belangrike besparing in die produksiekoste-opset. Die som is nie moeilik om te maak nie. Twee tot vyf meer speenkalwers per 100 koeie, tien tot 20 meer kilogram speenmassa per kalf, 90% plus herkonsepsie � en die Drakensberger word nie geklop nie!

Klein dingetjies be�nvloed �n beesprodusent se wins al hoe meer en dit is een van die redes waarom meer en meer kommersi�le produsente met ander o� na die Drakensberger-ras kyk. Gehardheid en vrugbaarheid, wat eintlik beteken dat koeie na �n droogte weer kalf, regtig baie melk produseer en daardie 10 kg meer per kalf speen, sowel as die toenemende gesogtheid van die Drakensberger in voerkrale, is faktore wat �n rol speel in die winsgrens van die kommersi�le beesprodusent.

In die Senwes gebied is die Drakensberger-ras goed gevestig. In die Sentraal- en Wes-Vrystaat speel die Drakensberger �n groot rol in verskeie gemengde boerderye, met die 6+ Stoettelers in die Brandfort/Bultfontein-distrikte as voorsieners van uitstekende genetiese materiaal. Ook in �n wye gebied in distrikte vanaf Randfontein, Klerksdorp, Potchefstroom, Vryburg, Reivilo en Toska, wat aan die Noordwes Drakensberger Klub behoort, loop honderde Drakensbergers wat wins vir hul eienaars genereer. Beide die 6+ Telers sowel as die Noordwes Klub hou veilings vroeg in September.

As beesboerdery regtig oor wins gaan, is die antwoord eenvoudig � Drakensbergers! Hulle word nie sommer geklop nie.

Carel Nel is �n lid van die 6+ Drakensberger-telersgroep en boer in die Brandfort-omgewing. Stuur �n e-pos aan [email protected]  vir meer inligting.