Slangbos die aggressiewe indringer in weiveld se ontkiemingspotensiaal
APRIL 2009

Seriphium plumosum, wat in die volksmond bekend staan as slangbos, bankrotbos of vaalbos, is inheems aan Suid-Afrika en het reeds na verskeie dele in ons land versprei (Oos-Kaap, Vrystaat, Mpumalanga, Noordwes en Gauteng). Dit het eers bekend gestaan as Stoebe vulgaris. Hierdie aggressiewe indringer hou �n groot bedreiging in vir waardevolle weiveld, wat die goedkoopste voer vir die veeprodusent is en sal bly.

In hierdie artikel:

Ontkiemingspotensiaal van Slangbos
Samevattende opmerkings
Foto�s & Tabelle
 


Die feit dat slangbos deur feitlik geen dier benut word nie, maak die bekamping daarvan baie moeilik. Die stelling dat dit indring weens wanbestuur soos oorbeweiding is nie volkome waar nie, aangesien dit vinnig op �n plaas versprei indien dit eers daar voorkom, ongeag of die veld in goeie of swak toestand verkeer. Die hoofredes vir die geweldige ontploffing van slangbos oor veral die laaste vyf jaar bly �n raaisel.

Die bosse maak miljoene sade wat baie lig is en dus geweldig ver deur die wind versprei kan word. Baie min inligting bestaan oor die werklike ontkieming daarvan en die toestande waaronder dit die aggresiefste sal indring. Die algemene tendens is dat dit hoofsaaklik op sanderige grond aangetref word, maar kan selfs gronde met �n ho�r klei-inhoud indring mits die grond se dreinering goed is. Dit ontwikkel eers op die suidelike hellings waarna dit na die leegtes versprei en kom selde in vleie of waterbane voor. Dit is ook net beperk tot re�nvalgebiede van 620 tot 750 mm per jaar.

Ontkiemingspotensiaal van Slangbos
�n Intensiewe studie is aan die Universiteit van die Vrystaat uitgevoer ten opsigte van die ontkiemingspotensiaal van hierdie indringerplant. Grond is onder slangbosplante tot �n diepte van 50 mm versamel in die distrikte Zastron, Thaba Nchu, Ladybrand en Clocolan, waarna die ontkieming van die slangbossaad bestudeer is. Die versamelde grond is in die glashuis in twee liter roomysbakke, bo-op �n groeimedium versprei en daarna daagliks benat.

Daar is van min of meer ewe groot bosse gebruik gemaak, sodat die versameling van saad oor die verskillende distrikte vergelykbaar kon wees. Hierdie grond/saad versameling het in Augustus 2008 geskied, nadat die saad die koue winter deurgegaan het en die narypingsperiode opgehef kon word, sou die plant so �n vereiste vir optimale ontkieming verlang. Die bosse het wel in die lente net voor saadversameling geblom. Die sade kan vir maande aan die bosse voorkom voordat dit afgegooi word en die grond bereik en daarom is die bosse met �n voorwerp geslaan sodat al die sade kon afval. Slegs by Thaba Nchu is die bosse geslaan en is dus ou sowel as vars sade in die grondmonster versamel, teenoor die ander distrikte waar net ou saad se ontkieming bestudeer is. Daar is ook in �n tweede proef net van vars saad gebruik gemaak, wat vanaf die bosse aan die einde van Augustus 2008 geoes is. Die ontkiemde saailinge is oor �n periode van twee maande getel tot op �n punt waar geen verdere nuwe saailinge hulle verskyning gemaak het nie.

Interessant was dat die eerste saad eers na vyf weke van benatting opgekom het. Vir so �n besondere klein saadjie sou mens �n baie vinnige ontkieming verwag het. �n Magdom sade het na vyf tot ses weke opgekom, waarna dit heeltemal opgehou het. �n Logiese afleiding was dat alle sade wat wel tot op daardie stadium kiemkragtig was moes opgekom het, vandaar die drastiese staking van verdere ontkieming. Gelukkig is voortgegaan met die benatting van die saailinge wat wel opgekom het. Teen die verwagting in, het daar na twaalf weke (ongeveer twee maande) weer �n ontploffing in saadontkieming plaasgevind. Hierdie tendens bevestig net weer eens hoe min ons werklik van die verspreidingspotensiaal van hierdie indringerplant verstaan.

Besonder baie sade het by al die distrikte na vyf weke van benatting ontkiem (Tabel 1). So �n saailingontploffing wat deur een slangbos bos veroorsaak is, gee nie net skokkende syfers nie, maar vergelyk baie goed tussen verskillende distrikte. Die laer ontkieming wat wel by Clocolan voorgekom het kan aan baie moontlikhede toegeskryf word, soos dat die bosse die vorige seisoen moontlik nie optimaal saad gemaak het nie of dat die bosse dalk kleiner as in die ander distrikte was. Die belangrikste rede is egter die grondverskille tussen die distrikte. Dit is dus duidelik dat slangbosindringing ewe gevaarlik is, ongeag die distrik waar dit mag voorkom. Dit moet gesien word teen die agtergrond dat navorsers bevind het dat indien meer as 10 000 slangbosplante/ha voorkom, die produksiepotensiaal van weiveld met soveel as 70% tot 80% kan verlaag. Indien elkeen van hierdie 10 000 bosse gemiddeld die aantal saailinge van 434 per m2 (soos in hierdie studie verkry) sou produseer, is dit �n aaklige aantal nuwe saailinge wat tot die veld toegevoeg word. Wat verder onrusbarend is, is dat hierdie saailingsyfers per m2 uitgedruk is en nie eers per hektaar nie.

Hoewel die tweede ontkieming (ongeveer twee maande na benatting) wel minder saailinge opgelewer het, maak dit steeds �n groot bydrae tot die slangbos se indringing (Tabel 1). Daar is lank gespekuleer oor die moontlike redes vir die tweede stel saailinge wat ontstaan het, asook die ho�r ontkieming by Thaba Nchu. Die logieste gevolgtrekking is dat vars slangbossade oor �n na-rypingsperiode beskik wat eers opgehef moet word vir optimale ontkieming. Die sade wat eerste opgekom het, se na-rypingsperiode is deur die koue winter opgehef. Die varssaad, met ander woorde plante wat in die lente geblom het en waarvan die saad op die grond te lande gekom het, se rusperiode moes eers opgehef word; daarom die later ontkieming. Met die slaan van die Thaba Nchu-bosse het varssade ook op die grond beland, en as gevolg van die rusperiode benodig vir optimale ontkieming, eers later ontkiem. Die enkele sade wat wel by die ander distrikte opgekom het, kan toegeskryf word aan vars saad wat toevallig met die monsternemings die grond bereik het en ook eers �n saadrus moes ondergaan. Die slegte nuus is dat daar dus altyd kiemkragtige sade beskikbaar is wat regdeur die jaar gereed is om te ontkiem.

Indien �n slangbosplant wat saad geproduseer het en dit op een of ander manier (meganies of deur brand) afgegooi het, uit die veld verwyder sou word, hou dit die gevolg van �n ontploffing in saadontkieming in. Sorg moet dus gedra word dat indien slangbosbeheer toegepas word, �n opvolgaksie daarmee gepaard moet gaan. Sou dit nie gedoen word nie, sal die hele indringingsprobleem net vererger word. Chemiese beheer hou die voordeel in dat die aktiewe bestanddeel wat die plante dood, ook �n paar jaar se nawerking het wat saailinge wat mag opkom sal inhibeer. Die moederbosse beskik oor �n tipe allelopatiese eienskap, wat die ontkieming van nuwe plante in sy onmiddellike omgewing inhibeer. Hieroor word tans intensiewe navorsing gedoen. Hierdie allelopatiese impak en oorskaduings-effek op omringende plante wat met die verwydering van die bosse opgehef word, is grootliks verantwoordelik vir die ontploffing van saailinge.

Vars saad van slangbos wat nog aan die bos voorkom het �n 91% laer ontkiemingspersentasie getoon as saad wat reeds die grond bereik het. Dit impliseer dat slangbossade eers �n na-rypingsperiode van ten minste die koue winter moet deurgaan alvorens �n optimale ontkieming sal plaasvind. Daar moet dus aan �n manier gedink word om ontslae te raak van die saad voordat dit in kiemkragtigheid kan toeneem.

Dit is verbasend hoe die besondere klein slangbossade wel suksesvol in �n digte gras-bedekking (veld in goeie toestand) ontkiem en vestig. Die feit dat slegs beperkte, nuwe, jong plante normaalweg per seisoen in oop spasies �n entjie weg van die bestaande groot slangbosplante in goeie veld aangetref word, is verblydend. Die volwasse bosse produseer miljoene kiemkragtige sade wat moontlik nie dadelik ontkiem nie of weens die sterk kompetisie van die grasse uitgedruk word. Die langslewendheid van hierdie klein saadjies is �n aspek wat intensiewe navorsing vereis en wat baie nuttig sal wees met die suksesvolle toepassing van beheermaatre�ls. Oorbeweiding, wat gepaard gaan met die afname in plantbedekking, skep juis die ideale toestand vir die kiemkragtige slangbossaad om in massas te ontkiem weens die laer graskompetisie en die veld vinnig in te dring. Ou lande is veral vatbaar vir slangbos verdigting ook as gevolg van die gebrek aan kompetisie van grasspesies. Dit is stellig waar, soos deur literatuur uitgewys, dat slangbos wel grootliks blom gedurende die herfs/winter (April tot Junie) en lente, maar waarnemings toon ook dat daar regdeur die groeiseisoen bosse is waarop saad voorkom. Van die sade kan wel vir maande aan die plant voorkom voordat dit afgegooi word. Daar is ook waargeneem dat indien �n slangbossaailing vanjaar gevestig het, dit dieselfde seisoen reeds gaan blom.

Samevattende opmerkings
� Slangbos word tans as een van die belangrikste probleemplante in Suid-Afrika beskou en indien
   daar nie iets daadwerkliks met die bekamping daarvan gedoen word nie, staar ons kosbare weiveld
   �n ernstige probleem in die gesig. Daar is aanduidings dat digte stande van slangbos die produksie
   potensiaal van weiveld met soveel as 75% kan verlaag.
� Met oorbeweiding is die verskyning van slangbos meer opsigtelik, maar in werklikheid dra   
   oorbeweiding slegs by tot die indringing omdat die grasbedekking verminder en slangbos, wat nie 
   benut word nie, dan die geleentheid kry om onge-steurd te groei en toe te neem.
� Die geweldige ontkiemingspotensiaal van slangbossade, nadat plante hetsy deur uitkap of brand
   beheer word, is nie in die verlede deeglik besef nie. Hierdie beheermaatre�ls moet reg bestuur word
   in terme van opvolgbehandelings wat toe-gepas moet word.
� Onder �n slangbosplant l� daar dus �n magdom kernkragtige sade wat wag vir gunstige toestande 
  sodat dit kan ontplof in terme van ontkieming.
� Slangbosse kan sterk kompeteer vir plantvoedingstowwe, grondwater en besit ook nog   
   allelopatiese eienskappe wat giftige stowwe afskei, om die ontwikkeling en ontkieming van plante in
  hulle onmiddellike omgewing te inhibeer. Hierdeur kan grasse totaal verdring word deur die bosse.
� Vars sade wat nog aan die bos voorkom, het �n na-rypings periode nodig vir optimale ontkieming,
  wat minstens die koue winterperiode behels.
� Die onsmaaklikheid van die plant veroorsaak dat met die indringing daarvan �n plantegroeistand wat
  onbenutbaar vir diere is, sy opwagting maak.
� Hierdie plant is volgens die CARA-wetgewing gelys as verklaarde indringer. Waar dit dus die
   natuurlike plantegroei verdring is die grondeienaar genoodsaak om dit te beheer.
� Slangbos bevat vlugtige olies wat dit hoogs vlambaar maak, wat saam met die ho� brandbare
  materiaal �n gevaar inhou by veldbrande. Dit veroorsaak �n baie warm vuur wat groot skade aan die
  grasse kan veroorsaak.
�Daar bestaan wyduiteenlopende menings rondom die beheer en bestryding van slangbos en
  gevolglik verdien hierdie probleemplant verdere navorsing. Beheermaatre�ls bestaan wel, wat reeds
  suksesvol toegepas word.

Professor Hennie Snyman is van die Departement Vee-, Wild- en Weidingkunde aan die Universiteit van die Vrystaat.

Tabelle en foto�s


Aantal sade ontkiem, gemeet in terme van saailinge per bos en per m2 vir verskillende tye en distrikte.