SUKSESVOLLE KATOENPRODUKSIE ONDER BESPROEIING
AUGUSTUS 2008

Katoen is �n gewas wat met groot vertroue in �n wisselboustelsel ingeskakel kan word, met koring en mielies wat mekaar opvolg. Jaco Vermeulen het op Vaalharts met die katoenkenner Pieter van der Walt gesels en gee hier �n kort samevatting van die belangrikste produksiepraktyke.

In hierdie artikel:

Kultivars
Grondvoorbereiding
Planttyd
Plantestand
Onkruidbeheer
Plae
Groeireguleerders

Ontblaring
Samevatting
Verwysings

 


Katoen beskik oor �n penwortelstelsel en is �n bre�-blaargewas. Die inskakeling van katoen sal boerderyrisiko verminder deurdat dit die voorkoms van siektes, soos fusarium op mielies en aarskroei op koring, sal verlaag.


Kultivars
Die twee gewildste kultivars is Nu Opal (met Bollgard) en Nu Opal RR (stapelgeen met Bollgard en Roundup Ready). Dit is belangrik om te onthou dat die kultivars Bt-gene het en dat die aanplant van toevlugsoorde van kardinale belang en verpligtend is. Kultivars wat vir toevlugsoorde gebruik kan word, is Opal en Opal RR. Daar is twee opsies met betrekking tot die aanplant van die toevlugsoorde vir beide kultivars. Die opsies is wetenskaplik bepaal en die doel van die toevlugsoorde is om die waarskynlikheid vir weerstand teen die BT-gene te verminder.

Nu Opal, Opsie 1: 5% van die aangeplante oppervlak moet �n gewone Opal-kultivar wees wat nie gespuit mag word vir bolwurms nie.
Opsie 2: 20% van aangeplante oppervlak, met gewone Opal-kultivar waarop bolwurmbeheer toegepas moet word.

Nu Opal RR (stapelgeen), Opsie 1: 5% van oppervlak met Opal RR (wat slegs die Roundup Ready-gene het), wat nie vir bolwurms gespuit mag word nie.
Opsie 2: 20% van oppervlak met Opal RR, waarop bolwurmbeheer toegepas word. Sodoende kan onkruidbeheer oor die hele land met Roundup Ready toegepas word.



Grondvoorbereiding
Die katoenplant beskik oor �n baie diep en uitgebreide wortelstelsel. Grond moet diep losgemaak word sodat gekompakteerde lae wat mag voorkom, opgebreek word om maksimum wortelontwikkeling te bewerkstellig. �n Fyn en ferm saadbed is ook baie belangrik vir goeie saadontkieming en om opkoms te bespoedig.


Planttyd

Katoen moet nie geplant word voordat die boonste grondlaag waar saad geplaas word ten minste tien dae lank �n temperatuur van 16�C tot 18�C en ho�r gehandhaaf het nie. Indien koue toestande voorkom gedurende saadswel tot opkoms (plantdiepte 2 cm), kan die plant se groeikragtigheid nadelig be�nvloed word. Oktober is tradisioneel katoenplant-maand op Vaalharts.

Plantestand
Katoen is eintlik �n meerjarige gewas en kom moeiliker en stadiger op as mielies. Daarom word daar ook baie meer pitte geplant as wat die beplande plantestand is. Onder spilpunt is 11 � 11,5 kg/hektaar voldoende vir tussenryspasi�rings van 90 cm � 100 cm.

Dus: 90 cm tussen rye = 11 pitte/meter; 100 cm tussen rye = 12 pitte/meter. Onder vloedbesproeiing is 14 � 15 pitte/meter nodig.


Onkruidbeheer
Op Vaalharts is veral Wandelende Jood, Varkslaai en grasse �n probleem wat regdeur die seisoen ondervind word. Met gras langs die kanale is daar �n voortdurende besmetting van sade en daarom moet onkruidbeheer nie eenmalig nie, maar voortdurend toegepas word. Trifluralin wat net voor planting ingewerk word, is �n effektiewe vooropkoms-onkruiddoder. Op �n later stadium kan Acetochlor gespuit word om vooropkomsbeheer van veral gras te verleng.

Nu Opal RR het die voordeel dat twee breedwerpige bespuitings met Roundup Ready gedoen kan word tot die vierblaar-stadium (� vier weke na opkoms). Daarna kan spesifieke bespuitings met valarms gedoen word.

Plae
Snywurms
Lande moet ten minste vier weke voor planttyd vry van onkruid gehou word om die voorkoms van snywurms te verlaag. Chemiese beheer kan ook tydens planting gedoen word om snywurms te beheer.

Knopwortel-aalwurm
Knopwortel-aalwurm is een van katoen se grootste vyande. Tans is 10 kg/ha Aldikarb met planting die effektiefste middel om die probleem teen te werk.

Bolwurm
Die BT-gene beheer slegs bolwurmlarwes tot �n grootte van 6 mm. Onder sekere omstandighede kan bolwurm steeds voorkom:
a) Baie ho� eierlegging. Bolwurms is kannibalisties en vreet dus mekaar; sodoende kan �n paar oorleef tot �n
    grootte van 6 mm.
b) Bolwurm kan oorleef op onkruid wat in lande voorkom.
c) In Januarie en Februarie, wanneer blommetjies bo-uit blom, l� motte sommige eiertjies op die blomkelk
   waarop die bolwurm dan grootword. Die BT-gene is nie so sterk op die blomme nie. Verkenning is baie
   belangrik vanaf Januarie.

Die beheer van bolwurm met pirethro�ede lewer slegs beheer tot die tweede instar-stadium (drie dae; � 6 mm). Vir groter larwes is daar ander middels wat meer effektief is wat met trekker- of vliegtuigbespuitings toegedien kan word.

Groen stinkgogga
Hierdie insek word nie maklik raakgesien nie, maar kan groot skade aanrig deurdat hulle sap uit bolle suig wat vrot bolle en huisies tot gevolg het. Dit is maklik beheerbaar met pirethro�edes.

Groeireguleerders
Pix is �n produk wat gespuit word om onnodige vegetatiewe groei uit te skakel. Indien dit reg aangewend word, kan dit groot voordele inhou.

Ontblaring
Hierdie is seker die belangrikste bespuiting en kan met die trekker of vliegtuig gespuit word. Die tyd van ontblaring is krities en moet streng volgens voorskrifte gedoen word. Dit moet gedoen word v��r die eerste ryp voorkom.

Die groeistadium en weerstoestande speel �n groot rol by ontblaring. Plante wat fisiologies ryp is, ontblaar maklik. Probleme met ontblaring kan voorkom indien plante te welig gegroei het of in gevalle waar hergroei op �n laat stadium voorkom weens stremming vroe�r in die seisoen.

Dit is baie belangrik dat stikstof voor die 13de week na planting toegedien word, om die waarskynlikheid vir hergroei te verlaag.

Samevatting
Bogenoemde besprekingspunte is enkele van die aspekte wat belangrik is by die produksie van katoen. Aangesien die katoenplantjie baie pieperig is net na ontkieming, is dit baie belangrik dat dit �n goeie wegspring sonder kompetisie en stremming sal h�. As die plantjie eers sterk groei, is die katoenplant met sy goedvertakte wortelstelsel een van die gehardste gewasse. Produsente moet ook nie aanneem dat indien BT-gene-katoen geplant is, hulle glad nie op die uitkyk hoef te wees vir plae nie. Die insetkoste vir katoen is hoog en voortdurende waarneming is nodig om probleme of plae voortydig waar te neem.

Verwysing

LNR-Navorsingsinstituut vir Tabak en Katoen. 1996. Bestuursgids vir die Katoenprodusent.