Ken jou grond se eienskappe en verbeter produksie
Junie 2008

By dro�land gewasverbouing speel water �n dominante rol ten opsigte van �n haalbare oesopbrengs. Dit het tot gevolg dat die grondfisiese eienskappe, wat verband hou met waterstoor en -beskikbaarstelling aan plante, in die meerderheid gevalle as �belangriker� geag kan word as die grondchemiese eienskappe.

In hierdie artikel:

Grondkenmerke en hul invloed op die grond se produksievermo�
Kleur, tekstuur, struktuur, vlekke, hardheid, waterabsorpsie en gronddiepte
Foto en figuur


Bogenoemde s� vir ons dat grondpotensiaal nie gelyk gemaak kan word deur plantvoeding en grondchemiese regstelling nie en dat daar op die lae potensiaal gedeeltes van �n land relatief minder � en op die ho�r potensiaal dele relatief meer � bemes moet word.

Die meeste produsente kan vir jou aandui waar die beter en swakker kolle op �n land l�. Hierdie kolle is egter nie gekwantifiseer nie (met ander woorde, aan �n spesifieke potensiaal gekoppel) en ook nie afgebaken (geografies verwys) nie.

Omdat grondvormingsfaktore soos klimaat, lewende organismes, moedermateriaal, topografie en tyd drasties kan varieer, kan groot grond- of potensiaalverskille binne kort afstande voorkom.

Grondkenmerke en hul invloed op die grond se produksievermo�
Wanneer daar byvoorbeeld van �n Avalon grondvorm gepraat word, is dit nie te s� dat daar van �n ho� potensiaal grond gepraat word nie.

Die grondfisiese kenmerke, soos klei- en slikpersentasie, asook die effektiewe diepte van twee Avalon gronde, kan s� van mekaar verskil dat die een �n ho� potensiaal akkerbougrond kan wees, terwyl die ander moontlik net gemiddeld kan wees � of dalk marginaal ten opsigte van �n spesifieke gebied.

Die belangrikste grondkenmerke, wat �n invloed op die produksievermo� van �n grond kan h�, is die volgende:

Kleur, tekstuur, struktuur, vlekke, hardheid, waterabsorpsie en gronddiepte
Kleur
Grondkleur word hoofsaaklik deur vog en moedermateriaal be�nvloed. In kort kan ons s� dat grondkleur �n aanduiding is van lugvoghuishouding in die grond, met ander woorde of dit �n dro�, vogtige of nat versuipgrond is.

Tekstuur
Die tekstuur van grond dui op die verhouding waarin sand, slik en klei voorkom en word grootliks weerspie�l deur die kleipersentasie.

Die klei- en slikinhoud van grondlae speel �n belangrike rol ten opsigte van die volgende:
- bewerkingskeuse en die diepte van bewerkings;
- waterbeskikbaarstelling en �houvermo�;
- deurlugting; en
- vrugbaarheid.

Struktuur
Grondstruktuur het te make met die natuurlike samekleuring van gronddeeltjies, om groter dele of struktuureenhede te vorm. Dit gaan gepaard met ho�r kleipersentasies. Sterk struktuur het �n negatiewe invloed op wortelontwikkeling. Wortelgroei word beperk, afgebreek of platgedruk deur grondstruktuur omrede die kleistrukture rek en krimp en sodoende wortels beskadig.

Vlekke
Vlekke is gewoonlik �n aanduiding van waterbeweging in die grond. Hierdie eienskap is belangrik by die keuse van oorl�stelsels omdat die vlekke �n aanduiding is dat daar �n voghoudende keerlaag is en dat water wel opgeberg word en na bo kan beweeg.

Hardheid
Hardheid of konsistensie dui op die weerstand wat die grond bied teen vervorming of verbrokkeling en is gewoonlik �n produk van die klei- en slikinhoud in die grond. Hierdie eienskap het gevolglik �n invloed op grondbewerking, wortelpenetrasie, wortelverspreiding en wortelontwikkeling.

Waterabsorpsie
Dit dui op die spoed waarmee die grond water kan opneem, deurlaat en behou. Die invloed wat dit op die produksievermo� van die grond sal h�, is selfverduidelikend.

Gronddiepte
Of ons nou praat van effektiewe diepte, gronddiepte of effektiewe worteldiepte, dit kom daarop neer dat �n ho� potensiaal grond diep genoeg moet wees om genoegsaam water op te gaar en aan plante beskikbaar te stel tydens periodes waar re�nval nie aan plante se behoeftes kan voldoen nie.

Figuur 1 is �n voorbeeld van �n effektiewe gronddiepte-kaart van �n land in die Bultfontein-distrik. Volgens die legende wissel die gronddiepte van 60 cm tot 270 cm binne dieselfde land. Die aanbeveling is gemaak � dat die meeste gronde wat vlakker as 90 cm is (rooi en oranje) na aangeplante weidings oorgeskakel moet word. In die voorbeeld word hierdie dele afgebaken met �n nuwe landgrens.

Opsommend kan daar ges� word dat �n goeie akkerbougrond in staat moet wees om voldoende water te kan opneem, voldoende water op te gaar en water te kan vrystel (plant-beskikbare water).

Grondkenmerke soos klei- en slikinhoud, diepte van die grond en die teenwoordigheid van voghoudende keerlae (belangrik in areas waar oorl�stelsels toegepas word) is prim�r vir bogenoemde verantwoordelik.

Vir navrae oor dienste wat deur Senwes Landboudienste aangebied word, kan die volgende persone gekontak word: Jacques Odendaal (Bultfontein handelswinkel) by (051) 853-1141, Koos van Rensburg (Hartbeesfontein handelswinkel) by (018) 431-0115 of Jasper Dreyer (Klerksdorp) by (018) 464-7720.


Foto en figuur


�n Voorbeeld van �n hidrouliese grondboor wat vir grondklassifikasie gebruik word.



Figuur 1: Voorbeeld van ʼn effektiewe gronddiepte-kaart.