Volhoubare produksie ten spyte van stygende insetkoste
April 2008
As gekyk word na die landbousektor oor die
afgelope dekade het die omgewing waarin produsente produseer
redelik vinnig verander � nie net vir die prim�re produsent nie,
maar ook vir die verskaffer van insette.
In hierdie artikel:
� Styging in insetkoste
� Faktore wat ʼn invloed het op
volhoubare produksie
� Hoe kan ʼn produsent die
produkprys gebruik om volhoubaar te produseer?
� Opsommend
� Verwysings
� Grafieke
Gegewe die blootstelling wat die produsent het vanwe� die
mededinging met heelwat gesubsidieerde internasionale markte,
sou verwag word dat die produsent onder druk sal verkeer, en so
ook die insetverskaffer. Die effek is egter nie so groot nie,
aangesien die Suid-Afrikaanse produsent baie aanpasbaar is en
dit wat in die begin as moontlike struikelblokke in produksie
beskou is, kan �n positiewe invloed op die boerdery h�.
Die 2006/2007-produksiejaar was vir die somergraanprodusent in
die sentrale produksiegebiede aan die opbrengskant redelik
moeilik, aangesien die grondvogvlakke en die lae en
wisselvallige re�n die oes geknou het. Die beter prys waar daar
wel �n oes was, het egter daarvoor vergoed. Die verbetering in
prys het onder meer ook �n invloed gehad op die redelike skerp
styging in insetkoste wat in die 2007/2008-seisoen beleef is.
Die styging aan insetkoste-kant, tesame met die beter prys, het
produsente meer laat plant en daartoe gelei dat insetverskaffers
se omsette verhoog het. Die styging aan insette, die invloed wat
dit op die produsent het en die alternatiewe wat die produsent
het om steeds volhoubaar te kan produseer, is wat in hierdie
artikel bespreek word.
Styging in insetkoste
Sedert die vorige seisoen het direkte insetkoste met ongeveer
29% gestyg (berekening tot en met Desember 2007), met inagneming
van alle gewasse en verskillende verskaffers. In Grafiek 1
kan die toename per item gesien word.
Dit is egter belangrik om die persentasiebydrae van elke
insetkoste-kategorie ook in berekening te bring, aangesien
bemesting die grootste persentasiebydrae lewer tot direkte koste
van produksie by mielies in die sentrale produksiegebiede. Die
effek by mielies is dus groter as bloot net die styging in
bemestingskoste teenoor ander insette (Sien Grafiek 2).
Faktore wat �n invloed het op volhoubare
produksie
Sommige makro- en mikrofaktore wat �n invloed het op
volhoubare produksie van graan:
� Wisselkoers en die invloed op pryse.
� W�reldproduksie en voorraad van graan.
� Klimaat.
� Subsidies en tariewe.
� Spesifieke produksiepraktyke (rusland-stelsels, minimum
bewerking ensovoorts).
� Die produkprys (individu se prysingstrategie).
Hierdie artikel bespreek nie al bogenoemde faktore nie, maar
probeer die individu bewus maak van die geleenthede wat daar wel
bestaan by die prysing van sy produk. Witmielies word as
voorbeeld gebruik.
Hoe kan �n produsent die produkprys gebruik om
volhoubaar te produseer?
In Grafiek 3 kan duidelik gesien word dat daar in
enige seisoen ruim geleentheid vir die produsent bestaan om �n
redelike prys vir sy produk te realiseer.
Selfs in �n seisoen waar pryse kwaai onder druk was, soos die
2004/2005-seisoen, was daar geleentheid om pryse van R1 041 per
ton op Safex te realiseer, wat R570 per ton meer is as die
minimum prys vir die seisoen. In Grafiek 4 word die
gemiddelde Safex-prys vir die seisoen met die maksimum
Safex-prys vergelyk en persentasiegewys uitgebeeld.
Uit Grafiek 4 blyk dit duidelik dat daar � selfs in �n jaar waar
pryse onder druk verkeer het, soos die 2004/2005- bemarkingsjaar
� geleentheid was om tot 38% beter pryse te realiseer as die
gemiddelde prys.
Indien gekyk word na Grafiek 5 is dit duidelik dat daar
�n moontlikheid was om veel beter te kon doen as slegs die 38%
in die 2004/2005-bemarkingsjaar. Die geleentheid het bestaan om
die betrokke jaar 121% beter pryse te kan realiseer, indien �n
goeie prysingstrategie in plek was.
Indien produsente dus bekommerd is oor die skerp styging in
insetkoste wat vanaf die 2006/2007-seisoen tot die
2007/2008-seisoen voorgekom het, kan gesien word dat daar in die
jare tot en met 2007/2008 geleentheid was om beter te doen as
die 26% styging in insetkoste, selfs vanaf �n gemiddelde
Safex-witmielieprys.
Opsommend
Volhoubare produksie en oorlewing verg deurlopende
aanpassings en groter produksievolumes per eenheid om laer
winsmarges teen te werk. Produseer meer met dieselfde
hoeveelheid insette of produseer dieselfde met minder insette.
Aan bogenoemde het die innoverende Suid-Afrikaanse produsent
reeds aandag gegee en dit is �n feit dat Amerikaanse produsente
verwonderd staan oor die Suid-Afrikaanse produsent se
produksievermo� met die beperkte hulpbronne tot sy beskikking.
Daar is egter ruim geleentheid om ons produk meer effektief te
bemark en beter pryse te realiseer en sodoende ons winsgrense te
verhoog om volhoubaar te kan produseer. Dit is dus belangrik dat
die produsent vooraf weet wat die prys moet wees waarteen hy kan
verkoop om �n spesifieke marge te realiseer. Dit sal in baie
gevalle �n denkrigting-verandering behels, maar hoewel ons seker
nie �n prysbepaler van ons produk sal wees nie, hoef ons nie �n
prysnemer te wees nie � eerder �n prysbesluitnemer.
Vir enige hulp rakende die bemarking van jou graan, kontak
Senwes Graan by (018) 464-7800.
Verwysings
http://www.grainsa.co.za/marketstat.asp
http://www.safex.co.za/ap/
Grafieke
Vergelyking van insetkoste-styging in persentasie per item
vanaf jaar 2006/2007 tot 2007/2008.
Verhoudelike samestelling van direkte kostes as persentasie
van totale veranderlike kostes van mielies vir die sentrale
Senwes-produksiegebiede.
Prysverskille in Safex-witmieliepryse vanaf 1997 tot 2008;
voorlopige pryse.
Maksimum Safex-witmielieprys as persentasie van die
gemiddelde Safex-witmielieprys.
Maksimum Safex-witmielieprys as persentasie van die minimum
Safex-witmielieprys.