Speenkalwers - wat is jou beste opsie?
April 2008

Dit is weer speenkalftyd en die besluit rondom bemarking van die kalweroes moet geneem word. Verlede jaar het speenkalfpryse terugbeweeg van R14,50. Vanjaar is die pryse laer, maar met �n ho�r mielieprys.

In hierdie artikel:

Opsie 1: Voeg waarde toe
Opsie 2: Hou vas tot pryse verhoog
Opsie 3: Verkoop teen huidige pryse
Tabel


Produsente se opsies hang af van hul unieke situasie. Die moontlikhede, of kombinasies daarvan, sou wees om waarde toe te voeg, vas te hou tot pryse verhoog of te verkoop teen huidige pryse.

Langtermyntendense bied nie betroubare data om korttermynbesluite mee te neem nie. Die enigste betroubare korrelasie is dat die November-speenkalfpryse altyd ho�r is as die Mei-pryse (ongeveer R1 per kilogram oor tyd).
 

Opsie 1: Voeg waarde toe

Teen �n mielieprys van R1 500 per ton, �n aankoop-hoefprys van R12,50 per kilogram en A2-karkaspryse van R21,50 per kilogram, met geen waarde bereken vir inkomste aan die vyfde kwart nie, is die marge rondom R100 per kalf in �n konvensionele voerkraalsituasie.

Met die keuse op afronding moet die koste en rentefaktor van die kalf, sowel as die bestuurstyd wat aan hierdie opsie spandeer word, in ag geneem word. Die R100 per kalf wat in genoemde scenario gegenereer kan word, laat nie baie ruimte toe vir markskuiwe nie.

Indien A2-pryse na rondom R23 per kilogram beweeg en die mielieprys word vasgepen op R1 500 per ton, kan �n marge van R500 per kalf gegenereer word. Die voeropsie is dus tans neutraal, maar word nie as eerste keuse aanbeveel nie, veral teen die agtergrond van �n onseker graanmark.

Opsie 2: Hou vas tot pryse verhoog

As besluit word om die speenkalfoes vas te hou totdat pryse verhoog, is die bepalende faktor of daar genoegsame kos is om kalwers en koeie te akkommodeer, sonder om die koeie se reproduksie in die komende seisoen te benadeel. Ten einde �n realisties berekende besluit uit historiese data te neem, word �n opwaartse prysskuif van R1 per kilogram vanaf Mei tot November bereken. Dit sal om en by R230 addisioneel per kalf realiseer as slegs massa gehandhaaf word, met kostes en vrektes uitgesluit.

Produsente wat surplus oesreste tot hul beskikking het, kan oorweeg om kalwers terug te hou. Kalwers van 230 kilogram behoort in die orde van 270 kilogram te weeg aan die einde van die oesresperiode. Weens die prysdiskriminasie wat teen swaarder kalwers geld, is daar steeds net in die orde van R240 tot R250 per kop addisioneel te maak.

Hierdie bly �n aanloklike opsie, aangesien die koste van massatoename goedkoop is en die diere altyd in die mark is as �n prysskuif sou voorkom. Indien omstandighede gunstig sou verander vir die voeropsie, is dro� diere beskikbaar wat aangepas is op �n graandieet. Alternatiewelik kan die diere op 18 maande van die veld af bemark word, indien genoeg dro� materiaal beskikbaar is.

Die bemesting van aangeplante weiding vir die afrond van di� diere kan oorweeg word � �n waardetoevoegingsaksie van ongeveer R500 per dier. Negatiewe prysmarges word gevolglik beter hanteer weens die lae koste van massatoename.

Indien dro� materiaal beskikbaar is en die boerdery-onderneming kan die verlengde kontantvloei hanteer, is daar dus opwaartse potensiaal as die kalwers teruggehou word. Vergewis jou ook dat die praktyke sal inpas by jou onderneming se beskikbare bestuurstyd. Vir graanprodusente met geen vee kan hierdie stelsel addisionele waarde toevoeg, indien fondse beskikbaar is vir die inkoop van jong groeiende diere.

Opsie 3: Verkoop teen huidige pryse

Ten einde te besluit of �n spesifieke prys reg is vir jou omstandighede moet jy weet wat die kalf jou tot op daardie punt gekos het. Tabel 1 toon die inkomste per koei na direkte koste, soos uiteengesit in die Senwes Landboudienste bedryfstakbegroting vir 2008/2009. �n Sprong van R12 na R13 in hoefpryse realiseer
�n verhoging van R121 per koei teen �n 70% speenkalfpersentasie. Die effek van R1/kilogram hoefprys het dus �n invloed van ongeveer R12 000 op �n koeikudde van 100 teen 70% speenkalfpersentasie.

Hier kan die effek van reproduksie weer gesien word. Teen dieselfde hoefprys, maar met �n speenkalfpersentasie van 90%, genereer dieselfde koei R500 meer. Die effek van dieselfde
R1-prysskuif teen 90%-speenkalfpersentasie is nou bykans
R17 000 vir die koeikudde van 100. By veeproduksie klop opbrengs dus steeds prys.

Voor jy enige somme begin maak oor moontlike prysskuiwe, bepaal eers wat jou winter-kossituasie is. Moontlik sal dit jou besluitnemingsproses vergemaklik. Moet nie nou die risiko van moontlike verhoogde inkomste van R120 per koei loop teen moontlik geen inkomste in die volgende seisoen nie. Ons genereer steeds �n goeie inkomste met �n speenkalfprys van rondom R12,50 per kilogram, mits ons reproduksie op aanvaarbare vlakke is.

 

Tabel : Inkomste vs. Hoefpryse


* Inkomste na direk toedeelbare koste, byvoorbeeld lek, dip en doseer, arbeid en voertuig.