Spaar jou rande met koring
onder besproeiing
Februarie 2007
Die gemiddelde produksiekoste vir
besproeiingskoring beloop ongeveer
R8 580 per hektaar. Waterbestuur (besproeiing) en bemesting is
twee hoofaspekte wat gewasgroei en die uiteindelike oesopbrengs
dikteer. Die besproeiingskoste beloop ongeveer 19%, terwyl
bemesting 27% van die produksiekoste uitmaak. Hierdie twee
aspekte verlang gevolglik noukeurige bestuur.
In hierdie artikel:
�
Besproeiingskedulering
� ʼn Paar belangrike terme
� Metodes om grondwater te
bepaal
� Bemesting
� Grondsuurheid
� Tipe kalkbron
� Riglyne vir
kalkbehoefte
�
Stikstofbemesting
� Fosforbemesting
� Kaliumbemesting
� Opsommend
� Verwysings
� Foto�s en tabelle
Indien optimaal bemes word en grondwaterstremmings word gedurende die groeiseisoen ondervind, kan laer as beplande opbrengste te wagte wees. Die omgekeerde is egter ook waar. Kunsmispryse het die afgelope jaar baie gestyg en die insetkoste gaan verder verhoog weens die aangekondigde verhoging van elektrisiteitstariewe. Die produsent kan gevolglik ook nie bekostig om meer water toe te dien as wat nodig is nie.
Besproeiingskedulering
Besproeiingskedulering word toegepas om te verseker dat die
optimum grondwater op �n ekonomiese wyse in die wortelsone van
die gewas gehandhaaf word, sodat optimale groei en produksie kan
plaasvind. Elke besproeiingsprodusent behoort een of ander vorm
van grondwatermetings te doen, waarop skedulering berus. Deur
grondwatermetings op verskillende dieptes in die grondprofiel te
doen, kan moontlike grondwatertekorte op sekere vlakke in die
grondprofiel ge�dentifiseer word. Die skeduleringsprogram kan
dan aangepas word om dit te voorkom. Daar moet ook gepoog word
om die grond so na as moontlik by veldkapasiteit te kry met
planttyd en dit deur die groeiseisoen daar te hou. Dit kan dan
as �n buffer dien as daar onbeplande besproeiingsonderbrekings (byvoorbeeld
brekasies en diefstal) opduik. Weens die ho� insetkoste en lae
winsmarges is dit dus baie belangrik dat die produsent die regte
hoeveelhede water op die regte tydstip toedien. Oor- en/of
onderbesproeiing kan nie bekostig word nie. Oorbesproeiing het
nie net verhoogde elektrisiteitskoste tot gevolg nie, maar dit
kan ook waardevolle voedingstowwe uit die grond loog.
As daar na enkele verskillende grondtipes gekyk word, kan daar
gesien word hoe �n groot rol die kleipersentasie in die
waterhouvermo� van verskillende grondtipes speel (Tabel 1). Dit
is gevolglik van kardinale belang dat �n produsent presies weet
in watter tekstuurklas sy grond val. Dit is nie net vir
besproeiingsprodusente belangrik om grondwaterbepalings te kan
doen nie, maar ook vir produsente wat gewasse onder
dro�land-toestande verbou.
�n Paar
belangrike terme:
Veldkapasiteit is die maksimum
hoeveelheid water wat in die grond kan voorkom wat nie deur
gravitasie uit die profiel gedreineer kan word nie.
Verwelkpunt is die punt waarby die water wat in die grond
teenwoordig is, ontoeganklik vir die plant raak. Die grond hou
met ander woorde die water stywer vas as wat die plant die water
kan onttrek.
Beskikbare water is die hoeveelheid water wat tussen
veldkapasiteit en verwelkpunt in die grond vir die plant
beskikbaar is.
Metodes om grondwater te bepaal:
Gravimetriese metode
Vir di� metode word geen spesiale apparaat benodig nie.
�n Skaal wat klein hoeveelhede akkuraat kan weeg, �n grondboor,
glasbotteltjies en �n oond is nodig. Di� metode is baie akkuraat,
mits die skaal wat gebruik word akkuraat is. Nadele van die
metode is dat dit redelik lank neem om die resultate te bereik.
As daar baie monsters geneem word, is di� metode ook baie
arbeidsintensief.
Tensiometers
�n Tensiometer bestaan uit �n plastiekpyp met �n keramiekpunt en
�n drukmeter aan die ander punt. Die apparaat meet die
suigspanning in die grond. Die voordele van die tensiometer is
dat lesings dadelik beskikbaar is en enige tyd geneem kan word.
Tensiometers is relatief goedkoop. Die nadeel van die apparaat
is dat die installering van die meters ingewikkeld is en as die
installering nie reg gedoen is nie, kan dit die akkuraatheid van
die apparaat be�nvloed. Lesings kan ook net op vasgestelde
dieptes (die lengte van die tensiometer) geneem word.
Karbiedvogmeter
Die karbiedvogmeter bestaan uit �n metaalbottel met �n prop wat
�n drukmeter op het.
Die meter werk op die beginsel dat water wat met kalsiumkarbied
in aanraking kom, asetileen vorm en dan drukking opbou.
Karbiedvogmeters is relatief goedkoop. As daar baie monsters
geneem word, is di� metode ook baie arbeidsintensief.
Neutronvogmeter
Di� apparaat werk met �n radio-aktiewe bron wat neutrone
uitstraal. Die neutrone word deur water wat in die grond is,
teruggekaats en weer deur die meter gemeet. Die voordele van die
apparaat is sy akkuraatheid en herhaalbaarheid en dit is vinnig
om �n meting met die meter te doen. Die apparaat is egter baie
duur.
Bemesting
Gereelde verteenwoordigende grondontledings is nodig sodat op
die regte plantvoedingsprogram besluit kan word en om onder- of
oorbemesting te voorkom.
Grondsuurheid
Koring is uiters gevoelig vir suur gronde en dit is �n knelpunt
wat reeds ernstige afmetings in die somerre�ngebied aanneem.
Grondsuurheid kom wydverspreid voor en die neiging bestaan dat
gronde in die ho� re�nvalgebiede suurder is.
Tipe kalkbron
Dit is belangrik dat die tipe kalkbron (kalsities of dolomities)
wat aangewend gaan word, reg gekies moet word. Hierdie keuse
word bepaal deur die Ca:Mg-verhouding en die Mg2+-inhoud van die
grond.
Riglyne vir kalkbehoefte
Die pH (KCI) en die tekstuurklas van die grond word gebruik om
�n aanduiding te kry van die kalkbehoefte vir koringverbouing.
Indien die pH (KCI) laer is as 4,5; pH (CaCI2) laer
as 5,0 of pH (H2O) laer as 5,5; moet volledige
ontledings gedoen word om die kalkbehoefte te bepaal.
Stikstofbemesting
Die stikstofbemestingsriglyne vir besproeiingskoring word in
Tabel 2 weergegee. Nuwer denkrigtings en metodes is om
grondstikstofontledings te gebruik ten einde die
stikstofbehoeftes te bereken.
Die praktyk om stikstof onder besproeiing te verdeel, het deur
die jare baie aandag geniet. Daar is bevind dat effektiewe
stikstofbestuur deur die groeiseisoen produsente in staat stel
om ho� graanopbrengste met aanvaarbare prote�eninhoud te
produseer (sien Tabel 3).
Fosforbemesting
In Tabel 4 word die fosforbemesting (kg P/ha) vir
besproeiingskoring volgens beplanningsopbrengs en
grondfosforgehalte volgens die Bray 1-ontledingsmetode aangegee.
Kaliumbemesting
Die algemene tendens bestaan dat kalium gewoonlik nie aangevul
hoef te word by koringverbouing nie (sien Tabel 5).
Tekorte kan nogtans voorkom, veral by hoog geloogde sandgrond of
grond wat voorheen nie goed bemes was nie.
Opsommend
� Besproeiingskedulering is noodsaaklik by die besproeiing van
koring en daar is verskeie
metodes om grondwater te bepaal wat aangewend kan word vir skedulering.
� Daar is verskeie bestuursaspekte wat die suksesvolle produksie
van koring onder besproeiing
be�nvloed. Besproeiings- en bemestingskostes is die twee grootste
uitgawekomponente vir
die produsent en verg gevolglik baie goeie bestuur.
Verwysings:
Handleiding vir die produksie van kleingrane in die
somerre�nvalgebied (2007) � LNR-IGG;
Kostegids vir Sentrale en Noordelike besproeiingsgebiede (2007)
� Senwes; Noordwes Nuus, Nov./Des. 1999. Verskillende metodes om
grondwater te bepaal (F. Yssel);
http://waterquality.montana.edu � Wheat irrigation;
http://www.oznet.ksu.edu;
www.nouriche.com;
http://www.tradertech.com
Foto�s en tabelle
Voorbeelde van verskillende grondvorme se waterhouvermo�.
Stikstofbemesting (kg N/ha) onder besproeiing volgens
beplanningsopbrengste.
Verdeling van stikstof deur die groeiseisoen by verskillende
opbrengsvlakke.
Fosforbemesting (kg P/ha) onder besproeiing volgens
beplanningsopbrengs en grondfosforgehalte volgens die Bray
1-metode.
Riglyne vir kaliumbemesting (kg K/ha) onder besproeiing volgens
grondkaliumstatus en beplanningsopbrengs.
*By grond met >35% klei (by grond met <35% klei word geen K
aanbeveel nie).
Op <35% kleigrond kan K-toediening verdeel word deur die seisoen
om deurlopende beskikbaarheid in die bogrond te verseker.