Die waarde van groenvoer vir jou vee
Februarie 2007

Groenvoer, wat as groepsnaam vir �n verskeidenheid wintergewasse gebruik word, is �n algemene praktyk oor �n wye reeks veeproduserende gebiede. Die goeie diereprestasie wat van hierdie weidings behaal word, is alombekend en die waarde daarvan vir afronding en lammerooie maak dit �n gesogte praktyk by produsente.

In hierdie artikel:

Is di� praktyk volhoubaar?
Waarnemings uit Tabel 3
Verwysings
Tabelle en grafieke


Die volhoubare benutting van di� praktyk in veeproduksiestelsels vir die toekoms word egter soms bevraagteken weens die koste-implikasie daarvan. Met die verhoging in insetkoste plaas ons die verbouing van groenvoer weer onder die vergrootglas.
Dit spreek vanself dat indien daar slegs staatgemaak word op die sogenaamde goeie groenvoerjare om �n veestelsel volhoubaar te laat produseer, die praktyk ongewens is. Dit maak eenvoudig nie sin om �n praktyk te volg wat net twee uit vyf jaar werk en boonop duur is as kritiese inset nie. Veral nie waar die swak groenvoerjare die netto boerdery-inkomste negatief be�nvloed nie. Sulke koste-intensiewe praktyke moet �n ho� frekwensie van sukses h�.

Is di� praktyk volhoubaar?

Groenvoer is �n ou boerderypraktyk in Suid-Afrika. Figuur 1 toon die tendens van ru-oliepryse sedert 1946. Vir dertig jaar het pryse letterlik sywaarts beweeg, tot in die sewentigs. Inteendeel, die oudste data wat verkry kon word toon di� tendens aan sedert 1920. Die energie-inset (diesel, kunsmis, kilowatt) om �n eenheid vleis deur middel van groenvoer te produseer, het dus redelik konstant gebly en die produsent kon sy aandag vestig op die produksiekant. Ons verwys gereeld na �die goeie ou dae� en ons het nog altyd geld gemaak met groenvoer. Toe verander alles en sedert 1975 het die olieprys so geskrik dat dit sy mooi geskiedenis van 50 jaar vergeet het om nooit weer dieselfde te wees nie.

Sedert 1970 tot 2000 neem skaapvleis se waarde vinniger toe as ru-olie, behalwe vir �n jaar of wat gedurende die sewentigs. Figuur 2 toon egter �n tendensverandering sedert 2000. Vir die eerste keer gebeur dit dat die waarde van ru-olie (energie-inset op plaasvlak) vinniger begin toeneem as di� van skaapvleis. Hierdie is �n makro-benadering rondom die benutting van groenvoer en meer van waarde rondom jou toekomstige siening van jou groenvoerpraktyke. �n Tendensverandering kom sedert 2000 na vore deurdat die koste om groenvoer te produseer geleidelik meer begin word in verhouding tot die waarde van skaapvleis na �n paar dekades waar skaapvleis verhoudingsgewys meer werd was. Die vraag wat produsente dus rondom die ekonomiese verbouing van groenvoer het, is baie relevant. Die doel is nie om groenvoer af te skiet nie. Indien jy groenvoerprofiele het waar vog reg bestuur word om jaar op jaar suksesvolle groenvoer te verbou binne jou produksiestelsel, is daar genoeg ruimte daarvoor, maar wees bewus daarvan dat die goeie diereprestasie se winsgewendheid onder groter druk begin kom weens eksterne makro-faktore.
Waarskynlik kan dieselfde argument gevoer word vir die konstante verlaging van koringaanplantings in die suid-Vrystaat, waar die koste van insette eenvoudig meer begin word het as die potensiaal van die grond. Slegs twee goed kan gebeur om die praktyk weer winsgewend te maak � pryse moet styg of produksiekoste moet verlaag.

Tydspandering om pryse in �n makro-ekonomie opwaarts te dwing is dalk nie die antwoord nie. Kom ons kyk eers of ons nie die produksiekoste kan afbestuur om die veeboerdery weer meer winsgewend te maak nie. Ek hoor jou s� dat jy reeds net met een sakkie kunsmis plant, en dit is om die planter vas te hou...
Gedurende die negentigerjare is stelselnavorsing op die Athole-proefplaas in Mpumalanga gedoen. Die doel was nie om stelsels met mekaar te vergelyk nie, maar om die beste hulpbronaanwending te bepaal vir �n spesifieke hulpbronsamestelling. Aangesien �n legio faktore die uitkoms van �n spesifieke stelsel bepaal, is direkte vergelykings onmoontlik. Simplistiese vergelykings tussen drie stelsels, getref in Tabel 3, toon merkwaardig eenvormige antwoorde, desnieteenstaande die baie veranderlikes.


Waarnemings uit Tabel 3:

Soos te wagte het die kapitale belegging per dier toegeneem soos die stelsels meer kompleks geraak het. Stelsel 1, waar die skape net op veld loop, is as basis gebruik waarvandaan vergelyk is en wat toon dat die kapitale belegging na die meer intensiewe stelsel tot soveel as 45% ho�r is per dier.

� Die rendement op kapitaal het nie dramaties gestyg na die intensiewe stelsels soos baie keer
  aangeneem word nie. Die verhoogde netto boerdery-inkomste in intensiewe stelsels is bloot
  vanwe� die groter kapitale belegging wat gemaak word.
� Die mees betekenisvolle praktiese waarneming wat gemaak is, is die verhoging van rente op
  kapitaal verdien tussen stelsel 1 en 2, wat basies dieselfde produksiestelsel is. Waar twee
  spesies in kombinasie geboer word en meer geleenthede geskep is vir doeltreffende
  veldbestuur, veral met betrekking tot die oorwintering van die ooikudde, het die stelsel
  ekonomies aanvoelbaar beter presteer as waar net skape in die stelsel is. Die
  komplimenterende effek van die twee spesies in dieselfde hulpbronaanwending was ekonomies
  voordelig, in di� geval met 14%.

Indien jy begin twyfel oor jou groenvoerverbouing en of dit ekonomies nog sin maak, toon die resultate in Tabel 3 dat daar wel alternatiewe is wat �n laer insetkoste het en jou steeds op die plaas kan hou. Van Pletzen, Melville en Hanekom (2006) het tot soortgelyke gevolgtrekkings gekom met werk van 2001 tot 2004 in die Smithfield-omgewing. As die probleem groot is, is die regstelling ook groot. Dit kan van die volgende insluit, maar met die wete dat dit nie verkeerd sal wees en tot jou ondergang sal lei nie:

� Permanente weiding;
� Verandering van produksiestelsels; en
� Wesenlike skuif in lamtyd.

Die diereprestasie verbonde aan groenvoerverbouing is uitstekend, maar kan ekonomies onder druk begin kom weens eksterne faktore. My mening is dat die grootste vyand tans vir groenvoerverbouing nog die risikofaktor is. Waar die gewas met lae risiko jaar op jaar verbou word, is dit nog ekonomies, maar daar begin �n addisionele rooi lig flikker wat bydra tot die kosteknyptang. Besin dus mooi oor of jou kapitale aanwending in groenvoer die beste opsie is. As jy aan alternatiewe begin dink, is die heel belangrikste om eers �n kopskuif te maak � �n groenvoerlam lyk nie soos �n veldlam nie! As jy eers hier verby is, wat die moeilikste gaan wees, beplan genoegsaam en faseer eerder geleidelik in as vinnig en ondeurdag.

Verwysings:

http:www.oilnergy.com.
Mpumalanga Landbou-ontwikkelingskomitee, Vorderingsverslag 20 November 1997.
Van Pletzen, Melville & Hanekom 2006, Groenvoer vs. veld en lek vir lammerooie, http:www.landbou.com/LandbouWeekblad/Dierevoeding/0,,1294-2020_1919183,00.html.

Tabelle en grafieke


Prysbeweging van ru-oliepryse sedert 1946.


Relatiewe prysbeweging van ru-olie en skaapvleis in vergelyking met mekaar sedert 2000.


Uitsetvergelykings tussen verskillende hulpbronaanwendings.