Whitfield Bonsmaras: Uitsonderlik anders
2007-04-01

Ashley Whitfield van die plaas Belvedere, geleë tussen Viljoenskroon en Kroonstad, is ‘n vierdegenerasie-produsent wat boer op grond wat reeds sedert 1896 in sy familie se besit is.

In hierdie artikel:
  1. Geskiedenis
  2. Whitfield Bonsmaras (LDW)
  3. Diversifikasie in die boerdery
  4. Bemarking van gewasse
  5. Arbeidsbestuur
  6. Finansies en administrasie
  7. Op persoonlike vlak
  8. Foto's
     

 


Ashley is natuurlik mees bekend vir sy indrukwekkende Bonsmara-stoet, wat hy in 1993 begin opbou het en waarvan die eerste volwaardige produksieveiling op 14 Junie 2008 gehou word. Die stoet is in 2000 geregistreer as Aanhangsel “A” kudde.

Die oorspronklike Whitfield-plaas is 111 jaar gelede deur Ashley se oupagrootjie gekoop. Sedertdien is bykomstige grond deur die volgende generasies aangekoop. Die boerdery bestaan huidig uit 2 849 hektaar eie grond en 561 hektaar huurgrond. Ashley en sy vrou, Jacky, bly op die plaas Belvedere.

Geskiedenis
Ashley se skoolloopbaan is in Grahamstad voltooi, waar hy in 1978 aan die Kingswood College gematrikuleer het. Hierna het hy sy verpligte weermagopleiding voltooi as 2de luitenant by die artillerieskool. Hy was ook ‘n kranige rugbyspeler en het vir Oostelike Provinsie Skole, Wes-Transvaal o/20A en die Weermag-rugbyspan uitgedraf. Na sy weermagopleiding het hy ‘n diploma in landbou aan die Cedara Landbou Kollege voltooi.

Hy wou van kleins af boer en het hom in 1983 by die familiebesigheid aangesluit. “Om te boer is nie vir my ‘n werk nie, maar ‘n stokperdjie. Ek glo dat ‘n mens iets moet neem en dit opbou, sodat wanneer jou tyd op aarde verby is, jy dit aan die volgende generasie kan oorgee in ‘n beter toestand as wat dit was toe jy dit ontvang het,” het Ashley gesę.

Hy het egter sy deel van teenspoed gehad. Tot in 1993 het die Whitfields die plaas as ‘n familiebesigheid bestuur, met Ashley wat saam met sy pa, Desmond, en broer, Llewelyn, geboer het. In hierdie tyd is die Desmond Whitfield Bonsmarastoetkudde gevestig. Die Whitfields het deur middel van moderne teeltegnieke ‘n stoetkudde van uitstaande gehalte op die been gebring. Maar in 1993 is die familie-onderneming ontbind en die grootste gedeelte van die stoetkudde verkoop aan Fortress Bonsmaras.

Whitfield Bonsmaras (LDW)
Ashley is egter nie iemand wat tou opgooi nie en kort na die terugslag begin hy ‘n kommersiële kudde met 60 Bonsmaras uit die oorspronklike Desmond Whitfield-kudde. In 2000 is hierdie diere geregistreer as deel van die Whitfield Bonsmara-stoetkudde. In 2002 koop hy 50 top koeie, kalwers en semen op die uitverkoping van die bekende SAS Bonsmara kudde. SAS Bonsmaras was een van die tien stigterslede van die Bonsmara ras. In 2004 koop hy ook die beste 37 diere op die uitverkoping van Stirk Bonsmaras van Grahamstad. Die kudde is tans ongeveer 800 diere sterk.

“Die stoet begin nou stabiliseer en toon reeds sy eie kenmerke. Hoewel Bonsmara koeie gemaklik tot op vyftien jaar as deel van ‘n kudde kan funksioneer, probeer ons waar moontlik om hulle reeds na tien jaar te verkoop. Die rede hiervoor is dat hierdie diere reeds beproef is en dat dit boere wat nuut in die bedryf is en graag ‘n kudde van hul eie wil opbou, ook die kans gee om dit te doen,” het Ashley gesę. Hy glo dat produsente ‘n verantwoordelikheid het om iets terug te sit in die gemeenskap en hierdie is net een van die maniere waarop hy hierdie geloof uitleef.

In ‘n Landbouweekblad-artikel wat in 2004 verskyn het, is die volgende van Ashley se kudde geskryf: “Whitfield Bonsmaras beďndruk veral met die pragtige uiers van die koeie, die diere se uitstekende bespiering en hul lengte. Die speenkalwers is ook van hoogstaande gehalte.”

Ashley se rekordhouding in terme van die stoet is onberispelik en absoluut volledig. Elke dier in sy kudde se herkoms kan nagespeur word, kompleet met foto’s by sommiges. Sy diere is almal van mediumraamgrootte en die vroulike diere toon goeie moederseienskappe.

Ashley het ‘n winter- en somer teelseisoen. Hy maak al die diere in die veld groot, sodat hulle aangepas is by die harde toestande waarin hulle sal moet werk. Die kudde wei op Smutsvinger, natuurlike weiding en oesreste.

“Een van die geheime vir ‘n suksesvolle beesboerdery lę daarin dat jy altyd moet seker maak dat jy genoeg kos het om behoorlike voeding vir jou diere te verseker. Dit word gedoen deur deeglike beplanning en deur pro-aktief op te tree wanneer jy sien dat die komende seisoen dalk ‘n probleem kan gee,” het Ashley gesę. Hy pas die veldbestuursbeginsel van oorlęlande ook in sy weidingskampe toe, waar hy 30% - 50% van sy kampe laat rus vanaf eerste reëns tot wanneer die eerste rypneerslae voorkom. “Deur die veld ook ‘n ruskans te gee, kry die grond kans om te herstel en het jy ‘n aansienlike hoër graad en hoeveelheid kos beskikbaar die jaar daarna.” (Senwes Landboudienste was betrokke by die implementering van dié veldbestuursbeginsels en is steeds betrokke by veebestuur en die monitering van weiding op Ashley se grond.)

Al sy diere word ook deur die bank elke maand geweeg, wat ‘n vroeë waarskuwingsisteem in plek sit. Sodra jou diere begin gewig verloor, weet jy iets is verkeerd en kan jy die probleem begin
soek en aanspreek.

Ashley is tans aan die werskaf om ‘n nuwe, verbeterde veeveilingkompleks op Belvedere op te bou. Hy het reeds ‘n paar jaar gelede begin met die beplanning van die projek en steur hom glad nie aan doemprofete nie. Sy planne is verfrissend nuut en – soos met die vernuwing van die vertoninglokaal van die Bonsmaras by NAMPO – beloof dit om ‘n groot sukses te wees. Die Whitfield Bonsmara Bekendstellingsdag word op 21 April op Belvedere aangebied.

Diversifikasie in die boerdery
Hoewel die beesboerdery as Ashley se hoofvertakking beskou kan word, plant hy ook 1 430 hektaar somergewasse, waarvan 70% mielies is en die res sonneblom en aartappels.

“Presisieboerdery is reeds ‘n integrale deel van ons saaiboerdery. Ons het reeds vier jaar gelede begin met die kartering van ons lande, asook met die gebruik van ‘n opbrengsmonitor tydens strooptyd. Ons kan dus nou deeglik meet en beplan en aanpassings maak waar dit nodig is,” het
Ashley gesę. Presisieboerdery bring, volgens Ashley, ‘n reusebesparing in sy saaiboerdery mee. “Noudat jy weet presies hoeveel kunsmis en kalk byvoorbeeld op elke land toegedien moet word, is die besparing op hierdie produkte enorm.”

Ook in sy saaiboerdery glo Ashley in die oorlęland-beginsel. Volgens hom lei dit teoreties tot ‘n 30%-verhoging in opbrengs. “Die sukses van hierdie stelsel lę daarin dat oorlęlande deeglik en effektief bestuur moet word. Optimale rus en vogbewaring kan net verkry word wanneer hierdie lande vir die hele rusperiode skoongehou word,” het hy gesę.

Bemarking van gewasse
Ashley maak gebruik van minimum-pryskontrakte in die bemarking van sy graan vir ongeveer 60% van sy langtermyn gemiddelde opbrengste en bemark die res van die oes tydens strooptyd teen die heersende prys.

Die aartappelmark verskil egter, volgens Ashley, baie van die mieliemark. Met die bemarking van aartappels is dit belangrik om te weet wat om waar en wanneer te verkoop. Die grootte en gehalte van jou aartappels bepaal ook waar jy jou aartappels gaan bemark.

Arbeidsbestuur
Daar is ongeveer 22 permanente werkers by die boerdery betrokke, wat tuiniers en huiswerkers insluit. Elke werker weet wat sy eie spesifieke taak is en word voorsien van dit wat hy nodig het (hetsy trekker, voertuig of stroper) om sy dagtaak te kan verrig. Basiese arbeidsvoorwaardes word streng gevolg en werksure word met ‘n outomatiese kloksisteem gemonitor.

Finansies en administrasie
Die administratiewe gedeelte van die boerdery is Jacky se verantwoordelikheid. Saam met die boekhouer en ekonoom word rekords noukeurig bygehou en die begroting perfek bestuur. “Ons het vyftien jaar se akkurate finansiële rekords, waarmee ons grafieke, dataverwerking en analise van die totale boerdery kan doen. Dit help baie aan die bestuurskant van die besigheid en ook om neigings te kan vasstel,” het Ashley gesę.

Op persoonlike vlak
Ashley en Jacky het twee kinders, Nici en Ryan. Beide is reeds uit die skool en volg hul eie beroepe. “Ek sal nooit enige van my kinders dwing om by die boerdery betrokke te raak nie. Dis hul eie besluit. Hoewel ek hoop dat hulle ook so passievol oor die boerdery sal wees soos ek, verwag ek dit nie van hulle nie.

Van Ashley se ander stokperdjies is fotografie en hy neem ook – behalwe van sy beeste en boerdery – foto’s by troues en funksies. Ashley en Jacky is beide lief vir reis en besoek gereeld hul vakansiehuis in Port Alfred. Ashley is drie tale magtig en “kon Sotho praat voordat ek behoorlik Afrikaans of Engels kon praat”.

Hy is ook ‘n groot voorstander van bemarking en glo dat sy boerdery as handelsmerk bemark moet word, natuurlik met Whitfield Bonsmaras as kenmerk. Sy leuse is “uitsonderlik anders” en dus streef hy daarna om altyd iets innoverend in sy besigheid te doen, sodat dit kan bly groei en
van krag tot krag sal gaan.

Ashley en Jacky is albei aktiewe lede van die Viljoenskroon Rotariërs Klub. Hy is tans president en Jacky is reeds verkies om in 2008 die leisels daar oor te neem. Die klub is aktief betrokke by verskeie gemeenskapsaksies op Viljoenskroon.
 

Foto's


Ashley en Jacky in hul tuin op die plaas Belvedere.

Ashley en Jacky saam met hul kinders, Ryan (agter regs) en Nici.

Die Whitfield Bonsmara logo is een waarop Ashley trots is.

Die vroulike diere van die Whitfield Bonsmara-stoetkudde is bekend vir hul goeie moedersinstinkte.

 

‘n Lugfoto van die huis op Belvedere.

Ashley saam met van sy werkers: Ishmael (heel links), Joseph en Joshua (heel regs).

‘n Trekker bedrywig in een van die aartappellande.