Nagenoeg 100% van alle gars geproduseer het voldoen aan
moutgraadvereistes. Uit �n totale oes van 64 241 ton is slegs 15 ton
voergraad gelewer.
Die persentasie korrelstikstof was egter effens laer as gedurende die vorige
seisoen. Di� verskynsel kan moontlik toegeskryf word aan lae nagtemperature
gedurende die korrelvul- stadium aan die begin van Oktober in veral die Bull
Hill, Jan Kempdorp en Tadcaster produksiegebiede.
Garsopbrengste in veral die Vaalharts en Taung-areas was oor die algemeen
beter as di� van koring gedurende die afgelope seisoen. In Tabel 1 word die
opbrengs en kwaliteit van die verskillende produksieareas met mekaar
vergelyk.
GAP-stelsel
Die 2006-garsseisoen is ook gekenmerk deur die infasering van �n Good
Agricultural Practices stelsel (GAP � soortgelyk aan die EurepGap-stelsel in
Europa) met betrekking tot die verbouing van moutgars in Suid-Afrika. Die
Garspaspoort-sisteem sal in die toekoms baie streng en sonder uitsondering
in alle produksiegebiede toegepas word om die toediening van
ongeregistreerde landbou-chemiese middels tydens die verbouing van moutgars
te verhoed.
Produsente se samewerking word weer eens gevra om die sisteem te laat werk.
Landbou instansies wat verantwoordelik is vir die inname en opberging van
die gewas, sal gedurende die komende 2007-seisoen die sisteem daadwerklik
afdwing. Dit is die enigste manier waarop alle rolspelers die risiko�s van
moutgarsafgraderings weens toedienings van ongeregistreerde middels daarop
kan verhoed.
SABMiller, �n globale biermaatskappy met bedrywighede in meer as 60 lande
oor vyf kontinente, het �n morele verpligting ten opsigte van
voedselveiligheid teenoor die verbruikers van sy produkte.
Veranderende produksie
Die histogram in Figuur 1 toon hoe die verbouing van moutgars in die
besproeiingsgebiede toegeneem het sedert die middel negentigs. Die klein
afname van die 2005-seisoen na die 2006-seisoen kan hoofsaaklik toegeskryf
word aan die kontrakteringstrategie van die Vaalharts produsente. Na die
oorproduksie deur sekere produsente gedurende die 2005-
seisoen, het hierdie produsente gedurende die 2006-seisoen kontrakte geskryf
teen �n ho�r gemiddelde opbrengs.
In Figuur 2 kan gesien word watter bydrae die besproeiingsgebiede maak tot
die totale garsproduksie in Suid-Afrika.
Nuwe moutgars-kultivar vir gebied
Vir die komende seisoen het produsente in die Vaalharts en Taung-gebied �n
keuse van �n nuwe addisionele kultivar tot Puma vir aanplanting. Die
SABBI-geteelde kultivar, SSG585, is verlede seisoen vrygestel vir verbouing
onder besproeiing in di� gebied. Die totale lewering van SSG585 sal egter
vir die komende seisoen beperk word tot 20 000 ton. Dit is ook belangrik om
daarop te let dat hierdie tonnemaat nie addisioneel tot die huidige
hoeveelheid Puma is nie, maar dat die hoeveelheid wat aangeplant word �n
vervanging vir Puma sal wees.
SSG585 toon onder ho�potensiaal toestande ongeveer dieselfde
opbrengspotensiaal as Puma, en dit het ook die potensiaal om �n meer
stabiele en beter kwaliteit te produseer. Opbrengs kan in sommige gevalle
wel ongeveer 5% tot 6% laer wees in vergelyking met Puma waar dit op
marginale gronde verbou word.
SSG585 beskik ook oor goeie staanvermo�, soortgelyk aan di� van Puma onder
ho�potensiaal toestande.
Tabel: Opbrengs en kwaliteit van verskillende produksieareas.
AREA | TON | GEMIDDELDES | |||
TON/HA | % VETKORRELS | % KORREL STIKSTOF | % SIFSELS | ||
TAUNG | 8,977 | 5,699 | 93,7 | 1,83 | 2,0 |
VAALHARTS | 34,98 | 6,407 | 92,0 | 1,69 | 2,5 |
GWK | 15,982 | 6,160 | 94,2 | 1,74 | 1,5 |
OVK | 4,308 | 5,900 | 91,8 | 1,80 | 2,9 |
Proefaanplantings van SSG585 by sewe produsente gedurende die
2006-seisoen, het �n R23,72 per ton hoer gemiddelde produsenteprys
gerealiseer as Puma, wat hoofsaaklik toegeskryf kan word aan beter
graderings met gepaardgaande ho�r glyskaalvergoeding (premies) wat verkry
is.
�n Totaal van 37,5% van die totale tonne SSG585 gelewer deur die sewe
produsente, het in die premie-kategorie geval, teenoor slegs 9,6% van die
vergelykende Puma-lewerings. Die premie vir die produsent as hy in die 1,75
tot 1,85 persentasie korrelstikstof-kategorie lewer, beloop R30 per metrieke
ton.
Langtermyn volhoubare garsproduksie
SABMaltings, tesame met verskeie garsindustrie-rolspelers, is tans besig met
�n omvattende ondersoek na die langtermyn lewensvatbare verbouing van
moutgars in Suid-Afrika. Die doel met die studie is om garsproduksie
nasionaal beter te beplan tot voordeel van die Suid-Afrikaanse produsent en
die brouerye. Kwaliteit is die wagwoord en lewer �n groot bydrae tot
volhoubare produksie. Instansies waar gars verbou word lewer almal insette
om die regte inligting deur te gee om die projek suksesvol te laat afloop.
SAB Maltings weet dat dit nie altyd voor die wind gaan met die
Suid-Afrikaanse produsent se produkpryse nie, veral vanwe� die rol van
invoere. Die projek om na die produsent se kostestrukture te kyk en dit in
ag te neem tydens prysbepaling, word hoog aangeslaan. Die vorige seisoen was
�n sprekende voorbeeld van samewerking tussen die produsent en die koper.
Instansies wat by die studie betrek word, sluit in die noordelike en
suidelike garsbedryfskomitees, die Universiteit van Pretoria, die LNR,
landbou-ekonomie departemente van verskeie instansies, asook verskeie
maatskappye en ko�perasies wat die grane hanteer, en die SAB.
Deur samewerking is deeglike beplanning en hande-vat moontlik tot voordeel
van alle betrokke partye.
Jaco Vermeulen is �n agronoom by Senwes Landboudienste. Skakel hom by 082
948 2557. Vir navrae oor SSG585, skakel Burrie Erasmus (landboukundige: SAB
Maltings, Vaalharts) by 082 921 7967 of Francois Potgieter (South African
Barley Breeding Institute) by 082 921 7996.
![]() Totale moutgarsproduksie in die besproeiingsgebiede. |
![]() Totale moutgarsproduksie in Suid-Afrika (per gebied). |