Subkliniese mastitis
Die beste en mees praktiese metode om subkliniese mastitis in die melkstal
te diagnoseer, is met die California Mastitistoets (CMT, ook genoem die
California Melkseltoets). Net melkprodusente waar daar so te sê geen of baie
min faktore wat mastitis in die hand werk (predisponerende faktore) op die
plaas aanwesig is, moet subkliniese mastitis uierkwarte behandel. Indien
daar baie predisponerende faktore tot mastitis aanwesig is, sal die koeie/kwarte
wat vir subkliniese mastitis behandel word weer mastitis opdoen binne ‘n
baie kort periode (weke) na behandeling omdat die predisponerende faktore
nog aanwesig is.
Behandeling van subkliniese mastitis
Een buisie antibiotika (mastitispreparaat bv. Prokaïen-penisillien G en
dihidrostreptomisien) waarvoor die mastitisveroorsakende bakterieë gevoelig
is, moet twee tot drie maal met twaalf-uur tussenposes (of soos die veearts
dit voorskryf) na melking en deeglike speenpunt-ontsmetting in die
aangetaste uierkwart gedeponeer word. Hierdie behandeling sal in die meeste
gevalle subkliniese mastitis elimineer. Toets die subkliniese besmette
uierkwart vyf dae tot agt dae na die laaste behandeling met die CMT om te
bevestig of die subkliniese mastitis geëlimineer is of nie. Moenie direk na
die behandeling die uierkwart met die CMT toets nie, want die toets sal nog
positief wees as gevolg van ‘n hoë SST.
Voorkoming van nuwe speenkanaal- en uierbesmettings (infeksies):
Elimineer predisponerende faktore tot mastitis:
Indien enige van hierdie predisponerende faktore (foutiewe melkmasjien,
onvriendelike omgewing, vlieë, onopgeleide melkers, swak-/wanvoeding en
stresfaktore) tot mastitis op die melkplaas aanwesig is, verhoog dit die
risiko van uierbesmettings en die voorkoms van mastitis.
‘n Bayer produk waarmee mastitis behandel kan word: Penstrep 300 D (G98 Wet
36/1947): Mastitis infusie vir die behandeling van mastitis in beeste.
Dr JH du Preez bespreek mastitisgevalle by melkbeeste.
Kliek op die foto om ‘n hoër resolusie weergawe te sien.