In hierdie artikel:
JBT Boerdery bestaan uit ses kleiner plase wat ‘n eenheid vorm en 2 500
hektaar beslaan. Sy kontantgewasse neem ongeveer 1 900 hektaar in beslag,
terwyl die oorblywende 500 hektaar deur natuurlike en aangeplante weiding
opgemaak word. JB het ook ‘n veefaktor, wat bestaan uit
‘n Bonsmara-kudde van omtrent 200 beeste en vleismerino’s (ongeveer 75). Sy
toekomsplanne vir die boerdery sluit in om die boerdery mobiel genoeg te kry
dat hy deur gebiedsdiversifikasie en produkdifferensiasie by die
makro-ekonomie kan inpas.
Waar het dit begin?
JB het aanvanklik saam met sy pa geboer. Vanaf 1998 is hy reeds voltyds by
die boerdery betrokke en die afgelope vyf jaar boer hy op sy eie. “Ons is
drie kinders. My suster is‘n spraakterapeut en my broer boer in die
Viljoenskroon-distrik,” het JB verder vertel. “Ek glo dit is belangrik om
betrokke te wees by jou boerdery, maar ek kyk ook nie heeldag oor die
werkers se skouer nie. Ek is nie daar om hulle op te pas nie. Ek fokus my
energie meer op die spesialisgebiede van die boerdery.”
‘n “Normale” dag vir JB
Dit is natuurlik moeilik vir ‘n produsent om ‘n normale dag te definieer,
want daar is soveel faktore wat ‘n rol speel. Vir JB sal ‘n normale dag
egter begin met vroeg opstaan en ‘n oefensessie, voordat hy stilte hou en na
sy kantoor gaan. Sy kantoor is buite die huis gebou, omdat hy glo dat jy jou
werk en privaatlewe uitmekaar moet hou, anders spoel jou werksprobleme dalk
oor.
JB doen eerste sy beplanning vir die dag en bestudeer dan die oorsese markte,
grafieke en graanontledings. Hierna gaan haal hy sy werkers. Hulle bly nie
op die plaas nie, omdat hulle
huise gekry het op die dorp deur ‘n behuisingskema. “Omdat my plaas nie ver
van die dorp is nie, is dit nie vir my ‘n probleem nie,” het JB gesê. JB
vertel verder dat die werkers gevra het om ook húl dag met stiltetyd te
begin, wat dus so gebeur. Hierna word die werk vir die dag uitgedeel en
probeer JB ‘n draai by elkeen maak, voor hy weer aandag gee aan Safex. Na
etenstyd word JB besig gehou met vergaderings, of andersins is dit terug na
die lande.
Sy gesin
“Ek is baie jaloers op my tyd saam met my gesin en spandeer naweke saam met
hulle,” het JB gesê. Hy is in 1998 getroud met Cornel, ‘n fisioterapeut.
Hulle het twee seuns, Jacques (5) en Hanré (3). Op ‘n vraag hoe hy en Cornel
ontmoet het, gaan haal JB die storie waar hy nog op
Tuks geswot het en deur Kovsies genader is omdat hy in sport uitgeblink het.
Hy het egter ‘n besering opgedoen net toe hy by Kovsies aanland, waar Cornel
‘n finale jaar fisioterapeut-student was. So het hulle ontmoet. “Cornel is
toe eers Engeland toe om daar te gaan werk, waar ek haar gaan haal het,” het
JB gesê. “Ek het gehoor van ‘n pos wat in Viljoenskroon beskikbaar is en
haar gevra om terug te kom.” Cornel het tans haar eie praktyk en is slegs by
die boerdery betrokke in ‘n ondersteuningsrol.
Naskoolse opleiding
JB het ‘n paar landbougrade wat hy agter sy naam kan skryf. Hy het
Landbou-ekonomie en Agronomie op voorgraadse vlak voltooi en het ook ‘n
meestersgraad in Landbou. JB beplan om met verdere studie te kyk na die
invloed van die korporatiewe wêreld en bio-brandstof op volhoubare landbou.
Hy glo dat daar op die medium-termyn baie geleenthede in die landbou is,
mits misdaad en korrupsie hokgeslaan word.
Raad aan jongboere
JB se raad aan die jongboere van Suid-Afrika, is:
Finansiële beginsels
Met JB se liefde vir besigheid, is dit nie verbasend dat die finansiële sy
van sy boerdery tiptop is nie. Sy raad aan ander produsente is om jou
insetkostes te bestuur. “’n Mens kan insetkostes egter net tot op ‘n punt
bestuur. Die res hang af van effektiewe prysbestuur,” het JB genoem. “Dit
kom eintlik neer op streng finansiële bestuur en om streng volgens jou
kontantvloei te werk. ‘n Mens moet weet waar jou geld heengaan en al die
klein jakkalsies uitsny,” het hy verder gesê.
Op ‘n persoonlike vlak
JB glo dat daar drie dinge is wat ‘n hedendaagse produsent suksesvol maak.
Dit is geloof (“Wat ons doen is op geleende tyd”), gesonde verstand en ‘n
liefde vir dit wat jy doen. Hy sonder die geboorte van sy twee seuns uit as
die oomblikke in sy lewe wat uitstaan, al het hy baie hoogtepunte in sy lewe
gehad.
Tydmors is iets wat JB glad nie aanstaan nie en netheid is vir hom die
belangrikste ding wat hy ook van sy werkers verwag. “Nie noodwendig netheid
op sigself nie, maar die indirekte invloed wat dit op tydsbestuur het,”
verduidelik JB.
eetahs
JB se persoonlike gunstelinge:
Kos: Vleisgeregte
Drankie: Coke Light
Kleur: Blou
Seisoen: Lente
Tydskrif: Men’s Health
Beste eienskap: Innoverende denke
Plek in Suid-Afrika: Brenton-on-Sea
Tyd van die dag: Vroegoggend
TV-program: Carte Blanche
Beste advies ooit ontvang: Leef elke dag nederig en asof dit jou
laaste is.
Sport: Om deel te neem – fietsry. Om te kyk – enige sport.
Rugbyspan: Cheetahs
JB se boerdery:
Kontantgewasse: Mielies, sonneblom, sojabone en koring
Weiding: Aangeplante en natuurlike weiding
Vee: Kommersieel – Bonsmara beeste en vleismerino’s
Boerderypraktyke:
Presisieboerdery:
Meganisasiebestuur:
Grondbewerkingspraktyke:
Bemarking:
Arbeidsbestuur:
Swart Ekonomiese Bemagtiging
Kliek op die foto om ‘n hoër resolusie weergawe te sien.