In this article:
Die volhoubaarheid van enige tipe onderneming is ten nouste gekoppel aan
die mededingende voordeel wat, hetsy in die produksieproses of die markplek,
bewerkstellig kan word. Holisties beskou kan sodanige voordeel slegs uit een
of hoogstens ‘n kombinasie van die volgende twee bronne verkry word, naamlik
kwaliteit hulpbron(ne) en unieke vaardighede, wat weer die basis vorm vir
die saamstel van ‘n besigheidstrategie.
In hierdie artikel word gepoog om vir jou as kommersiële produsent ‘n
proses-raamwerk te bied, waarbinne ‘n strategie vir die boerdery ontwikkel
kan word, wat gerig is op ‘n mededingende voordeel en volhoubaarheid.
Elemente van ‘n mededingende voordeel
Ten einde volhoubare produksie te verseker, is dit noodsaaklik dat daar op
die sterk punte in die boerdery gefokus word waaruit ‘n mededingende
voordeel bewerkstellig kan word wat die gewenste prestasie uitkoms(te) sal
kan lewer.
Om ‘n mededingende voordeel te handhaaf, is dit van kritiese belang dat
voldoende fondse gereserveer word vir instandhouding van die bronne waaruit
dié voordeel bewerkstellig word. Produsente moet besef dat hulle, vir
suksesvolle voortbestaan, indirek toenemend onder mekaar begin meeding.
Elk van die fasette word vervolgens kortliks toegelig (Sien
Figuur 4):
Stap 1: Markanalise
Die behoeftes, voorkeure en vereistes van die voornemende koper/verbruiker
bepaal primêr wat geproduseer moet word. Dit is derhalwe krities om ‘n
bemarkingsbenadering te volg wat gemik is op die verbruiker, eerder as die
produk. Enkele voorbeelde is GMO of GMO-vrye mielies, organies of
nie-organies geproduseerde produkte en ligging vanaf die mark (dit wil sê
logistiek).
Deur van die waarde-vergelyking gebruik te maak, kan tot ‘n groot mate
bepaal word tot welke mate die produk(te) wat vervaardig word en die
boerdery in die algemeen aan die kliënt se verwagtinge sal voldoen.
(Sien grafiek 1)
Kwaliteit – tot welke mate voldoen die produk aan die kliënt se
vereistes en verwagtinge? “Quality is in the eye of the beholder and the
beholder is the customer.”
Spoed – hoe vinnig en gereeld kan die produk aan die mark voorsien
word?
Buigsaamheid – tot welke mate kan die produk se eienskappe gewysig
word om aan veranderende behoeftes te voldoen?
Koste – alle koste wat deur die kliënt aangegaan moet word om die
produk te bekom en te gebruik.
Stap 2: Vaardigheidsevaluasie
Hulpbronne kan alleenlik produktief aangewend word indien daar oor sekere
vaardighede in die onderneming beskik word, wat onder andere die volgende
insluit:
Stap 3: Hulpbron-evaluasie
Die kritiese vraag is of jou boerdery-onderneming oor al die nodige
hulpbronne beskik om die produk te kan produseer wat die mark verlang.
Hulpbronne (reeds in die vorige artikel meer breedvoerig bespreek) sluit die
volgende in:
Stap 4: Bepaal mededingende voordeel (Sien figuur 3)
Na afloop van die evaluering van die hulpbronne en vaardighede tot die boerdery se beskikking, behoort ‘n mededingende voordeel geïdentifiseer te kan word wat in die volgende twee generiese kategorieë verdeel kan word:
Vernaamste kenmerke van koste leierskap:
Die volg van ‘n lae-koste strategie is toepaslik in die volgende gevalle:
Differensiasie leierskap word gekenmerk deur:
Die navolg van ‘n differensiasie strategie is toepaslik in die volgende gevalle:
Stap 5: Segment-posisionering
Daar moet nou besluit word welke van die volgende marksegment(e) met die
produk en mededingende voordeel geteiken gaan word (Figuur 1).
Stap 6: Strategie formulering
Die strategie wat uit vermelde ontwikkel word, moet aan die volgende
vereistes voldoen (Figuur 2):
Samevatting
Die Suid-Afrikaanse landbousektor verkeer grootliks in ‘n volwasse fase, met
uitbreidingsmoontlikhede in slegs enkele kommoditeite. Die korrekte
identifisering van ‘n mededingende voordeel staan derhalwe sentraal tot die
besluit van welke strategie die boerdery-onderneming sal moet implementeer
indien dit ‘n billike kans tot langtermynoorlewing gegun wil word.
Bronnelys
Grant, R.; 1997, Contemporary Strategy Analyses, tweede uitgawe,Blackwell,
Massachusetts, VSA.
Leyland, F., Bromfield, D.; 1991, The Marketing Decision-maker,eerste
uitgawe, Rustica drukkers, Kaapstad, SA.
Manning, T.; 2003, Making sense out of strategy, eerste uitgawe.
![]() Grafiek 1 |
|
![]() Diagrammatiese voorstelling van segment-posisionering. |
|
![]() Die basiese beginsels van ‘n strategie. |
|
![]() Elemente van ‘n mededingende voordeel. |
|
![]() Raamwerk vir die ontleding en bepaling van ‘n mededingende voordeel. |