Gegewe die verwagte groot oes en die groot oordragvoorraad, sal mieliepryse neig om die volgende twee tot drie jaar redelik laag te bly, tensy iets onvoorsiens gebeur. Wat staan die individuele produsent te doen? Teen die heersende mieliepryse maak top boere op goeie grond nie eens �n wins nie. Gelukkig beteken dit dat finansierders nie geld sal kan uitleen vir plantdoeleindes nie. Finansierders sal wel geld kan uitleen om mielies te koop. Dit is uiteraard goedkoper om mielies te koop as om dit te produseer. Wat kan oor tyd gedoen word om die mielieprysrisiko beter te bestuur, koste te verlaag en opbrengste te verhoog? Die volgende grafieke vanuit studiegroepdata word gebruik ter ondersteuning van die gevolgtrekking dat daar boere is wat sekere fasette van hul boerdery goed onder beheer het, terwyl ander weer minder goed vaar.
In hierdie artikel:
Diversifiseer versus spesialiseer
Uit Figuur 1 is dit duidelik dat 26 van die 33 medewerkers (80%) se graaninkomste meer as 90% van hul totale boerdery-inkomste uitmaak. Heelwat medewerkers is dus grootliks afhanklik van graan, hoofsaaklik mielies, om inkomste te genereer. Die vier medewerkers heel links in die figuur het behalwe graan geen ander boerdery-inkomste nie. Medewerkers 27 tot 33 het almal weer relatief groot vleisbeesvertakkings. Laasgenoemde se veevertakkings sal vanjaar, siende dat graanpryse laag is, tot hulle redding kom. Vleispryse is redelik goed en kan vir �n goeie inkomste uit die veevertakking sorg.
Medewerkers wat hoofsaaklik staatmaak op hulle graanvertakking om inkomste te genereer, is nie noodwendig verkeerd geposisioneer nie. Enkele van hulle kan as spesialis mielieprodusente beskou word.
Die volgende is kenmerke van hierdie produsente: hulle maak gebruik van presisieboerdery tegnieke, hul uitgawe-items is onder beheer, oorl�stelsels word toegepas en hulle graanprysbestuur is bo gemiddeld. Die vorige twee jaar kon hulle goeie winste realiseer en ook genoeg reserwes wegb�re vir �n moeilike jaar soos vanjaar. Doen eerder bestaande dinge beter voordat gediversifiseer word. Dit kos tyd en geld en is in elk geval nou te laat om te wil diversifiseer.
![]() |
Kliek op die foto om �n ho�r resolusie weergawe te sien. |
Figuur 1: Graaninkomste as persentasie van totale inkomste gedurende 2003/2004 in die Noord-Vrystaat.
Die gemiddelde graanprodusent is nie op sy gemak met graanprysbestuur nie. In Figuur 2 word medewerkers se gemiddelde netto mielieprys (boerprys) soos gerealiseer oor twee seisoene weergegee. Medewerkers se gemiddelde pryse is van hoog na laag gerangskik. Medewerker 1 van 2002/2003 is nie noodwendig medewerker 1 van 2003/2004 nie. Dit is duidelik dat groot variasies in gerealiseerde mieliepryse voorkom. Die verskil tussen elke jaar se hoogste en laagste netto mielieprys is onderskeidelik R611/ton en R304/ton vir 2002/2003 en 2003/2004. Dit is duidelik dat produsente miljoene rande verbeur net omdat hulle swakker pryse realiseer as ander. Moet dit so wees?
Graanprysbestuur is eintlik niks anders as �n rekenkundige oefening nie: �Watter Safexprys moet ek realiseer om my kostes te dek?� Senwes se Landbou-ekonome het saam met Senwes Graan �n model ontwikkel waarmee elke boer maklik en vinnig sy eie gelykbreekprys op Safex kan bereken.
Uit die studiegroepdata is dit ook duidelik dat sommige produsente elke jaar goeie graanpryse realiseer (goeie graanprysbestuurders), terwyl ander weer elke jaar lae pryse realiseer (swak graanprysbestuurders).
![]() |
Kliek op die foto om �n ho�r resolusie weergawe te sien. |
Figuur 2: Gemiddelde boerprys per ton mielies in die Noordwes-Vrystaat.
Produksiekoste per ton mielies
Figuur 3 wys op die groot variasie in produksiekoste per ton, soos gerealiseer deur die onderskeie medewerkers. Kostebestuur sal vir die volgende twee jaar krities wees aangesien graanpryse laag sal wees. Data wat oor tyd ingesamel is, toon dat sommige produsente neig om elke jaar �n ho� koste produseerder te wees, terwyl ander weer elke jaar regs op die figuur l� (lae koste produseerder). Enkele medewerkers links op die figuur (ho� koste produseerders) het wel gedurende die afgelope seisoen droogtetoestande ervaar en gevolglik �n ho� koste per ton gerealiseer.
Dit is uiters belangrik dat produsente moet weet hoekom en waar hulle op die figuur l�. Twee medewerkers kon dit regkry om in een seisoen van �n ho� koste produseerder te beweeg na �n lae koste produseerder. Beide het wel ho�r opbrengste gerealiseer as die vorige jaar, maar hulle totale koste het met bykans R700/ha gedaal. Hulle onderskeie koste-items is klinies en krities geevalueer en veranderinge is aangebring.
![]() |
Kliek op die foto om �n ho�r resolusie weergawe te sien. |
Figuur 3: Produksiekoste per ton mielies 2003/2004 in die Noordwes-Vrystaat.
In Figuur 4 word die oorhoofse koste per hektaar graan uiteengesit. Oorhoofse kostes sluit bankkoste, ouditeursfooie, telefoon/selfoon, elektrisiteit, lisensies, korttermyn versekering en kantooruitgawes in. Aldus die figuur kom groot variasies weer eens tussen individuele produsente voor. Heelwat ruimte bestaan dus vir sommige produsente om hul oorhoofse koste te verminder. Moenie alle koste-items as vanselfsprekend aanvaar nie. Uit die studiegroepdata is dit dan ook duidelik dat boere wat groot oppervlaktes bewerk links en regs op die figuur l�.
![]() |
Kliek op die foto om �n ho�r resolusie weergawe te sien. |
Figuur 4: Oorhoofse koste per hektaar graan 2003/2004 in die Noord-Vrystaat.
Kunsmiskoste per hektaar mielies
In Figuur 5 word drie studiegroepe se kunsmiskoste per hektaar mielies weergegee, kalk uitgesluit. Let op die groot variasie binne die onderskeie groepe. Dit is nogal kommerwekkend dat diegene wat ho� kunsmiskoste realiseer (links op figuur) nie noodwendig goeie opbrengste afhaal nie. Hulle het ook nie noodwendig �n ho� langtermyn gemiddelde opbrengs nie. Die hoofrede hoekom baie van die medewerkers links op die figuur l� (ho� kunsmiskoste) is dood eenvoudig omdat hulle ho�r pryse betaal vir hulle kunsmis as ander boere. Pryse wat boere vir dieselfde kunsmis betaal wissel maklik met tussen R300 en R600 per ton. Kan onderhandelingsvaardighede dalk opgeskerp word?
![]() |
Kliek op die foto om �n ho�r resolusie weergawe te sien. |
Figuur 5: Kunsmiskoste per hektaar mielies 2003/2004 in die Noordwes-Vrystaat.
![]() |
Kliek op die foto om �n ho�r resolusie weergawe te sien. |
Wat kan oor tyd gedoen word om die mielieprysrisiko beter te bestuur, koste te verlaag en opbrengste te verhoog?