Gars kan met sukses in Noord-Kaap verbou word
2005-05-01

Met die huidige swak graanpryse, is die winsgewende verbouing van produkte en die saamstel van ‘n gesonde wisselboustelsel nie altyd haalbaar nie. Gars is tans een van die produkte wat met sukses ingeskakel kan word. Jaco Vermeulen, Akkerboukundige van Landboudienste en Burrie Erasmus van SAB Maltings gee meer agtergrond en riglyne.

In hierdie artikel:

  1. Inleiding
  2. Afgelope seisoen
  3. Ekonomie
  4. Sensitiwiteitsanalise van garsproduksie
  5. Produksieknelpunte
  6. Navorsing
  7. Om op te som
  8. Navrae
  9. Tabelle, grafieke en foto's

Graanpryse is tans laag weens faktore soos onder andere wêreldvoorrade, oorproduksie, invoere en die wisselkoers. Besluitneming vir die tradisionele besproeiingsboer rakende die samestelling van sy produksieplan en die keuse van ‘n gesonde wisselboustelsel is baie moeilik.

Alternatiewe kry jy ook nie om elke hoek en draai nie aangesien meeste produkte dieselfde probleme ondervind. Die verbouing van moutgars is ‘n alternatief om in die winter saam met koring in te bring. Die eerste kommersiële aanplanting van moutgars onder besproeiing is in 1998 in Vaalharts aangeplant.

Die voordele van garsverbouing en die verbetering in opbrengste met die nuwe kultivars het produsente met nuwe oë na die gewas laat kyk.

Afgelope seisoen
Ongeveer 65 000 ton is die afgelope seisoen onder besproeiing in Vaalharts, Douglas, Barkly-Wes en die Modderrivier gebied geproduseer. Hiervan is ongeveer 47 000 ton in Vaalharts en Taung alleen geproduseer. Produksie onder besproeiing het die potensiaal om tot 150 000 ton/jaar te groei sodra vermoutingskapasiteit vergroot word. Uitbreidings hang af van die rand/dollar-wisselkoers en die invloed van invoere.

Tans kan goeie kwaliteit goedkoper ingevoer word as die koste van plaaslike produksie. Die produksiebeplanning vir 2005 sal waarskynlik dieselfde wees as in 2004 met geen uitbreidings in hektare nie. Gars moet, waar moontlik, saam met koring in wisselbou gebruik word om risiko te versprei. Die kultivar Puma, wat Chariot vervang het, het die produksie van gars ‘n hupstoot gegee aangesien soortgelyke opbrengste as met koring verkry kan word, maar teen laer produksiekoste.

Figuur 1 dui daarop dat die opbrengste aansienlik verbeter het, daarom die drastiese toename in belangstelling.

Die opbrengste van Vaalharts sluit die Taung skema se opbrengste in. Die voergraad op Vaalharts gelewer, word hoofsaaklik aan lae persentasie korrelstikstof (proteïeninhoud) en reënskade in die stroopseisoen toegeskryf. Garsplante onder klimaatstres (te nat of te droog) is redelik gevoelig vir koue temperature in die korrelvul periode gedurende September, asook oormaat reën gedurende oestyd.

Ekonomie
Die produksie van gars is vir die kommersiële boer baie aantreklik. Daar is verskeie redes hiervoor.

Sensitiwiteitsanalise van garsproduksie
Tabel 1 toon die sensitiwiteit van gars vir prys en opbrengs. Die prys is vir die voorbeeld geraam op R1 300/ton en die opbrengs op 6,5 ton/ha. Die totale produksiekoste (direkte) beloop R5 559/ha.

Produksieknelpunte
In die verlede was boere nie gemaklik om gars te produseer nie, hoofsaaklik weens probleme wat met omval, N-inhoud, vetkorrelmassa en opbrengs ondervind is. Die kultivar PUMA het meeste van dié probleme oorkom en voldoende kundigheid is tot die boer se beskikking om gars suksesvol te verbou.

SA Maltsters (SAM) het hul eie voorligtingspersoneel in die veld om boere gereeld van raad te bedien, sowel as landboudienste afdelings van verskeie maatskappye en koöperasies. Kunsmismaatskappye het ook landboukundiges wat die boer van raad kan bedien.

Al hierdie voorligting word ook gekoördineer en gereelde vergaderings word onder toesig van SAM gehou waar produksieknelpunte aangespreek word. Korrekte plantdiepte is een van die produksieknelpunte (Foto) waarmee rekening gehou moet word.

Navorsing
Verskeie navorsingsprojekte is tans in proses om die verbouingspraktyke van gars te optimaliseer. Dit sluit die volgende in:

Om op te som
Garsproduksie in die Noord-Kaap kan suksesvol geïmplementeer word. Akkerboukundige struikelblokke van die verlede is nie meer so beperkend nie. Verwerkingskapasiteit word tans ten volle benut en die aanbod van produksie is groter as die aanbod van kontrakte.

Die toedeling van kwotas per gebied sal weer vanjaar van toepassing wees en produsente moet onthou dat hul nie sonder ‘n kontrak gars kan lewer nie.

Navrae
Vir enige navrae kan jy vir Jaco Vermeulen by (053) 474-9648 of 082 948 2557 of Burrie Erasmus van SAB Maltings by (053) 474-1795 en 082 921 7967 skakel.


Tabelle, grafieke en foto's

Kliek op die foto om ‘n hoër resolusie weergawe te sien.



Plante met dieselfde plantdatum (linkerkant van die foto), wat te diep geplant was (>2 cm) het nie dieselfde wortelontwikkeling, stoel en staanvermoë as die ander nie en het derhalwe n kleiner aantal halms per plant. Daar is n direkte negatiewe effek op die opbrengspotensiaal.
 

Figuur 1: Opbrengsgemiddeldes van gars in 2003 en 2004.

Tabel 1: Garsproduksie (ton) onder besproeiing vir die 2004-seisoen.

Instansie Kultivar % Korrelstikstof Voergraad Totaal
    1.50 - 1.64 1.65 -2.10    
Senwes Puma 16 847 24 436 1 594 42 876
  SSG 585 868 3 088 0 3 956
GWK Puma 6 499 5 855 0 12 354
  SSG 585 159 846 0 1 005
OVK Puma 1 245 944 0 2 189
Privaat Puma 185 1 715 0 1 900
Aliwal Noord Chariot 707 466 0 1 173
Totaal 26 511 37 350 1 594 65 454

Tabel 2: Sensitiwiteitsanalise van garsproduksie.

Begrote surplus bo gespesifiseerde koste rand/ha
Totale produksie-
koste: R5 559
Geskatte produsente prys rand/ton
1 150 1 200 1 250 1 300 1 350 1 400 1 450 1 500
Opbrengs
Ton/ha
5.00 511 748 985 1 222 1 459 1 696 1 933 2 170
5.50 996 1 257 1 518 1 778 2 039 2 300 2 560 2 821
6.00 1 481 1 766 2 050 2 334 2 619 2 903 3 188 3 472
6.50 1 966 2 274 2 583 2 891 3 199 3 507 3 815 4 123
7.00 2 451 2 783 3 115 3 447 3 779 4 110 4 442 4 774
7.50 2 937 3 292 3 648 4 003 4 359 4 714 5 070 5 425