Japie Grobler - Die mens agter die bekende
2005-03-01

Dit is nou een persoon wat geen bekendstelling nodig het nie: Japie Grobler. Bekende boer, kampvegter vir die boer se regte, Voorsitter van Senwes en gemeenskapsleier. Estie Steyn van Senwester het op die plaas by hom gaan koffie drink.

In hierdie artikel:

Eintlik is hy in hart en siel maar net �n gewone boer wat lief is vir sy vrou en kinders, sy plaas Karookom en sy beeste.

�n Mens is partykeer geneig om hierdie superbeeld van �n boer in jou kop te h� as jy aan Japie Grobler dink. Hy is immers een van die bekendste boere in Suid-Afrika, is gereeld op die televisie te sien en is verlede jaar deur Graan SA as Graanprodusent van die Jaar 2004 aangewys. Maar as jy met hom gesels, kom jy agter dat hierdie 52-jarige boer een van ons is. Plat op die aarde. Nederig. En lief vir boer.

So tuis as wat hy tussen sy beeste in die veld is, so gemaklik kan hy met die president en ander hooggeplaastes gesels. En hy s� sy s� as dinge volgens hom nie reg is nie.

Studentedae herinneringe
Japie het LLB aan die Puk gestudeer. Van sy lekkerste studentedae herinneringe is bloktyd: �Dit was die enigste tyd van die jaar wat ons regdeur die nag kon brug speel en nonsens praat.

�O, en ons het baie sports gehad in die Republiek van Tarentaal � my ou Morris T was Tarentaal se ampsmotor. En wat van die keer toe ons �n watertenker by die Hoofgebou se trappe opgery het! Hoe ons dit reggekry het, moet jy nie vra nie. Die munisipaliteit het �n dag lank gesukkel om dit weer daar af te kry. Ons het by die tronk gedraai!� onthou hy.

Hy is vandag baie bly dat hy in die regte gestudeer het. �Dit help my elke dag. Alles wat �n mens doen en s�, het �n finansi�le of regsimplikasie. Veral as �n mens, soos by Agri SA en Senwes, ander mense se sake hanteer. Dit was beslis die regte rigting waarin ek gestudeer het.

�Ek het altyd geweet dat ek sou boer � soos my pa. Toe ek egter regte gaan studeer, het hy ges� ek moet dan maar sien kom klaar. Hy was bang ek sou nie eendag kom boer nie.

�Ek het vakansies transport gery en op die spoorwe� en paaie gewerk en my s� deur universiteit gesit. Ek het darem ook �n staatsdiensbeurs gehad en was destyds vir �n jaar in die vloot waar ek ook geld bymekaargemaak het,� vertel Japie.

Pa-en-seun-boerderye
In 1977 het hy saam met sy pa op die plaas Karookom, naby Viljoenskroon, begin boer. S� �n gesaamboerdery stel nogal unieke uitdagings aan pa en seun. Op �n vraag watter raad hy vir pa�s en seuns het wat saamboer, antwoord hy:

�Dit is altyd �n moeilike situasie en kan steurend op verhoudings inwerk. �n Mens moet die onderskeie werksgebiede afbaken. Albei kan nie baas wees nie. Elkeen moet presies weet waar hy staan.
�Stel horisonne waarheen die seun kan werk. Die eerste drie jaar werk hy soos �n gewone arbeider en leer om alles op die plaas te doen. Die volgende drie jaar kan hy sekere bestuursbesluite begin neem en daarna as �n saaier by sy pa werk. Daarna kan hy op sy eie gaan. Dan is daar iets waarheen die seun kan werk,� s� Japie.

Wenke vir jong boere
Di� gesoute boer het vyf wenke vir jong manne wat pas begin boer het of eendag wil boer:

Eienskappe van �n suksesvolle boerdery
Soos wat dinge vandag lyk, is �n suksesvolle boerdery volgens Japie:

Rolmodel
Op �n vraag oor wie die grootste invloed op sy boerderyloopbaan gehad het, antwoord Japie sonder om twee keer te dink. �My vader, Flip en etlike bure het �n groot invloed op my boerderyloopbaan gehad. As ek een by die naam kan noem: Toppie van der Linde.

�Ek is saam met hom in �n studiegroep en ons was al saam oorsee. Hy is altyd bereid om met alles te help. En jy moenie die ou arbeiders op jou plaas onderskat nie. Ek het al meer by hulle geleer as by al die ander saam,� s� hy.

Beste advies ooit ontvang
Volgens Japie is van die beste advies wat hy nog ontvang het om nie al jou eiers in een mandjie te sit nie.

�Deel jou risiko. Diversifiseer. Jy moet eers kan kruip voor jy kan hardloop. Kruip lank genoeg sodat jy later in staat kan wees om te kan hardloop,� redeneer Japie.

Advies vir medeboere
Met die lae mieliepryse, ho� insetkoste, arbeidswetgewing, SEB en grondhervorming wil baie boere nou die boerderyhanddoek ingooi. Japie het die volgende advies vir hulle:

�As jy nie geloof in jou Skepper het nie, staan jy nie �n kans nie. Konsolidasie in hierdie tyd is ook baie belangrik. Betaal die ho� renteskulde eerste en herskeduleer jou ander skulde sodat jy �n langer termyn het om dit te betaal. Wees 100% eerlik met jou finansierders.

�Geleenthede wat wisselbou bied, moet ook nie onderskat word nie. Dit kan jou help om te oorleef. Jy kan op vorige jare se kunsmis oorleef. Benut geleenthede,� beveel Japie aan.

Drie lewensre�ls
Daar is drie lewensre�ls waarvolgens Japie leef:

Op �n ligte noot
As hy met een bekende persoon (uit die verlede of hede) kon middagete eet, wie sou dit wees en hoekom?

�Dis �n goeie vraag. Daar gaan so baie name deur my gedagtes! Anton Rupert of een van die ander suksesvolle sakemanne. Dit sal interessant wees om besigheidsideale met hulle te bespreek.�
Waarmee kan hy omgekoop word?

�Die enigste ding is �n drukkie van my kinders � en hulle weet dit ook!�

Drie dinge waarsonder hy nie kan klaarkom nie?
Resente inligting, lojale vriende en my huismense en personeel.

Visie vir Senwes
As Voorsitter van Senwes is Japie se visie vir Senwes die daarstel van gefokusde aparte besigheidseenhede wat elk in eie reg op �n langtermyn basis wins maak.

Drome
Ons sluit die gesprek af met �n laaste vraag oor �n droom wat hy nog wil nastreef. �Ek wil nog verder gaan studeer � Besigheidsadministrasie. Ek kom net nie daarby uit nie!� antwoord Japie.

Hy sal...
En soos wat ons hom leer ken het, sal hy dit nog doen � al doen hy dit as hy eendag 70 is.

Japie se persoonlike gunstelinge
Kos: Sjokolade � ek steek die sjokolade eintlik vir my huismense weg!

Drankie: Klipdrift en Coke

Sjokolade: Enige lekker sjokolade

Seisoen:
Herfs. Dit is die mooiste tyd van die jaar as alles so begin verkleur. Dan is �n mens sommer ontspanne ook � jou oes is gemaak, jy kan niks daaraan doen nie.

Tyd van die dag: Vroegoggend as die son net opgekom het.

Vakansieplek: Hartenbos � daar is nie �n beter plek nie.

Boek: Ek is maar lief vir landboutydskrifte.

TV program: 7de Laan � ek sorg dat ek dit nie mis nie. Ek sal van die werk wegsluip om dit te kyk. �n Mens ontspan lekker en kry kans om af te sluit.

CD/musiek: Menige van die Oldies. Ook Elton John en Elvis.

Kleur: Groen

Sport: Atletiek

Rugbyspan: Vrystaat � daar is nie eens twyfel nie.

Japie se boerdery

Kontantgewasse: Mielies, sonneblom, koring en grondbone

Weiding: Meerjarige weiding en natuurlike veldweiding

Vee: Bonsmara-vleisbeeskudde � vir die produksie van speenkalwers. SA Vleismerinokudde � vir die produksie van speenlammers en wol


Boerderypraktyke:
  • �n Wisselboupraktyk is belangrik vir volhoubaarheid.
  • Die lande is gekarteer en gewaskeuses word volgens grondtipes gedoen.
  • Grondmonsters word tweejaarliks geneem en �n bemestingsprogram word daarvolgens uitgewerk om die maksimum opbrengspotensiaal van elke grondtipe te bepaal.

Meganisasiebestuur:

  • Trekkeroperateurs ontvang die nodige opleiding.
  • In die diensrekords word die uur- en kilometerlesing (weekliks) en diesel-, enjin- en ratkasolie-lesings (daagliks) aangeteken.
  • Die plaasbestuurder gaan ook op �n daaglikse basis die olie en water van alle masjinerie na.

Grondbewerkingspraktyke:

  • Minimum bewerking, stoppelbewerking, spoorverkeer en die opheffing van verdigtingslae.

Bemarking:

  • Hy bemark sy graan deur gebruik te maak van markinstrumente.
  • Sy vee word aan voerkraalondernemings en op veilings bemark.

Arbeidsbestuur:

  • Personeelrekords word op �n personeeladministrasiestelsel bedryf en elke werker teken met sy indiensneming �n dienskontrak waarin die personeelbeleid, diensvoorwaardes en plaasre�ls uitgestip word.
  • �n Werkerskomitee verseker dat daar effektiewe kommunikasie tussen die werkgewer en werknemers is.
  • Voorsiening word gemaak vir afsterwe in diens en aftrede.
  • Personeel het ook toegang tot dienste soos skole, mediese dienste, gesinsbeplanningsvoorligting, sportgeriewe en �n gemeenskapsaal.

Fotos

Kliek op die foto om �n ho�r resolusie weergawe te sien.
 
Vir Japie Grobler is daar niks so
ontspannend as om tussen sy beeste te
wees nie. As hy die oggend gespanne
opstaan, ry hy net na sy beeste toe.
Buiten sy Bonsmara-kudde, het hy �n
SA Vleismerino-kudde en plant hy
kontantgewasse: mielies, sonneblom,
grondbone en koring.
 
Die Groblers kuier ontspanne saam
rondom �n braaivleisvuurtjie. Vir Japie is
�n ideale Saterdagaand om rustig saam
met sy gesin by die huis te kuier.

Voor: Carlien. Agter: Caryke, Leanie,
Philip en Jana, saam met pa en ma.
Japie en Malie is vanjaar 28 jaar getroud.
Volgens Japie speel sy vrou �n baie
belangrike ondersteunende rol in sy lewe
sonder om aktief aan die boerdery deel te
neem. �Juis daarom kan ek met haar gesels
en by haar afpak. Sy wys altyd vir my die
ligpunte uit as dinge begin moeilik raak,�
vertel Japie.