Dierevoeding in aksie
2004-09-01 - Johnny Visser

Senwesko Voere antwoord lesers se vrae oor dierevoeding. Johnny Visser (Produkbestuurder Vleisbeeste en Skape) beantwoord hierdie maand se vrae.


Is Senwesko Voere se lekke aangepas om aan diere se noodsaaklike mikro- en makro-minerale behoeftes in sowel soet- as suurgrasdele te voldoen?
- Hercules Meiring van Harrismith
Elke streek en selfs elke kamp op jou plaas het ‘n unieke mikro- en makro-minerale samestelling. Senwesko Voere doen gereeld lewerontledings om te bepaal of ons voere streke se mineraaltekorte aanspreek. Ons lekke voldoen byvoorbeeld volkome in die behoeftes van die Vrystaat, Noordwes en Noord- en Oos-Kaap. Ons vitamiene/minerale-voermengsels word ook driemaandeliks in samewerking met ons verskaffers (BASF en ROCHE) herevalueer en, indien nodig, herformuleer.

Kan ooie se bies dik raak indien hulle nie genoeg verbyvloei-proteïen ontvang nie?
- Uit die Smithfield-omgewing
Ons glo dat voedingstowwe wat melkproduksie stimuleer eerder die beperkende faktor is en dat ooie se bies nie dik sal raak as hulle voldoende melkproduksie het nie. Melkproduksie word deur hoë energielekke gestimuleer wat gewoonlik minder NPN bevat omdat die inname daarvan hoër as normaal is. Die verbyvloei proteïeninhoud van Nutrilek Wolskaap 20, Nutrilek Skaap 16, Nutrilek Energie 18 en die Nutritub Energieblok, is daarom baie hoog.

Kan skape die Nutritub-produkte vreet?
- Uit die Smithfield-omgewing
Ja. Die persepsie bestaan dat skape (wat “knibbel” i.p.v. “lek”) nie by Nutritub baat kan vind nie. Skape toon egter uitstekende innames op die Nutritub Energieblok. Ben van Niekerk van Bloemfontein sê dat skape in die Steynsrus-omgewing beter innames op Nutritub Energieblok as op ‘n meel-tipe lek getoon het.

As dit teen Septembermaand nog nie gereën het nie, wat dan?
- Uit die Smithfield-omgewing
Dan is dit “doodmaak” maand! Smaaklike weiding is nou uitgevreet en daar is ‘n proteïen- sowel as energietekort.

Die lek wat gedurende die wintermaande gevoer is, is nie noodwendig meer geskik nie. Verder is dit net voor die dekseisoen en kan kalfpersentasies uiters nadelig geraak word indien diere nie in die regte liggaamskondisie is nie.

Kondisie moet dus ten alle koste behou of verbeter word. Geskikte Nutrilek-produkte is Produksie 25, Energie 18, Wolskaap 20 of Skaap 16.

‘n Goeie bestuurspraktyk is om die energie/produksielek te beperk tot die hoeveelhede aangegee (drie maal per week) en Nutritub Proteïenblok op ‘n ad lib-basis as aanvulling te verskaf.

Skakel gerus Johnny Visser by 082 418 0047.