Olyfproduksie: Verwerking en bemarking
-'n hindernis om nog oor te steek

2001-06-01 - Thys Grobbelaar

Produksie en ekonomiese beperkings wat by tradisionele gewasse ondervind word, lei daartoe dat alternatiewe gewasse deurentyd ondersoek word. Olyfproduksie het veral in die afgelope paar jaar groot veld in Suid-Afrika gewen. Voornemende produsente moet egter eers seker maak dat daar wel 'n mark is en dat hulle waarde tot die produk kan toevoeg, skryf Thys Grobbelaar van Senwes Landbouontwikkeling.

In verlede jaar se Augustus-uitgawe van Senwester is daar vermeld dat olywe op Vaalharts verras het en dat olyfbome reeds op driejarige ouderdom 'n skaflike hoeveelheid olywe kan produseer. In die artikel is ook vermeld dat die verwerking en bemarking van olywe nie buite rekening gelaat moet word nie. In 'n artikel, reeds oor vrugteverbouing in die somergebiede van Suid-Afrika, wat gedurende 1988 in 'n bekende landboutydskrif verskyn het, meld dr. Tom Haulik dat klimaat en grondtoestande geskik is vir die kommersi�le verbouing van olywe op die ho�veld. Hy maan egter dat die voornemende produsent eers 'n mark moet soek voordat hy olyfbome plant.

'n Inligtingsdag is gedurende Mei vanjaar by Vaalharts deur Green Valley Olives van mnr. Bennie Visser aangebied. Sprekers van Cape Olives, wat een van die grootste rolspelers in die olyfverwerkingsbedryf in Suid-Afrika is, het opgetree. die grootste rolspelers in die olyfverwerkingsbedryf in Suid-Afrika is, het opgetree.

Olyfboorde is 'n algemene gesig op die Vaalharts besproeingskema.








Olyfboorde is 'n algemene gesig op die Vaalharts besproeingskema.


'n Handvol ryp Mission olywe.
'n Handvol ryp Mission olywe.

HUIDIGE STAND VAN OLYFPRODUKSIE IN SUID-AFRIKA

Volgens beskikbare inligting is daar reeds 600 000 tafelolyfbome oor die afgelope paar jaar in Suid-Afrika aangeplant. Dit kan tot gevolg h� dat daar oor ses jaar 13 000 ton verwerkte tafelolywe in Suid-Afrika beskikbaar kan wees. Tans is die plaaslike verbruik van tafelolywe in die orde van 1 600 tot 1 800 ton per jaar. Teen 'n groei van 10% verbruik per jaar kan die verbruik oor ses jaar 3 200 ton wees.

Volgens mnr. Giel Naud� van Cape Olives sal die oorblywende 10 000 ton vir bemarking in die buiteland bestem moet wees. Daar sal gefokus moet word op nismarkte in die buiteland. Die buiteland verlang waardetoegevoegde olyfprodukte soos ontpitte, gestopte en gekerfde olywe. Die kwaliteit van die Suid-Afrikaanse tafelolywe en olyfolies is gelukkig tans van goeie gehalte.Afrikaanse tafelolywe en olyfolies is gelukkig tans van goeie gehalte.

 Dr. Johan Brand staan hier by fermentasietenks waarin tafelolywe nontbitter word.
Dr. Johan Brand staan hier by fermentasietenks waarin 
tafelolywe nontbitter word.

Die Suid-Afrikaanse olyfprodusent sal dus 'n mark in die buiteland moet skep en dit behou deur die deurlopende voorsiening van kwaliteit, waardetoegevoegde olyfprodukte. Dit sal 'n geko�rdineerde poging van olyfprodusente in Suid-Afrika verg om ook nie in dieselfde slaggate te trap wat ander vrugteprodusente getrap het met ongeko�rdineerde uitvoere nie.

Net op Vaalharts alleen is reeds � 200 000 bome (wat ongeveer 700 hektaar beslaan) die afgelope tyd gevestig. Daar kan reeds 4 000 ton olywe oor vier jaar beskikbaar wees vir verwerking.

Daar is tans 'n ondersoek in die Noord-Kaap aan die gang om vas te stel of 'n verwerkingsaanleg wel lewensvatbaar is en waar die mees geskikte plek sal wees om dit te plaas.

Dit is bekend dat Amerika jaarliks ongeveer 80 000 ton en Australi� 7 000 ton tafelolywe invoer. Dit is dus markte wat ondersoek kan word. VERWERKING VAN OLYWE
Olywe kan op twee maniere verwerk word naamlik om dit as tafelolywe te verwerk of om olyfolie daaruit te pars. Die tafelolywe moet egter vir 9 - 12 maande in houers l� waartydens dit fermenteer. Die houers neem baie plek in beslag en die produksie van tafelolywe is dus vir die meeste individue buite die kwessie. Die feit dat waardetoevoeging en die deurlopende beskikbaarheid van goeie gehalte tafelolywe van kardinale belang is, sal die produksie van tafelolywe geko�rdineerd moet geskied.

Olywe kan ook deur die produsent self gepars word. 'n Eie olyfpers kan enigiets vanaf R60 000 vir 'n beskeie pers tot R0.5 miljoen vir 'n groter pers kos. Weer eens is die kwaliteit van die olyfolie van kardinale belang.

KULTIVARKEUSE - PRODUSEER WAT DIE MARK VERLANG
Dit is duidelik dat olyfprodusente in Suid-Afrika hulle vir die uitvoer van die surplus tafelolywe sal moet rat. Daar is 'n tendens dat sekere kultivars soos Kalamata veral as tafelolyf verkies word. Daar is volgens raming � 60% Mission-olywe in Suid-Afrika aangeplant omdat dit so goed aangepas het en goeie produksie lewer. Mission is 'n dubbeldoel olyf en daar kan ook olie van di� kultivar gepars word. Dit s� nie dat dit nou verby is met die kultivar nie, maar kenners maan produsente om nie meer van die kultivar aan te plant nie. Nuwe markte sal vir die Mission-kultivar geskep moet word.

Daar is nog onsekerheid oor die aangepastheid van die kultivar Kalamata in 'n gebied soos Vaalharts. Mnr Klein Bennie Visser het 'n proefaanplanting van 50 kultivars op sy persele en waardevolle inligting kan in die nabye toekoms verkry word oor die aanpassing van die verskillende kultivars op die Vaalharts-skema.

Volgens dr. Johan Brand, 'n bekende in olyfkringe, help dit nie om 'n kultivar aan te plant wat die mark verlang maar wat nie in 'n spesifieke streek of gebied aangepas is nie. Selfs 'n kultivar soos Kalamata moet dus nie onoordeelkundig aangeplant word voordat bepaal is of dit wel in 'n gebied aanpas nie. Dit is tydens die inligtingsdag weer eens beklemtoon dat voornemende produsente seker moet maak dat die olyfbome wat hulle aankoop uit 'n boord geselekteer is wat bewys het dat dit reeds teen jaar drie begin dra. Daar is gevalle waar sekere aangeplante boorde na vyf jaar nog nie begin dra het nie.

Alternatiewe tafelolywe wat oorweeg kan word, is Kalamata en Manzanilla en olie-olywe wat oorweeg kan word, is Frantoio en Ascolano. In die geval van olie-olywe kan van die verskillende kultivars se olie gemeng word om 'n aanvaarbare olie daar te stel.
Voorbeeld van 'n kleiner olyfoliepers wat gebruik word om op die plaas olywe self te pars.

 
EKONOMIE VAN TAFELOLYWE VERSUS OLYFOLIE


Die ekonomie van tafel en olie-olywe word in meegaande Tabelle 1 en 2 uiteengesit.
Tabel 1: Produksiekoste begroting vir tafelolywe onder drupbesproeiing in die Vaalharts-gebied (per hektaar)
 
 

Produksiejaar

Koste item Jaar 1 Jaar 2 Jaar 3 Jaar 4 Jaar 5 Jaar 6 Jaar 7 Jaar 10 Jaar 15
Totale veranderlike produksiekoste 14 541.64 1 399.94 1 535.31 2 085.02 2 898.56 4 419.68 5 313.21 6 357.26 6 430.46
Rente op bedryfskapitaal (17%) 2 472.08 237.99 261.08 354.45 492.76 751.35 903.25 1 080.73 1 093.18
Rente op opgehoopte verliese (17%) - 2 892.33 3 662.48 4 118.72 3 912.71 2 512.90 - - -
Totaal: Produksiekoste en rente 17 013.72 4 530.26 5 458.79 6 558.20 7 304.03 7 683.62 6 216.45 7 437.99 7 523.64
Oeskoste 0.00 0.00 275.00 770.00 1 540.00 3 080.00 3 850.00 5 225.00 5 335.00
Totaal: Gespesifiseerde koste 17 013.72 4 530.26 5 733.79 7 328.20 8 844.03 10 763.62 10 066.45 12 662.99 12 858.64
Bruto opbrengs (kg / ha) 0.00 0.00 500.00 1 400.00 2 800.00 5 600.00 7 000.00 9 500.00 9 700.00
Inkomste: Tafel R7.00 / kg 0.00 0.00 2 800.00 7 840.00 15 680.00 31 360.00 39 200.00 53 200.00 54 320.00
Inkomste: Olie R2.50 / kg 0.00 0.00 250.00 700.00 1 400.00 2 800.00 3 500.00 4 750.00 4 850.00
Totaal: inkomste 0.00 0.00 3 050.00 8 540.00 17 080.00 34 160.00 42 700.00 57 950.00 59 170.00
Marge bo gespesifiseerde koste -17 013.72 -4 530.26 -2 683.79 1 211.80 8 235.97 23 396.38 32 633.55 45 287.01 46 311.36
Kummulatiewe balans -17 013.72 -21 543.98 -24 227.77 -23 015.97 -14 780.00 8 616.38 41 249.92 171 557.05 403 153.87
 <
Die aanname wat in die berekeninge van Tabel 1 gemaak is, is dat alle insette wat aangewend is, ten doel het om 'n kwaliteit olyf daar te stel. Die insetkoste is derhalwe ho�r as in die geval van olie-olywe. Daar word aanvaar dat 80% van die oes as tafelolywe geprosesseer en 20% as olie gepars sal word. Uit Tabel 1 is dit duidelik dat tafelolywe wel 'n winsgewende proposisie oor die langtermyn is.

Tabel 2: Produksiekoste begroting vir olie-olywe onder drupbesproeiing in die Vaalharts-gebied (per hektaar)
 
 

Produksiejaar

Koste item Jaar 1 Jaar 2 Jaar 3 Jaar 4 Jaar 5 Jaar 6 Jaar 7 Jaar 10 Jaar 15
Totale veranderlike produksiekoste 7 407.24 1 011.39 954.86 1 081.12 7 935.27 1 861.89 2 224.94 2 293.49 2 283.49
Rente op bedryfskapitaal (17%) 1 259.23 171.94 167.33 183.79 1 349.00 316.52 378.24 388.19 388.19
Rente op opgehoopte verliese (17%) 0.00 1 473.30 1 924.93 2 259.34 2 346.76 3 300.63 2 185.27 0.00 0.00
Totaal: Produksiekoste en rente 8 266.48 2 656.62 3 042.11 3 524.25 11 631.02 5 479.05 4 788.45 2 671.68 2 671.68
Oeskoste 0.00 0.00 175.00 490.00 980.00 1 960.00 2 450.00 3 500.00 3 500.00
Totaal: Gespesifiseerde koste 8 666.48 2 656.62 3 217.11 4 014.25 12 611.02 7 439.05 7 238.45 6 171.68 6 171.68
Bruto opbrengs (kg / ha) 0.00 0.00 500.00 1 400.00 2 800.00 5 600.00 8 340.00 10 000.00 10 000.00
Inkomste: Tafel R7.00 / kg 0.00 0.00 0.00 0.00 0.00 0.00 0.00 0.00 0.00
Inkomste: Olie R2.50 / kg 0.00 0.00 1 250.00 3 500.00 7 000.00 14 000.00 17 500.00 25 000.00 25 000.00
Totaal: inkomste 0.00 0.00 1 250.00 3 500.00 7 000.00 14 000.00 17 500.00 25 000.00 25 000.00
Marge bo gespesifiseerde koste -8 666.48 -2 656.62 -1 967.11 -514.25 -5 611.02 6 560.95 10 261.55 18 828.32 18 828.32
Kummulatiewe balans -8 666.48 -11 323.10 -13 290.21 -13 804.46 -19 415.48 -12 854.53 -2 592.98 48 820.37 142 961.96

Die aanname wat in die berekeninge van Tabel 2 gemaak is, is dat die insette nie tot dieselfde vlak as in die geval van tafelolywe is nie. Die insetkoste is derhalwe laer as in die geval van tafelolywe. Die totale oes word aan 'n verwerker gelewer en die produsent het geen aandeel in die bemarking van die olyfolie nie. In die geval van olie-olywe word die drupbesproeiingstelsel eers gedurende jaar vyf ge�nstalleer. Die olie-inhoud van olie-olywe varieer gemiddeld van 18 - 22%. Geen gewasversekering word hier uitgeneem nie. Uit Tabel 2 is dit duidelik dat die proposisie nie so winsgewind oor die langtermyn is nie. In die geval van olie-olywe kan van die produsente waarde toevoeg deur die verwerking self te doen. Die ekonomie van olie-olyfverbouing sal dan uit die aard van die saak anders daar uit sien.

Dit is duidelik uit die berekeninge dat tafelolywe gedurende jaar ses alle agterstallige produksiekoste kan delg en dat 'n positiewe bruto marge hierna kan realiseer. In die geval van olie-olywe is dit gedurende jaar agt. Die voornemende produsent moet besef dat hy oor genoeg oorbruggingsfinansiering moet beskik voordat hy olywe vestig.

GEVOLGTREKKING
Die sukses van olyfproduksie in die nuwe produksiegebiede van Suid-Afrika gaan tot 'n groot mate bepaal word deur die benutting van uitvoermarkte, waardetoevoeging, skep van nismarkte, konstante lewering van kwaliteit olyfprodukte en die geko�rdineerde optrede van olyfprodusente. Die olyfprodusente moet ook bedag wees op wat die mark van hulle verlang.

Dit is reeds bewys dat 'n gebied soos die Vaalharts-skema baie geskik is vir olyfproduksie. Die bome begin reeds baie vroeg goed te dra en 'n goeie kwaliteit vrug kan geproduseer word. Daar sal egter net daarop gelet moet word dat korrekte agronomiese praktyke toegepas word. Die betrokke agronomiese praktyke is al redelik goed in die popul�re pers hanteer.