Canolaproduksie vind byval in die Senwes-gebied
2001-02-01 -
Thys Grobbelaar
PRODUKSIE en ekonomiese beperkings wat by tradisionele gewasse ondervind
word wat tans in die Senwes-gebied verbou word, het daartoe gelei dat
alternatiewe gewasse deurentyd ondersoek word. So is canola ook as
alternatiewe gewas ondersoek en is dit reeds op 'n redelike skaal
kommersieel in die Senwes-gebied verbou gedurende hierdie seisoen. 'n
Inligtingsdag is op die plaas Roodewal van Paul van der Merwe, wat self
canola kommersieel verbou, aangebied.
BESKRYWING
Canola is 'n genetiese variasie van raapsaad wat 'n tipiese Brassica
soos brokkoli is, met 'n roset-tipe groeiwyse gedurende Mei, Junie en
Julie met 'n vinnige stamverlenging van die bloeisteel vanaf einde
Julie. Canola is 'n koel-weer gewas en net soos koring kom winter- en
lentetipes voor. Canola is die naam wat in verskeie lande gebruik word
om vari�teite van olieraapsaad wat vry is van die groeibeperkende stowwe
erosiensuur en ho� glikosinolaatvlakke te onderskei.
Raapsaad is tans die w�reld se derde grootste bron van plantaardige olie
en tweede grootste bron van prote�enmeel. Canola word as 'n volvet of
oliekoek in vo�l-, braaikuiken- en herkouerrantsoene aangewend.
Canolasaad bevat 36 - 46% olie en 15 - 24% prote�en. Met die behoefte
aan ho� kwaliteit plantaardige olie in gesondheidsterme en 'n tekort aan
oliekoek as prote�en vir dierlike voeding, pas canola baie goed in. Daar
bestaan jaarliks 'n behoefte aan � 500 000 ton oliekoek wat ingevoer
moet word na Suid-Afrika.
VOORDELE VAN CANOLA AS WISSELBOUGEWAS
Canola kan uitstekend as 'n wisselbougewas in die winter ingeskakel word,
veral waar vrotpootjie, ander siektes, onkruide en insekte 'n probleem in
koring geraak het. Uit navorsing blyk dit dat daar selfs goeie
opbrengsverhogings (tot 30%) met koring na canola verkry is. Selfs na die
tweede seisoen na canola is daar opbrengsverhogings by koring bespeur. Geen
addisionele masjinerie is nodig om canola te produseer nie.
Opbrengste van canola wissel van 75% - 100% van di� van koring. Opbrengste
van tot 6.0 ton en meer is al onder besproeiing behaal. Die produsenteprys
van canola is in die omgewing van R1 300 per ton. Kontrakte is geredelik
beskikbaar. Die saadkoste om canola te vestig is, betreklik laer in
vergelyking met ander wintergewasse. Sowat 3 - 5 kg saad teen R20 per
kilogram is nodig vir die vestiging van die gewas.
Canola is ook nie so onderhewig aan vo�lskade waar dit 'n probleem is soos
in die geval van koring nie.
PRODUKSIEPRAKTYKE
Canola moet op 'n ferm en gelyk saadbed (soos vir lusern) geplant word, om
'n goeie stand te kan verseker. Die vereiste maak die vestiging van canola
onder dro�landtoestande baie riskant. Die vestigingstyd is dieselfde as vir
koring.
Canola moet egter op die regte tyd gestroop word, naamlik by 'n voginhoud
van 10% - 17 %. Dit noodsaak dat die oes kunsmatig gedroog sal moet word.
Canola word by 8 % vog ontvang. Seker aanpassings moet aan 'n koringstroper
aangebring word om canola te kan stroop.
Canola moet effens ho�r as koring ten opsigte van stikstof bemes word.
Canola behoort ook nie gouer as elke tweede jaar op 'n bepaalde land geplant
word onder besproeiingstoestande nie.
Canola is betreklik vry van siektes en so ver bekend, is dit net swartstam
wat in sekere gebiede as siekte voorkom. Wat plae aanbetref kan die
Bregadabesie en die Ruitrugmot 'n probleem wees, wat beheer moet word as dit
nodig sou wees.
Canola as alternatiewe gewas kan suksesvol onder besproeiing in die Senwes-gebied
aangeplant word. Die gewas het definitiewe voordele en daar word nie
addisionele implemente en masjinerie benodig om dit te verbou nie. Daar is
egter sekere produksiepraktyke wat nougeset nagevolg moet word om die risiko
verbonde aan die gewas te beperk.

Lappe goudgeel canolalande in die winter is vir die meeste van ons 'n
vreemde gesig op die Ho�veld.

Frikkie Swanepoel hou 'n tipiese voorbeeld van 'n canolaplant vas.

Canolakundiges en -produsente bymekaar. Hier staan Gerhard Scholtemeijer van
die Prote�ennavorsingstrust, Petrus Fouch� van Advanta, Paul van der Merwe
en Pieter Visagie van Bothaville in 'n canolaland in die
Bothaville-omgewing.