Koring is steeds 'n winsgewende alternatief
- Kwaliteit bly egter van deurslaggewende belang
2001-01-03 - Thys Grobbelaar
DIVERSIFIKASIE IS VANDAG SINONIEM MET BOEDERY. ALTERNATIEWE GEWASSE SOOS KORING WORD NOU AS OPSIE OORWEEG. KAN HIERDIE GEWAS EGTER NOG EKONOMIES VERBOU WORD?
Voor die aanvang van elke produksieseisoen, vra die produsent homself elke keer die vraag af: "Watter gewasse kan ek plant en watter gewasse kan nog ekonomies verbou
word?"
BESPROEIINGSKORING
Koring word algemeen onder besproeiing verbou en het dit van die kontant gewasse wat verbou word seker die gunstigste waterverbruiksdoeltreffendheid. Verder is die gewaskeuse van wintergewasse
beperk tot canola, dro� erte, gars, hawer, rog en durum koring. Die meeste van hierdie gewasse kan net onder kontrak verbou word.
DRO�LANDKORING
In die gebiede waar die hulpbronne dit toelaat om koring te kan verbou, het koring nog altyd 'n integrale deel uitgemaak van die gewasverbouingspatroon. Die kwaliteitsaspekte soos prote�en en
veral valgetal het daartoe aanleiding gegee dat baie produsente weg beweeg het van koring.
Daar is, wat wintergewasse onder dro�land toestande aanbetref, geen werklike ekonomiese alternatief vir koringproduksie nie. Dit is egter belangrik om vas te stel of die gewas steeds, onder
die huidige omstandighede, ekonomies verbou kan word.
In die verlede is daar gepredik dat 'n produsent moet spesialiseer. Die produsent is �f 'n mielie-, �f 'n koring- �f 'n grondboonprodusent. Die vrye mark waarin ons onsself begeef, noop die
produsent om te diversifiseer, in die sin om die gewasse te verbou wat in aanvraag is en wat ekonomies verbou kan word. Dit het tot gevolg dat tradisionele mielieprodusente ander gewasse soos
sonneblom, koring of grondbone soms moet oorweeg. Die boer moet dus soms vinnig op ekonomiese impulse kan reageer en 'n tydige aanpassing in sy gewasverbouingspatroon aanbring. 'n Deeglike
beplanning is van kardinale belang om alle bekende produksierisiko's aan te spreek of te vermy. Dit is veral waar die produsent nie vertroud met die gewas is dat hy homself deeglik sal moet
toerus vir die verbouing van die gewas.
INSETKOSTEBEGROTING
'n Deeglike inkomste kosteraming is nodig ten einde 'n korrekte keuse te kan uitoefen tussen alternatiewe gewasse en stelsels met inagneming van vari�rende produsentepryse, opbrengste en die
insetkoste van verskillende gewasse.
Die insetkoste van koringproduksie word bepaal deur faktore soos grondeienskappe, gewasbehoeftes, gewasstelsels en sekere situasie-spesifieke faktore soos die voorkoms van probleemonkruide,
siektes en plae. Voorkomingsmaatre�ls wat geneem moet word om grondvrugbaarheid of volhoubare produksie in stand te hou, het ook 'n invloed op die insetkoste. Die winsgewendheid van
koringproduksie kan uit die aard van die saak op 'n gebied- en selfs op 'n landbasis verskil. Die doel van die artikel is slegs om algemene riglyne en wenke deur te gee wat die produsent vir
beplanningsdoeleindes kan gebruik.
|
Die volgende faktore het 'n wesenlike invloed op die insetkoste van koring:
- Grondeienskappe.
- Voorkoms van siekte en plae.
- Beplanningsopbrengs.
- Verdampingsaanvraag van 'n spesifieke gebied (besproeiing).
- Pomphoogte (besproeiing).
- Produkprys.
PRODUKPRYS
Suid-Afrika is oor die lang termyn 'n netto invoerder van koring. Die invoerpariteitsprys van koring speel 'n baie belangrike rol in die prysvorming van die binnelandse produsenteprys. Faktore
soos die huidige en verwagte internasionale koringpryse, die internasionale en nasionale verbruik, voorraadvlakke en die wisselkoers sal in berekening gebring moet word waar 'n prys beding
word.
Termynmarkinligting is maar een van die hulpmiddels wat nuttig gebruik kan word om die binnelandse koringprys te voorspel. Hierdie markinligting is egter nie vas nie en kan dramaties
verander in reaksie op 'n enkele marksein.
Die pryse wat in die inkomste- en kosteberamings gebruik word, is dus nie die produsenteprys wat uiteindelik sal realiseer nie, maar slegs 'n verwagte prys.
SENSITIWITEITSANALISE
'n Sensitiwiteitsanalise word gebruik om die ekonomie by verskillende opbrengsmikpunte en produsentepryse aan te dui. Die surplus of tekort wat aangedui word, is in terme van die inkomste bo
die reeds vermelde gespesifiseerde koste wat gebruik is.
Soos afgelei uit die sensitiwiteitsanalise wat in Tabel 2 en 3 verskyn, het opbrengs en produsenteprys 'n deurslaggewende invloed op die winsgewendheid van koringproduksie. Faktore wat die
produsenteprys of opbrengs per hektaar nadelig kan be�nvloed, sal betyds ge�dentifiseer en aangespreek moet word.
PRODUKSIERISIKO'S WAT DEEGLIK IN GEDAGTE GEHOU MOET WORD:
Graankwaliteit
- Valgetal
Hierdie kwaliteitsaspek het al vir menige produsent hoofbrekens besorg. Indien die geproduseerde koring nie voldoen aan die gestelde valgetal vereistes nie, kan dit 'n kwaliteitsprobleem tot
gevolg h�, wat op sy beurt weer 'n nadelige finansi�le effek op die produsenteprys het. Die produsent moet so beplan dat sy koring so vinnig as moontlik na rypwording gestroop kan word en
dat dit dus nie onnodig nat re�n nie. Die stroop van groen are en die droging daarvan kan ook tot valgetal probleme lei. Die Kleingraaninstituut in samewerking met sekere landboumaatskappye
is besig om die valgetal probleem te ondersoek en die produsent moet homself vergewis van die nuutste verwikkelinge rakende die probleem.
- Skepel
Die kwaliteitsaspek is al jare aan produsente bekend. Faktore soos kultivarkeuse, plantstremming, ens. wat 'n nadelige effek op die koring se skepel kan h� moet in die produksieproses in
aanmerking geneem word.
- Prote�eninhoud van die graan
Die effek van die graan se prote�eninhoud of die gradering van koring is ook reeds welbekend aan produsente. Bemestingspraktyke moet dus van so 'n aard wees dat dit nie tot 'n verlaagde
prote�eninhoud sal aanleiding gee nie. Die stikstofbemesting toediening van besproeiingskoring het, as gevolg van huidige kwaliteitsaspek, ook intussen verander van die tradisionele konsep.
Vergewis uself van die nuutste aanbevelings.
Plantplae en siektes
- Karnalbrand
Die siekte het onlangs die eerste keer in Suid-Afrika sy kop uitgesteek. Dit blyk dat saadbehandelingsmiddels nie baie effektief is nie en dat alternatiewe beheermaatre�ls nog nie
geregistreer is of baie duur kan wees. Produsente moet dus nie ongesertifiseerde saad by mede-produsente koop nie, want dit hou 'n groot risiko in vir die verspreiding van die siekte.
- Streeproes
Di� siekte kom sporadies voor en die chemiese beheer daarvan is baie duur. By veral laer potensiaal toestande waar chemiese beheer nie bekostig kan word nie moet daar voorrang gegee word aan
'n kultivar wat weerstand teen die siekte het.
- Vrotpootjie
'n Gesonde wisselboustelsel bly steeds 'n voorvereiste om die siekte te voorkom. Neem dit in ag tydens 'n produksiebeplanning.
- Vogstremming
Koring word in die grootste gedeelte in die Ho�veld op opgegaarde vog verbou. Die voorkoms van vroe� lentere�ns word dus net as 'n bonus beskou. Ontydige vogstremming kan tot vele probleme
lei. Dit is net nie die moeite werd om 'n kans te vat om op 'n land koring die komende seisoen te verbou wat nie voldoende vog in opgegaar is nie. Hierdie aspek val nie binne die bestek van
die artikel nie en word hier nie verder op uitgebrei nie. Raadpleeg 'n landboukundige indien u onseker is.
Tabel 1
'n Inkomste- en kosteberaming van koring vir verskillende produksiegebiede en by verskillende potensiaaltoestande
|
Besproeiing |
Dro�land |
|
Ho�veld |
Vaalharts |
Noord-Vrystaat |
Oos-Vrystaat |
Suid-Vrystaat |
(Spilpunt) |
(Vloed) |
(Spoorverkeer) |
(Konvensioneel) |
(Konvensioneel) |
Produsenteprys van graan (R/ton) |
1150 |
1150 |
1150 |
1150 |
1150 |
Beplanningsopbrengs (ton/ha) |
6.5 |
6.5 |
2.5 |
2 |
1.25 |
Bruto produksiewaarde (R/ha) |
7475 |
7475 |
2875 |
2300 |
1437.5 |
A.Gespesifiseerde koste (R/ha) |
|
|
|
|
|
Saad |
422.4 |
528 |
100 |
100 |
100 |
Kunsmis |
1218.1 |
1271.1 |
337.6 |
263.75 |
153.4 |
Kalk |
0 |
0 |
82.5 |
66 |
44 |
Brandstof |
200.31 |
285.78 |
232.49 |
226.38 |
207.9 |
Reparasie en onderhoud |
100.26 |
156.04 |
139.18 |
128.87 |
121.18 |
Smeermiddels |
16.02 |
22.86 |
11.62 |
11.32 |
10.4 |
Onkruiddoder |
112.55 |
112.55 |
47.42 |
47.42 |
88.65 |
Plaagdoder |
36.77 |
190.91 |
114.84 |
114.84 |
36.77 |
Lugbespuiting |
70 |
140 |
55 |
55 |
0 |
Besproeiingskoste |
994.5 |
385 |
0 |
0 |
0 |
Arbeid (besproeiing en los) |
0 |
220 |
21 |
21 |
21 |
Totale koste A (R/ha) |
3170.91 |
3312.24 |
1086.64 |
979.57 |
783.3 |
B Ander gespesifiseerde koste |
|
|
|
|
|
Kontrakstroop (R/ha) |
520 |
585 |
120 |
120 |
120 |
Kontrakvervoer (R/ha) |
221 |
88.4 |
0 |
0 |
0 |
Oesversekering (R/ha) |
470.93 |
358.8 |
201.25 |
161 |
86.25 |
Rente op produksiekrediet (R/ha) |
156.96 |
158.99 |
85.25 |
76.69 |
62.66 |
Totale ander koste B (R/ha) |
1368.89 |
1191.19 |
406.5 |
357.69 |
268.91 |
Totale koste (A+B) (R/ha) |
4539.8 |
4503.43 |
1548.15 |
1392.26 |
1052.21 |
Surplus (tekort) R/ha) |
2935.2 |
2971.57 |
1326.85 |
907.74 |
385.29 |
Koste per ton (R/ha) |
698.43 |
692.83 |
619.26 |
696.13 |
841.77 |
Gelykbreekopbrengs (ton/ha) |
3.95 |
3.92 |
1.36 |
1.21 |
0.91 |
Tabel 2:
Besproeiingskoring: Vloedbesproeiing - Vaalharts - 'n Surplus / (tekort) bo gespesifiseerde koste (R/ha) by verskillende opbrengsvlakke en produsente pryse
Produsente prys Rand per ton |
Opbrengs
Ton per hektaar |
|
1075 |
1100 |
1125 |
1150 |
1175 |
1200 |
1225 |
1250 |
4.5 |
649 |
755 |
862 |
968 |
1075 |
1182 |
1288 |
1395 |
5 |
1106 |
1225 |
1343 |
1462 |
1580 |
1699 |
1817 |
1936 |
5.5 |
1564 |
1694 |
1825 |
1955 |
2085 |
2216 |
2346 |
2476 |
6 |
2022 |
2164 |
2306 |
2448 |
2591 |
2733 |
2875 |
3017 |
7 |
2937 |
3103 |
3269 |
3435 |
3601 |
3767 |
3933 |
4099 |
8 |
3853 |
4042 |
4232 |
4422 |
4611 |
4801 |
4990 |
5180 |
Tabel 3:
Dro�land koring: Spoorverkeerstelsel - Noord-Vrystaat. Surplus / (tekort) bo gespesifiseerde koste by verskillende opbrengsvlakke en produsentepryse
|
Produsenteprys (R/ton) |
Opbrengs ton/ha |
|
1050 |
1100 |
1150 |
1200 |
1250 |
1300 |
1 |
85.99 |
132.49 |
178.99 |
225.49 |
271.99 |
318.49 |
1.5 |
320.43 |
390.18 |
459.93 |
429.68 |
599.43 |
669.18 |
2 |
714.37 |
807.37 |
900.37 |
993.37 |
1086.37 |
1179.37 |
2.5 |
1094.35 |
1210.6 |
1326.85 |
1443.1 |
1559.35 |
1675.6 |
Raadpleeg gerus die landboukundiges by die onderskeie dienssentrums van Senwes Landbouontwikkeling vir 'n meer situasie spesifieke aanbeveling en begroting. Die produsent moet deurlopend op hoogte
wees met die nuutste navorsingsbevindinge soos deur die Kleingraaninstituut deurgegee.
Om met 'n mooi land koring soos hierdie
te kan spog, vereis deeglike beplanning.
Gaty van Biljon van die plaas Baberspan,
Viljoenskroon moes na die mislukking van 'n
mielie-oes as gevolg van te veel re�n, vinnig
op 'n alternatiewe gewas besluit. Koring is met
'n goeie gevolg verbou. Dit het egter deeglike
beplanning geverg.